Al meer Suid-Afrikaners verval in armoede

Pali Lehohla, die statistikus-generaal, in Pretoria (22 Augustus 2017). Foto: ANA

Pali Lehohla, die statistikus-generaal, het Dinsdag gesê daar is ʼn dramatiese toename in die getal armes in Suid-Afrika, en die omvang van die armoede raak al meer ingrypend.

Lehohla het tydens die bekendstelling van die verslag oor armoede-tendense in Pretoria gesê lae ekonomiese groei en die droogte het baie mense in lewenslange armoede gedompel. Volgens Lehohla is meer as 30 miljoen Suid-Afrikaners arm.

“Ons teiken vir ekonomiese groei is 5,4% per jaar, maar die ekonomie groei nie in daardie rigting nie. Ons het nou twee kwartale van negatiewe groei gehad – dit is ʼn tegniese resessie. Werkloosheid is hoog en ons sien hoe lyk ons kwartaallikse arbeidsmagopname,” het hy gesê.

“Die getal werklose mense neem natuurlik al meer toe soos die bevolking groei. Die getal werkloses het eintlik dramaties toegeneem. As ons die werkloosheid van 2008 met 2017 vergelyk, het die waarskynlikheid om werkloos te bly met 10% gestyg. Daar is dus geen einde in sig vir dit wat die samelewing nou beleef nie.”

Lehohla het gesê die Suid-Afrikaanse sektore se opname-kapasiteit vir die werklose miljoene het aansienlik verminder. “Ons sit met baie ernstige probleme,” het hy gesê.

Volgens StatsSA het armoede in 2015 tot 55,5% gestyg. Dit is gelykstaande aan 30,4 miljoen mense. “Die getal mense wat onder die 2015-broodlyn van R441 per maand leef het met 2,8 miljoen toegeneem, vanaf 11 miljoen in 2011 tot 13,8 miljoen in 2015,” het hy gesê.

Die verslag toon ook die mees weerlose van die armes is kinders van 17 jaar of jonger, vroue, swart Suid-Afrikaners, mense wat in plattelandse gebiede woon, inwoners van die Oos-Kaap en Limpopo en mense met min of geen onderrig.

Die verslag wat Dinsdag vrygestel is, is getiteld “ʼn Ondersoek van absolute armoede tussen 2006 en 2015”. Armoede-ramings is noodsaaklik om vordering te monitor en te bepaal, en om die armoede-teikens te bereik wat in die regering se Nasionale Ontwikkelingsplan en die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte uiteengesit is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Mariska Kruger ·

Natuurlik is daar so baie werkloos. Hulle staak en dan maak die maatskappy toe en dan het hulle nie werk nie. Nie lank daarna nie huil hulle en begin weer toi toi want hulle het nie ‘n inkomste nie. Dis ‘n bose kringloop en alles tedoen met die mensdom self, wel en sy regering. Hou op dans in die strate vir twak en werk vir ‘n slag! As ek elke 2 dag gaan dans oor krag en water gaan ek ook binnekort nie meer werk he nie.

Mariska Kruger ·

En natuurlik is die meeste swart Suid Afrikaners ek meen hulle is 50 miljoen + en die wit mense is maar 4 miloen as nie minder nie. MOET TOG NIE DIE TWEE MET MEKAAR VERGELYK NIE. En kinders hou asb op om kinders te maak. Die populasie is reeds deur die dak.

Swartkat ·

Die regering moet ophou met korrupsie en werk gee aan onbevoegde mense wat nie die werk kan doen nie. Die handvol belastingbetalers kan nie meer vir die land sorg nie.

Lou ·

Hoe kan hulle kla oor werkloosheid as al die land se grense oopstaan? Die hele afrika stroom hierheen. Die ander probleem is gesinsbeplanning. Hierdie veldtog van die Dept van Gesondheid is in die middel 90’s gestaak. Redelik logiese oplossings sou ek se……

jennefer ·

Dis hartseer as ek al die bloedjonk meisies met hul babas hier op die dorp sien.

Gatvol ·

Ons regering se arbeidswetgewing plus SEB plus regstellende aksie is die logiese resultaat van ons land se negatiewe ekonomiese toestand. Ideologie is meer belangrik as ekonomiese groei!!!!

E.K. ·

Stem saam met beide eerste twee kommnetare. Dan nog ‘n ding: minimum salarisse! Soms KAn mense nie bekostig om bv huishulpe die minimum salaris te betaal nie. Dis daardie persoon se keuse of sy vir die bedrag wil werk of nie. Daarmee wil ek noem dat mens ook meo tregverdig wees, help dan uti met sekere take en wees goed vir jou werker en dat sy sien jy lewe nie luuks en betaal haar ‘n vrot salaris nie – dit werk beide kante toe. s mens regtig WIL werk sal jy amper teen enige salaris werk, maar dan moet mens darem sien jou werkgewer behande jou andersins goed en lewe nie selfs soos ‘n magnaat nie. Maar werklikwaar sekere goed maak dat mense net nie mense indiens KAN neem nie.

E.K. ·

Verskoning vir al die vingerfoute…van my toetse op my sleutelbord haak lyk my vas en ander is van pure haastigheid. Maar is seker wat ek probeer sê kom deur.

marous ·

Die land se natuurlike hulpbronne word verkoop vir eie gewin. Die biljoene wat gesteel is uit die staatskas kan nooit herwin word nie. Die land is in die grond in bestuur en hierdie is slegs die begin. Niemand gaan dit wil herbou nie.

"Eksê" ·

As die volk se maag skreeu van hongerte dan sal die volk reg in eie hande neem.

dirk L ·

die miljarde wat geleen word van china is waar die geld nou vandaan kom. verkoop SA stukkie vir stukkie

Raymond ·

Die artikel op MSN was baie interessant. Die bewering is gemaak dat 3 uit 5 swart mense arm is en dat daar daar geen arm witmense is nie. Ek dink demografie is natuurlik heeltemal uitgelaat in die statistieke verslag. Die ideaal sal wees as ons vir almal kan werk skep. Die probleem in my opinie is dat die regering dit soooooo moeilik maak om werk te skep deur al die reels en regulasies oor wie besighede mag besit dat dit net ongelooflik moeilik is om dit te doen. So die geselekteerde elite (ras uitgelaat hier) kry die besigheid en dit word al moeiliker vir die privaat sektor om werk te skep. En dan die wat wel die tenders kry betaal nie hulle verskaffers nie. Weereens skep ons armoede.

Sê maar net ·

Daar is duisende wit mense in plakkerskampe wat nie gaan HOP huise kry soos die swart armes nie. Duisende wit mense wat voor 1994 nie in plakkerskampe was nie…. ek was baie jonk in 1994. Maar ek onthou ons was veilig om na skool huis toe te loop of ry met jou fiets, daar was snoepiegeld, ons kon water uit die kraan drink. Wanneer die krag af was was dit groot pret – dit het so min gebeur. Die paai was heel en kan aangaan. En ek sien nie dieselfde gehalte lewensstyl vir my kinders nie en dis hartseer. Ek kan sê dit is agv wanbestuur en onbevoegde mensr wat die land regeer. Ek het nou die dag op die radio gehoor dat Demokrasie gaan oor die hoeveelheid koppe en nie wat binne in is nie. Ek het voorheen mense veroordeel wat wou buiteland toe, ek doen glad nie meer nie. Ek is kwaad, teleurgesteld, hartseer oor ons land. O ja dis nie meer ons land nie.

Kaylie ·

EN wie se skuld is dit? Die regering het werklik gedink as jy VAT van die mense wat werk het en dit gee vir mense wat WERKLOOS is, hulle werk skep en die werkloosheidsyfer sal afneem. Soos ons almal weet is Zuma en Kie nie goed met somme nie, en dus het gebeur wat ons almal voorspel het gaan gebeur. ‘n Totale insinking en NOG minder werk. Die regering moet WERK SKEP, nie afvat by een groep en vir ‘n ander groep gee nie, dit is nie werkskepping nie. En omdat BEE sommige besighede toegedwing het, en stakings by myne en ander industriee die plekke lamgele het het hulle ook toegemaak en duisende werknemers afgelê. Ek lê dit 100% voor die regering se deur. Hulle skep nie werk nie, hulle beheer nie oproermakers en diegene wat plekke vernietig en besighede op hulle kniee dwing deur stakings nie so HOEKOM Verbaas dit enigiemand? EN om te dink die 35 000 plase van boere wat hulle wil herverdeel onder 50 miljoen dakloses, is ‘n DROOM, dit is ‘n belofte om stemme te kry, maar ons weet almal hoe dit in ZIMBABWE gaan!!

JoeV ·

Bied jou nou aan. Niemand so dit 22 jaar terug kon voorspel toe die staat hom kop eerste in die bed bevind met kommunistiese lande reg oor die wereld nie. Ook nie die feit dat alles van china af ingevoer word die effek sou vererger nie.
Mens moes baie meer konsultante aangestel het daai keer om te verhoed dat die land se ekkonomie totaal verval.
En dan sal ons op hierdie dag nog sit met regering wat al links hel en dink dit gaan die land reg ruk om alles op emosie te baseer. Toe nie, Afrika is vol voorbeelde van hoe mens dit nie doen nie, maar ons doen dit.
Mens kan nie groei praat en verwoesting doen nie, iewers moet die groei deel gedoen word.

Alida ·

Ons het in die eerse plek nie nodig om enigiets in te voer nie. Ons het die infrastruktuur en werksmag. Hoekom word al die klere ingevoer van China af? Wanneer laas het ons iets gesien wat se “proudly made in South Africa”. Jaag al die buitelanders wat nie werk het hier nie terug na hulle eie lande toe en gee ons mense ‘n kans om die werk te doen. Die buitelanders is net hier om te steel vir ‘n lewe.

Jo ·

Die regering doen allerhande onnosel dinge. Sg. onbedoelde gevolge. Eerder ondeurdagte dinge.
Pille wat eers goedkoop in SA vervaardig was, was onder regerings kontrak vanaf oorsese lande, o.a. China, aangekoop. Dit het veroorsaak dat die SA fabriek gesluit is, pille nopu duurder kos, en meer mense sonder werk is. So ook yster en staalprodukte. Die bietjie wat in SA deur ArcelorMittal vervaardig word, is ‘n druppel in die emmer. Ook iets wat deur die ANC gedoen is met hul oorsese kommunistiese en BRICS vriende, wat sorg dat SA nie meer selfonderhoudend is nie. Weer verloor mense werk, en miljoene tonne ystererts word uitgevoer, oorsee verwerk en teen 50 maal hoër pryse terug ingevoer. Yskor bestaan lankal nie meer nie. Witbank se staalfabrieke maak ook binnekort toe, als weens invoer van produkte uit die buiteland, wat in SA vervaardig kan word en wat werk verskaf aan SujidAfrikaners. Selfs as SA se produkte duurder is as ingevoerde produkte, is dit noodsaaklik om eerder bietjie meer te betaal vir die SA produk, net sodat meer mense in SA kan werk en geld verdien.
Maar die ANC regering is te onnosel om te sien hoe hulle invoere vanaf die buiteland, een van die grootste redes is waarom daar so baie werkloses is. Jaar5liks is SA se invoer van goedere baie meer werd as hul uitvoere. Dus vloei die land se geld ook landuit, en verarm die ekonomie.

Hanna ·

Ek wil n klip in die bos gooi: die regering is nie ernstig met skoolopleiding (uiters swak) of werkskepping nie. Hulle gaan ook nooit wees nie. Die rede is eenvoudig: hul stembasis le hoofsaaklik by die miljoene werkloses en daarmee saam die mense afhanklik v staatstoelaes. Hierdie miljoene moet dom en arm gehou word as stemvee vir die ANC. Deur werk te skep en mense te bemagtig, skiet hulle hukself in die voet. Daardie mense word in elk ended gehou en net voor stemtyd n klein kospakkie en t-hemp in due hand gestop.

Jacques ·

Daar bestaan nie so ding soos werkloosheid nie , die mense is te sleg om te werk en wil die hoogste salaris kry vir die minste werk .

Marilise ·

Vir iemand wat ‘n B. Ing graad het en amper 100 aansoeke ingedien het vir werk en geen gekry het nie, stem ek nie saam met jou veralgemening nie. Selfs toe ek net ‘n sekretaresse pos wou aanneem net om iets te verdien is ek toe geweier want ek is’ te gekwalifiseerd’. Punt is die geleenthede is absoluut skraal

Pieter ·

Marilise,
Jy is absoluut korrek, Jacques het nie ‘n idee waarvan hy praat nie. Ek het self met ‘n ingenieursgraad en ‘n B.Com vir ‘n baie lang tyd werk gesoek nadat ek geAffirmative is omdat ek nie my kennis en ervaring met die arbeiders wou deel nie, net om te hoor ek is te wit en te ervare of te oud. Die enigste uitweg vir ons is maar om jou eie ding te doen en jou eie besigheid behoorlik te bestuur en ek het geen plek vir die ander gemeente se mense in my besigheid nie, hulle moet maar by zuma gaan geld vra.

Ben ·

Stem saam Marilise en Pieter. Jacques, jy het nie die vaagste benul waarvan jy praat nie. Dit is net ‘n kwessie van tyd voordat die werkliheid jou ook gaan tref.

Jacques ·

Marilise , Pieter en Ben . Julle mis die punt . Wanneer het een van julle in n informele nedersetting gery ? Op enige gegewe tyd van die dag is daar mense wat nie baie gemotifeerd lyk om werk te kry nie , want die regering sorg mos vir hulle . Een uur in die middag loop hulle nog rond met hulle slaapklere , regtig ?? Ek het nog altyd gese jy kan arm wees maar dit is nie rede vir slordigheid nie , op jouself en jou omgeweing . Gaan kyk hoe lyk dit . Ek is jammer ek het net veralgemeen . Daar is baie mense wat regtig werk soek met grade ens , maar ons sit op die stadium in posissie waar dit nie nou dadelik gaan beter word nie ongelukkig nie .

Leon ·

As jy 10 kinders het om voor te sorg en ek het net 2 moet jy nie klae dat jy nie geld het nie. Hoekom se hulle nie in die studies gemmideld hoeveel kinders het die wat nou so arm is in vergelyking met die wat bo die broodlyn lewe nie?

Ronell ·

Ek sekondeer Leon. Dis gewoonlik die armste van die armste wat orrelpypies vir kinders het en dan is daar nog een aan die kom. Al die voorbehoeding is gratis beskikbaar, maar hul &%$#* voortplanting instink wl mie daarvan gebruik maak nie. As ek kon sou ek n wet instel wat enige persoon steriluseer na geboorte van maksimum 2 kinders, ongeag of die man of vrou 200 of net in sy lewe het.

Martin ·

Ongeag hoe die blaam verdeel moet word (beleid wat ekonomiese groei smoor, gesinsbeplanning ens.), is dit ‘n skande dat bykans 14 miljoen mense met daardie bedrag oor die weg moet kom. Daar is gevolge daaraan. Ek wonder wat die gevolge gaan wees wanneer dit uiteindelik 28 miljoen word. Wat sal so ‘n persoon nie vir sy gesin doen nie. Wat sou ek nie vir my gesin doen in so situasie nie… Die redes vir die situasie is dalk nie almal se skuld nie, maar die gevolge gaan gewis almal se probleem wees.

Theresa ·

Met die ongelooflike swak regeringsbesluite en vieslike korrupsie van hoog geplaasdes, het rykes steeds genoeg en voel dit nie te erg nie. Middel hoër klas het middel laerklas gesak en doen soveel moontlik om nie als te verloor waarvoor jare en jare gewerk en eerlik verdien was nie. Laer klas het arm geword en sukkel regtig, want daar was ook gewerk vir wat gehad het! Arm mense is steeds arm. Net nou oor ‘n groter spektrum, aangesien plekke toegemaak en/of gevou het in ‘n swak bestuurde land. Swak besluite wat die land ‘n status gee wat stink. Nou Rommel – dalk binnekort riool? Miljoene stroom in en maak dinge erger. Lagwekkend dat daar geteem word oor werkloosheid. Die regering en beamptes wil nou seker plan maak om sekeres wat steeds hard werk vir hul verdienste, op nog maniere by te kom? Te veel grants ook nog. En ja, dit bevorder werkloosheid – dis ‘n feit.

Leahim ·

Geboorte beperkings en goeie onderwys dan kan hierdie probleem omgedraai word.

Johanna Botha ·

Wel presies wat ek sou verwag nadat die anc ons junk status toe geneem het. En die aarde kry elke 4 dae 1miljoen nuwe geboortes …hoe kan die aarde dit hou !

RB ·

Ek verskil met die siening dat die aarde nie die populasie kan hanteer nie. Daar is steeds baie onbenutte areas. Die probleem kom in met talle mense wat nie hul eie gewig dra nie en teer op ander se arbeid. As almal hul deel doen sal daar geen probleem wees nie, al verdubbel die wereldpopulasie.

Johann Marx ·

Baie jare gelede het die regering ‘n “werksmag” gehad (bandiete) wat harde hande-arbeid verrig het om byvoorbeeld ‘n pad te bou. Nou het die regering NIE daardie “werksmag” nie, want bandiete het regte, maar die pad moet nog steeds gebou word. Nou word dit op tender uitgesit, ‘n politikus sonder enige pad-bou ondervinding kry die kontrak, en hy gee die werk vir ‘n onwettige immigrant met nog minder kennis. Gevolg? Die bandiet is daar en moet nog steeds versorg word, die pad word nie gebou nie, maar die geld wat daarvoor begroot is is gesteel en verdeel onder mekaar…..en werkloosheid neem toe want daar’s nie NOG geld om die pad mee te bou nie. Nou steel die werkloses (want hulle moet eet), die getal “werklose” bandiete neem toe, die kostes om hulle in die tronk te versorg neem toe, die minister met sy sake vol geld word her-ontplooi, die belastingbetaler word harder gemelk, die infrastruktuur verval……en die land kry rommelstatus….en almal wys vingers na mekaar. As jy nie het wat dit vat om ‘n land suksesvol te regeer nie, en jy word kwytgeskeld van verantwoordbaarheid ten opsigte van jou plig as regering, dan kry jy wat ons nou het!!!

Therese van Schalkwyk ·

Puik uiteensetting, Johann Marx!

En dis hoe die prentjie wêreldwyd lyk, in ‘n mindere of meerdere mate.

Te veel klem op mense- “regte” en te min op -“verantwoordelikhede”.

En terwyl die werkloosheidsyfer in die meeste lande styg, word al meer geld in die ontwikkeling van robotwerkers, kunsmatige intelligensie ens gepomp.
Red nou die mensDOM!

Boerseun ·

Waarvoor die JA stem was, multiculturism en globalization

snoefie ·

in die gesig van al die groeiende armoede, sien die wetters wat werk het nog kans om te steak en af te brand en te vandaliseer. dis regtig tyd dat die stakers goed op hulle m•€® kry. hulle unies se hebsugtige eise het die land in arniede geploeg. viva anc met julle wyse eerlike leier.

Daan ·

Daar is baie te sê, maar Transformasie en hoe lewenskostes maak dinge vir almal wat werk n uitdaging om kop bo water te hou.Gesinne moes dood eenvoudig terugsny en luxuries soos n tuinwerker of huishulp is laat gaan

jaco ·

Die syfers van arm en werklose mense is VER meer as die totale wit bevolking. Nou wonder ek maar net: waar is die wonderlijke regstellende aksie en BEE dan? Iewers maak iets nie sin nie.

Andre ·

Dat die blankes by die dag verarm is beslis so. Ek wil weet hoeveel van die armes is Suid-Afrikaners, is hulle nie mense van ander Afrika-lande wat hier ingestroom het en aanspraak maak op toelaes vir kleintjies, ongeskiktheid, huise, gratis skoolopleiding, ens. nie? Ek het dit tevore gesê en sal dit weer sê: hier is meer as 100 miljoen mense in hierdie land en ‘n verslag oor watergebruik so ‘n jaar terug het dit bevestig.

Theresa B ·

As daar minder geld gemors word aan persone wat hulself help met bonuses en by die huise sit en nogsteeds salarisse ontvang asook die wat sommer net geld in hul sakke druk sal dit klaar beter gaan. Sit mense wat weet hoe om met die land se geld en hulpbronne te werk in poste wat hul verdien en weet wat om hul aangaan en NIE na die ANC se pype dans nie maar doen wat reg is.

Stephen. Namibia ·

Mariska Kruger I agree with you 100%
It is clear that the Government have lost the plot completely when one listens to their ongoing whining about solutions for poverty eradication.
The heart of the matter is unchecked or no family planning in the black communities. I have one child who is at University in SA and she costs us R170.000 per year in study fees, accommodation etc.
How can black children make it in life if there are 6 or more children in one family.?
It angers me when black students blame whites for being privileged when we work damn hard to give our child a decent education.. We do not burn schools and Universities. I lost my job years ago as a result of BEE but still made a success of my life without blaming anyone.

RB ·

Presies! Die fout word op al die verkeerde plekke gesoek. Die “Fees Must Fall” veldtog is ‘n goeie voorbeeld…indien dit voortgaan soos hul dit wil hê, sal die resultante opvoeding nie meer die moeite werd wees nie.

Afrikaanse Knaap ·

Daar is nie meer hoop nie. Bewapen jouself. Beskerm jou mense, en jou kos. Dit gaan nou baie vinnig baie erger word.

Johannes Meintjes ·

Intussen stap die tyd aan. Beseringstyd is lankal verby. Tog aarsel die van ons wie die ekonomiese krisis in SA besef en beleef om alternatiewe en selfs kommunale (“kibbutz” aandeelhouding) tipe sosio-ekonomiese modelle te vestig. Daar is ‘n paar in wording, en plaaslike industrie met beleggers moet gevestig word. Ondeurdagte wedywering, – veral onder die blanke Afrikaner self, – dra nie konstruktief by tot effektiewe selfbestuur en volhoubare voortuitsigte terwyl die land toenemend rondom ons verval nie.

Will Oosthuizen ·

Die kernprobleem begin by die akademiese peil en lewenservaring van die land se leiers. Wanneer ‘n president in die parlement nie eers ‘n bedrag korrek kan uitspreek nie, is die skrif vir die land se ekonomie aan die muur. Meeste ministers het kwalik ‘n graad. Die kundiges wat die ekonomie kon laat groei, is meestal in die buiteland waar hulle nie BEE, diskriminasie, wetteloosheid en korrupsie hoef te konfronteer nie. Toelaes aan jong moeders is kontra-produktief en moedig slegs swangerskappe aan tot so jonk as laerskoolvlak. Plaasmoorde wis die voedselketting stelselmatig uit en versnel bloot ‘n Zimbabwe scenario. Ja, ek is gelukkig in die buiteland nadat ek in 2001 na die VSA immigreer het. Ek is destyds as lafhartig, onpatrioties en selfsugtig veroordeel omrede ek nie wou bly om “‘n verskil te maak nie” . Vandag kry ek oproepe van daardie selfde kritici vir moontlikhede om uit die land te kom, maar die situasie het nou gedraai en immigrasie word by die dag moeiliker, danksy die krisis in Europa en die VSA met onwettige immigrante. Huidiglik stuur ek maandeliks geld oor om familielede en sommige vriende te help om kop bo water te hou, selfs diegene wat my destyds beskuldig en gekritiseer het. My hart bloei vir almal wat in daardie maalkolk van armoede, magteloosheid en wetteloosheid vasgevang is. Ek kan net ‘n beroep doen op mede-burgers wat oorsee is om mededeelsaam te wees met ons arm volksgenote in SA. Ek glo die druppels in die emmer kan wel ‘n verskil maak.

jackie ·

Ja daar is baie werkloosheid in Suid Afrika afgesien nou van die stakings en goed wat die tax betaler baie geld kos maar as maatskappye ook net mense n kans wil gee wat nie die voorreg gehad het om matriek te doen nie darem in diens te neem dan sal n hele paar mense kan werk kry.

Gert ·

Broodlyn…R441 p.m.?? Hoe werk die “slim mense” dit uit? Ou boet/sus, gaan na enige van die skelm supermarkte in SA en kyk wat gee hul jou vir R441…dan het jy net kos. ‘n Bietjie daarvan. Wat dan nog van huisvesting? Twee basiese dinge wat enige mens tog nodig het…kos en huisvesting.

Frans C ·

Die regering is nie ‘n skepper van werk in die eerste instansie nie.Die regering is ‘n verbruiker wat eers inkomste moet ontvang voordat dit kan bestee,Soos enige organisasie
gebruik dit ‘n groot deel van die inkomste om die organisasie instand te hou.
Dus hoe groter en lomper die organisasie hoe groter gaan die besteding omsigself instand te hou wees.

Die regering moet dus ‘n omgewingskepper wees deur beleid en wetgewing ‘n gunstige klimaat vir ekonomiese groei en beleggingsvertroue skep.Omdat ook ‘n werkgewer is, moet, dit ook produktiwiteit binne die organisasie bevorder om beter dienslewering op al die vlakke daar te stel om die doelwitte wat ekonomiese groei stimuleer,te bereik.
Sekuriteit op alle gebiede is ‘n voorvereiste.
Jy kan nie ‘n produktiewe bestaan voer as jy gedurig in onsekerheid lewe nie.
In vandag se moderne samelewing word produktiwiteit meer as ‘n lewenswyse gesien.
‘n Ouer beskouwing sal produktiwiteit as ‘n verhouding tussen inset en uitset sien in
landbougrond en industriële gebruik,materiale,masjinerie, en mannekrag.

Die huidige regering misluk omdat dit primêr gerig is om die behoud van die organisasie,die party, en die regering wat die party tot stand gebring het.Alles dus na binne gerig,terwille van oorlewing.

Karma ·

Hier is my – ek hoop – oplossing vir die saak:

Een – maak toe die landsgrense en plaas Weermaglede daar soos in die ou dae om die grense aktief te bewaak en dié wat buite moet wees. buite te HOU. Twee – stel strenger immigrasie-wetgewing in en PAS DIT TOE; geen burgerskap word toegestaan tensy enige aansoeker al ten minste 3 jaar in die land is, geen kriminele rekord het nie en vir ten minste 1½ jaar al ‘n vaste werk het én belasting betaal. Drie – verhoog BTW, nie persoonlike- of maatskappy belasting nie, sodat ALMAL tot die belastingpoel bydra. Vier: pas wetlike geboortebeperking toe – na die tweede kind word elke vrou gesteriliseer, “finish en klaar” en geen SASSA-geld vir kinders-wat-kinders het nie (bv, onder die ouderdom van 18). Vyf: SASSA-gelde word net uitbetaal vir die eerste twee “aanwinste” (soos in die ou dae) en aan bejaardes wat met ID of geboortesertifikaat hul ouderdom kan bewys of aan mense wat werklik gestrem is (dit sluit toestande soos verlies van ‘n halwe ledemaat, beperkte gehoor/sig-verlies en enige toestand waar sodanige persoon nog kán werk, uit.)

Oom Klasie ·

Die land gaan eers verbeter as alles vernietig is.Dan sal die blanke dit red en nou ja…. wie is dan in beheer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.