Al meer SA’ners eis vir psigiatriese versteurings

Depressie_vrou_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die finansiëledienstegroep Old Mutual sê hy het die afgelope paar jaar ʼn beduidende toename in eise vir psigiatriese versteurings opgemerk. Die groep verwag nou om selfs meer in eise van dié aard uit te betaal te midde van die Covid-19‑pandemie.

Volgens dr. Kerissa Naidoo, hoof‑ mediese beampte van Old Mutual, het die groep sedert 2016 59% meer in eise vir psigiatriese versteurings uitbetaal. Dit sluit in selfmoordeise wat tussen 2018 en 2019 met bykans ʼn kwart (24%) gestyg het.

Dié bekendmaking kom te midde van Geestesgesondheidsbewusmakingsmaand in Suid-Afrika.

“Ons algehele ervaring met psigiatriese versteurings toon dat die meeste eise vir ernstige depressie ingedien is. Ander eise van psigiatriese versteurings is toegeskryf aan bipolêre gemoedsversteurings, posttraumatiese stresversteurings, depressiewe episodes, aanpassingsversteurings en stres,” brei Naidoo in ʼn verklaring uit.

Luidens die verklaring toon Old Mutual se statistieke dat 83% van diegene wat eise ingedien het tussen 30 en 50 jaar oud is. Sowat 70% van diegene wat eise vir psigiatriese siektes ingedien het, is vroue.

“Ons leef in stresvolle tye. Alhoewel ons statistieke ons ervaring in 2019 weerspieël, kan ons seker wees dat die huidige globale pandemie sake net sal vererger,” erken Naidoo.

Naidoo wys daarop dat die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep (Sadag) in April te midde van die algehele landwye afsondering ʼn aanlyn opname gedoen het. Dié opname het bevind dat angs (55%) en finansiële spanning (46%) die grootste uitdaging onder diegene was wat aan die opname deelgeneem het. Dit is gevolg deur depressie (40%).

“Dit is in hierdie uitdagende tyd belangriker as ooit om oor geestesongesteldheid en die gevolge daarvan te praat. Ons kan slegs deur die deel van ervarings ons persepsies verander, die stigma breek en diegene wat behoefte het om professionele hulp te soek, bemagtig,” het Naidoo afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jaco ·

Ons huidige regering is genoeg om enige iemand tot angs of depressie te dryf.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hulle (die regering) dryf mens tot depressie. Misdaad, veral geweldsmisdaad, lei tot post-traumatiese stres versteurings, angs an weereens depressie. Stres is ‘n enorme peobleem, wat opsigself weer angs en depressie aanvul. Dis ‘n eindelose wiel van spanning en angs. Ek slaap dikwels nie gerus nie, ten spyte van goeie sekuriteits maatreëls. Dit word net al hoe erger.
Dis ‘n skokkende ding om kwyt te raak, maar ek is dankbaar my ouers is oorlede. Hulle het sleg aangepas by al die misdaad en korrupsie, maar het gelukkig die laaste paar jaar se gemors vry gespring.

katerinadiekat ·

Ek verstaan presies wat jy bedoel. Dis uit liefde vir jou ouers wat jy dit se. Ek dink die meeste gewone blankes in hierdie land ly in een of ander mate aan PTSD. Die rykes miskien minder, want hulle kan bekostig om te vlug as die poop die waaier tref. Soos ek vir iemand aanlyn gese het: Al kon ek more Europa toe trek, selfs in n klein dorpie in die Switserse Alpe, sou ek Nooit weer op Enige plek veilig voel nie. Sou ek nooit sonder diefwering en staalhekke kon woon of slaap nie. Dis asof ons op verskillende planete bly, ons blankes hier en blankes in Europa.

Jax ·

Elke selfmoord in hierdie land is agv ons patetiese regering! Mense het als verloor. My kinders het noodgedwonge weer by ons moes intrek. Alles waarvoor hulle baie hard voor gewerk het, is weg – verkoop om die skuld-eisers weg te probeer hou! Hulle sit sonder werk – vier jong mense wat nou weer moet werk vind en oor begin! Hoe hou mens jou kinders positief as die regering aanhou met hul magspeletjies. Taxi’s kan 100% gelaai word maar ek mag nie in my sitkamer met my kinders, wat nie inwoon nie, kuier. My bejaarde moeder kwyn weg – sy is nou op die punt wat sy my vra hoe sy moet maak om permanent te verdwyn!
Dit is vir my baie duidelik dat die regering se besluite nie gaan om covid te keer nie maar meer om n magspeletjie te speel. Ek maak nou soos ek goed dink! Ek sal my nie verder steur aan n regering wat speletjies speel nie. My wetsgehoorsaamheid het Gister-aand gestop.

Anel ·

En wie moet ons bedank? Die regering voel vere vir die mense van die land. Dit gaan slegs oor mag!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.