Ál meer tekens van naderende virusvlaag

(Foto: Unsplash)

Data van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) dui daarop dat die sesde vlaag van die koronavirus moontlik al hoe nader kruip.

Nios doen toetse op watermonsters van talle afvalwater-behandelingsaanlegte landwyd en gebruik dit om die voorkoms van die virus in ʼn bepaalde gebied te bepaal.

Volgens die instituut is daar ʼn geleidelike toename in die voorkoms van SARS-CoV-2 in afvalwater in gebiede soos Johannesburg, Tshwane, Ekurhuleni en eThekwini.

“Ons begin toenames van SARS-CoV-2 in sekere afvalwater-behandelingsaanlegte sien, wat ʼn dreigende vlaag kan aandui.

“Hierdie gebiede sal fyn dopgehou moet word vir kliniese gevalle,” het Nios Vrydag gesê.

Die aanlegte waar toenames reeds bespeur is, is Daspoort in Pretoria, Goudkoppies in Johannesburg, Hartebeesfontein in Ekurhuleni, Sterkwater in Bloemfontein, en Sentraal in eThekwini.

Maroela Media het vroeër berig ʼn sesde vlaag is dalk op hande, met kenners wat hoop dat dit nes die vorige vlaag ʼn matige een sal wees.

Virusvlae volg sedert die uitbreking van Covid-19 in Maart 2020 sowat elke drie maande op mekaar.

Dit is egter nie tans moontlik om te bepaal of die minder ernstige Omikronvariant en die verskillende subvariante die nuwe vlaag gaan dryf en of dit ʼn heeltemal nuwe variant gaan wees wat dié keer kop uitsteek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Seef ·

Man dis darem ‘n slim virus hierdie. Altyd presies op tyd soos voorspel deur die kundiges.????????

Nie Verbaas ·

Ag asseblief. Nou ewe skielik in water nadat n “waarsêer” ewe skielik onlangs afgekondig het dat die volgende vlaag in Oktober hier sal wees. Siestog.

Bernard ·

Word aangevoor deur instansies wat wag vir die Bill en Melinda Gates-stigting se inbetaling.

Waarom ·

Baie oortollige entstof wat ontslae geraak moet word daarom nou ‘n nuwe vlaag om vrees te wek.

Nicky ·

Jy kry mense wat met diere kan praat so jy kry seker ook mense wat met virusse kan praat

Antie Sarie ·

Fyn beplanning. En al hoe meer mense word siek nadat hulle meer as twee jaar se masker gewoonte gestaak het. Hulle het geweet die arme siele se imuun stelsls is in skerwe.

Jacob ·

Luc Montagnier het voorspel dat daar probleme gaan kom, Dr Robert Malone het dit be-aam en Dr Geert Vanden Bossche het gewaarsku. Dr Peter McCullough het bevestig dat dit wat voorspel is, nou werklikheid is.
Binne ‘n paar dae sterf Amerikaanse voetbal afrigter Jason Jenkins, op die veld, Suid Afrikaans gebore aktrise Charlbi Dean sterf, so ook sportvrou Danielle Cubitt en hokkiespeler Eli Palfreyman. Wat almal in gemeen het is dat hulle met mRNA covid 19 entstowwe gespuit is. “Excess deaths” is nou in sommige gevalle 40% meer as wat die gemiddeld vir 2015 tot 2019 was. Dit het begin toeneem in 2020.
Kyk wat Duitsland bevind het en besluit of jy jou natuurlike immuniteit gaan opoffer vir… niks! Ek vat baie eerder my kans met watter nuwe variant daar ookal mag kom.

Laksman ·

Hulle kan nie die virus bespeur in getalle wat skerp toeneem nie, want niemand word meer siek daarvan nie…….nou krap hulle al in mense se……..wat ookal om net iewers n goggo te kan kry.

VaalDonkie ·

Dis omdat julle vleis eet en nie wil boost nie dat die volgende golf oppad is. Eet asseblief die krieke en bly in die hokkies. En vir piet se onthalwe moet julle asseblief almal die tjappie loop vat.

Waarnemer ·

Duidelik benodig dlz en haar seuntjie weer geld….drank en sigarette gaan weer toegesluit word of die kaders het te veel maskers aangekoop en soek geld om die aankope te verdoesel.Hierdie is beslis weer n a en c scam!

LANA is ELANè ·

Wanneer gaan hierdie belagikheid nou einde kry. Dit gaan net oor beheer en om die aandag weg te vat van belangriker dinge wat die ekonomie raak, soos al die korrupte regeringsamptenare en hulle “baas” CR!

Antie Sarie ·

Hierdie is nie cANCer beplanning. Hul voer net opdragte uit. Anders word hulle geTrump

Anton ·

Net voor die “virus” is daar n nuwe entstof vrygestel.
@maroelamedia wat is die powerball nommers of die lotto nommers???

H.A. ·

Die nuwe virus word in riviere geland, die vraag is net, deur wie ?.

Andries ·

Hel, laat weet net my die tyd sodat ek kan gaan kamp en al die virus bo-oor my sweef. As ek nog nooit bollie gehoor het nie, spat hierdie die hele wereld vol as dit die fan tref.

Pietertjie ·

Ek wag maar vir die sewende of agtste plaag. Ekskuus, vlaag…

Boer ·

nee wat hulle kan maar gaan vlieg. Masker sit ek nie weer op nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.