Al meer toestelle gee die gees weens beurtkrag

(Argieffoto: Claudio Schwarzel/Unsplash)

Vandat beurtkrag Suid-Afrika weer in donkerte gedompel het, is kragverbruikers raadop oor elektriese toestelle in en om die huis wat weens beurtkrag die gees gee. Jane van der Linde, ’n inwoner van Lynnwood, Pretoria, sê haar yskas én motorhek het albei die afgelope paar maande gebreek weens die kragtoevoer wat tydens beurtkrag aan- en afgeskakel word.

“Die elektrisiën wat my yskas herstel het, sê hulle kan nie voorbly met klante wie se toestelle breek nie,” vertel Van der Linde.

Gert Viljoen, ’n elektrisiën van Lydenburg in Mpumalanga, sê dit maak heeltemal sin dat toestelle die een na die ander weens beurtkrag oppak. “As die krag ná beurtkrag weer aangaan, kom die krag skielik met ʼn té sterk elektriese stroom deur omrede ʼn hele gebied of dorp se krag weer aangesit word. Die elektriese stroom neem dan ’n rukkie om weer te stabiliseer,” verduidelik Viljoen.

Calla van der Merwe, ’n elektrisiën van Schweizer-Reneke, stel voor huishoudings moet probeer om hul krag by die hoofskakelaar af te skakel wanneer beurtkrag inskop. Dit is om te verhoed dat die elektriese stroom te sterk deurkom en elektriese toerustings beskadig word wanneer die krag weer aangaan.

“Skaf vir jou ’n paneelliggie aan en koppel hom bo-aan jou hoofskakelaar op die kragboks. Aan die bokant van die hoofskakelaar bly die krag altyd aan en as die hoofskakelaar af is, sal die liggie steeds brand. Só kan jy sien wanneer die krag aankom en die hoofskakelaar weer aanskakel.”

Van der Merwe waarsku mense om nie aan elektriese toerusting of kragproppe te werk wanneer die krag af is nie. “As jy aan iets moet werk, sit die krag by die hoofskakelaar af, want as die krag weer aangaan, kan jy geskok word.”

Hy stel ook voor mense moet probeer om die kragproppe van waardevolle elektriese toerusting af te skakel tydens beurtkrag.

(Arieffoto: Christel Cornelissen)

Van der Merwe deel ook ander wenke en voorsorgmaatreëls vir wanneer beurtkrag inskop:

  • Maak doodseker jou hek, alarm of motorhuis het batterye vir wanneer die krag ontydig afgaan. Jy wil nie met jou hande in jou hare sit wanneer jy by die hek wil in- of uitgaan nie.
  • Maak seker jou selfoon is gelaai vir wanneer die krag afgaan of laai jou selfoon in jou kar of met ’n laaier wat nie met elektrisiteit werk nie.
  • Maak seker jy het genoeg kerse en vuurhoutjies in jou huis. Wees versigtig wanneer jy wel met kerse werk om ʼn brand te verhoed.
  • Vries 2 ℓ-koeldrankbottels vol water vooraf en sit die bottels in jou yskas om jou yskas koud te hou tydens beurtkrag.
  • Moenie jou yskas gereeld oopmaak nie.
  • Skakel waardevolle elektriese toerusting soos televisies of rekenaars saans by die muurprop af of wanneer jy die huis verlaat. Jy weet nooit wanneer die krag dalk kan afgaan nie.
  • Laai ’n betroubare beurtkragskedule op jou selfoon of rekenaar af om te kan kyk wanneer beurtkrag inskop. Druk selfs ’n kopie uit om seker te maak jy bly op hoogte van die skedule.

(Argieffoto: pixabay)

Viljoen en Van der Merwe stel voor dat huis- en besigheidseienaars poog om heeltemal onafhanklik van Eskom te funksioneer deur gebruik te maak van alternatiewe energiebronne soos gas en son. “Om in ’n kragopwekker te belê is ook altyd ’n goeie opsie. Op lang termyn moet Suid-Afrikaners begin dink aan sonpanele, songeisers, gasgeisers en gasstowe,” sê Van der Merwe.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

46 Kommentare

Karlahari ·

En die hartseer is dat jy in meeste gevalle nie kan eis van jou huis- of huis inhoud versekering.
Volg dit op met jou huidige versekeraar.

PJC ·

Dit lyk nie of daar gou ń oplossing vir die probleme by Eskom gaan wees nie. Dit lyk asof dinge dalk net nog slegter kan gaan. Iewers is ń helse skroef los en niemand is bereid om met die waarheid vorendag te kom nie.

André André ·

Almal maak nou asof daar iets vir ons weggesteek word. Dit laat my aan die ekonomie dink waarvan die resultaat nie weggesteek kan word nie, die bloed is daar vir almal om te sien, so kan almal die meswond in Eskom sien, hulle steek niks weg nie, hulle strompel desperaat agter oplossings aan van ‘n sisteem wat vir die wolwe gegooi is, hulle het nie meer kundiges nie en die ANC is die groot probleem, hulle is te halstarrig om dit te erken. Maar dan word hulle deur die kiesers ingestem, so het hulle nie keuse nie. Daar word niks weggesteek nie, buiten die realiteit dat die ANC onbevoeg is om die land te regeer. Solidariteit het laas jaar hulp aangebied, maar die ANC sterf eerder voor hulle wit mense se hulp aanvaar. En dan is hul ideologie ook nog ‘n kollosale stok in die wiel.

John ·

Gas gaan mettertyd duur en skaars word. Waarom voer ons nie grootskaals gas in nie ook vir verhitting van huise gedurende die koue maande. Sasol kan gerus in die bedryf belè. Boor op die Suidpool.

Zettie ·

Makliker gesê as gedaan ja. Ek is bie by die huis wanneer my krag weer aankom nie so ek sal nie die hoofskakelaar kan aansit nie, weens werksverpligtinge. My prepaid kragboks skop af sodra die krag aangekom het wat beteken dat my yskas en geyser die heeldag afgeskakel is totdat ek by die huisgekom het net on te vind dat die krag somtyds net ‘n halfuur later weer gaan afgaan volgens die skedule. Ons land is een groot grap!

Lindie ·

Ek raai dat dit ook ‘n rede is waarom huise meer as ooit afbrand. Asook die krag stasies wat opblaas, ons krag is nie gemaak om kort kort aan en af te skakel nie!

KP ·

Die waarheid is dat die regering die enigste een is wat baat vind by beurtkrag.
Dink net aan branstof heffing met al die branstof wat meer gebruik word.
BTW op alles wat vervang moet word en so kan ons aangaan.
Hierdie ekonomie sal dit net nie meer kan bekostig nie, soos hulle se raak onafhanklik en wees voorbereid op groot moeilikheid.

Pieter ·

Tyd geword dat ons eskom dagvaar hulle dink hulle kan maak soos hulle wil

Stebastiaan ·

Ongelukkig werk die goeie raad nie as jy moet werk en nie tuis is nie, wanneer die krag af gaan nie. Sal maar moet oorslaan na groen energie toe.

Lalie ·

Ons moet net begin om Eskom te dagvaar vir skade vergoeding. Dan sal jy sien hoe vinnig word beurtkrag gestaak.

Karel ·

Nou maat laat jy begin Lalie. Laat weet ons van jou vordering.

Danien ·

Sit met dieselfde probleem. Tans twee yskaste wat reggemaak moet word en wie gaan betaal. Eskom wil 15%verhiging he dus stem ek saam dat n regspraktyk moet kyk na die opsie om Eskom te dagvaar en nie net Eskom nie maar alle instansies wat n swak diens lewer. Paaie, munisipaliteite ensovoorts. Ons betaal vir n diens en daarom moet ons 24/7 krag, water, goeie paaie, skoon dorpe ensovoorts kry indien nie moet ons almal ophou motor lisensies betaal vir munisipaliteite ons erf belasting betaal ensovoorts.

pan ·

My yskas se invertor het gebreek en my “mains” het gebrand weens die beurtkrag R 4250.00 agv onbevoegde mense wat die land vernietig onder die naam van demokrasieë.

Penellope Jones ·

Om nie te praat van die kragopwekker se petrolrekening nie!

Penellope Jones ·

Om nie te praat van die kragopwekker se petrolrekening nie!
Het ook al yskas verloor met beurtkrag.

Johan ·

Ek nou al 2 yskaste, 2 tvs, 2 motorhek pc borde, en 1garage deur pc bord verloor en alles het “SURG SUPPRESSORS” op, as ek elke keur van ass moes eis dan het hulle gedink hiers n kans vatter, van donderdag tot en met gister al meer as 40 uur met krag wat aan en af gaan, en dit is net stadsraad, nog nie eers “LOADSHEDDING”

SjN ·

Dankie vir die raad, maar as Eskom hul werk doen is die nie nodig en skade sal nie plaasvind nie.

Danien ·

Sit met dieselfde probleem. Tans twee yskaste wat reggemaak moet word en wie gaan betaal.

Pieter ·

Eskom en munisipaliteite ondervind self probleme met transformators e.a. toerusting wat opblaas en ingee a.g.v. beurtkrag, maar hulle hou vol daarmee. Dit is tyd dat ‘n noodtoestand afgekondig word, sodat die mense, wat weet en kan, iets mag begin doen.

Papa G ·

Hier op die plaas naby Ventersdorp het ons krag vandag aangegaan. NA 15 dae sonder krag!!! Hou op met kla en kerm. Ons het die volgende vier maande se kos in ons vrieskaste verloor en bykans alles wat ons het is stukkend.

pan ·

So jy aanvaar die vrot diens en is net bly oor jy nou en dan n been gegooi word waarvoor jy moet betaal,maar sterkte mnr ten minste kla jy nie lol

corne ·

Ja en kan nie eers eis by eskom nie wat hulle ook bankrot nog in instelleng het cANCer

Sarel P ·

Op die platteland betaal jy ook die helfte van jou ESKOM rekening aan allerhande Lyn heffings wat nooit deur NERSA goed gekeur is nie en dus onwettig gehef word. Word die krag tariewe verhoog, verhoog ook die lyntariewe. Selfs wanneer jy soos nou selde krag het moet jy steeds die bemelhoe tariewe betaal. Lekker inkomste, ESKOM behoort meer as genoeg geld te he.

jennefer ·

Ek stem, het al daaroor gepraat met Afriforum. Ons betaal nie net 14% meer op die gebruik maar ook op elke levy”
Ek stop kan nie so aangaan on te boer nie. Hongersnood is die voorland.

Ettienne ·

Ek het vir my huis ‘n 3kVA ups gekoop met 500ah batterye. My huis is voorsien van 9ure se back-up en ek kan alles in my huis gebruik behalwe die geyser en stoof en ketel. Ek kan werk op my rekenaars en kids kan Tv kyk….

pan ·

Hierdie is ons eie skuld,mense doen aan jou wat jy hulle toelaat in hierdie geval Escom,anc regering.

Sarel ·

Mense, kyk uit by julle supermarkte wat ELLIES produkte verkoop. Hulle maak die “fridge safe” toestel om jou ys- en vrieskaste te beskerm teen spanningspieke en dit hou die krag na die toestel af vir n paar minute nadat die elektrisiteit terug kom, om te verseker dat die toevoer stabiel is voordat die krag na jou toestel outomaties herstel word. Elektriese handelaars hou ook die produk. ELLIES, julle skuld my!!

Alexz ·

Dankie vir die wenk Sarel, dit maak sin om ñ ‘Power-On Delay’ te gebruik.

Carina ·

Sarel, ek het ook verlede jaar vir my elk van die verskillende Ellies toestelle gekoop. het my R1000 gekos. Jy kry een spesifiek vir yskaste, een vir TVs en dan ‘n gewone een. Die yskas een vat so 4min na die krag aangegaan het om weer die yskas aan te sit. Die TV een so 2-3min. Die gewone een het ek aan my mikrogolf gekoppel. Sover kan ek nie kla nie. Maar ja, dis waar, as Eskom net hul werk doen en gereelde instandhouding gedoen het oor die laaste 25jaar, sou ons nie nou sulke probleme gehad het nie. Maar nee, die ding werk mos, hoekom daaraan karring. Tot dit breek ja. Gaan so met alles waaraan hulle vat.

Dink bietjie ·

Het iemand al gedink daaraan om ‘surge protect’ proppe te gebruik om hulle toestelle te beskerm?

Gerrie Roodt ·

Ons moet n Klas-aksie teen die skuldiges neem om vergoeding te eis vir al die skade aan ons huishoudelike toerusting.

Leon ·

Kry vir jou stuwing proppe (surge arresters) en sit dit op al jou muurproppe. As die krag te hoog terugkom, dan skakel die knik skakelaar (trip switch) af en jou toestelle word beskerm.

Sarel P ·

Jy moet al genoemde doen om jou eiendom te beskerm weens swak dienslewering, kan jy n berekening doen wat die ekstra inkomste vir die regering is en inefek hoer belasting vir jou?

Poppie ·

Ons mikrogolf oond het die gees gegee alles te danke aan Eskom!! Dit kos ons net geld.

Dirk van der Merwe ·

Die Engelse spreekwoord, “What you allow, will continue.” is hier van toepassing. Daar sal aksie geneem word MOET om die verbruiker te beskerm teen sulke (partykeer onwetende) skade. Maar nou-ja, sodra iemand met ‘n voorstel kom, soos Lali en Pieter hier, word hy / sy afgeskiet met ‘n sarkastiese opmerking, ne Karel…

Heksie ·

Eskom moet verantwoordelik gehou word vir ons toestelle wat die gees gee. Ons betaal deur ons nekke vir elektrisiteit maar kan dit vir lang tye nie eens gebruik nie.
Ek het maar “power surge plugs” gekoop ten duurste om my toestelle te beskerm teen die ewige beurtkrag.

willieklanie...feite ·

My twee yskaste het ook verlede jaar gelyktydig gebreek weens beurtkrag, kon toe net die een laat regmaak, en so ook het my suster se yskas verlede week gebreek weens die aanhoudende beurtkrag, en n yskas is iets wat normaalweg 25 jaar plus hou.

piper ·

so het alle besighede ook skades wat in hulle winste invreet. dus minder belasting vir die regering plus n swak ekonomie gaan maak dat die regering swaar gaan trek om die 17 mijoen mense maandeliks hulle pensioen te .betaal. dit met net 4 miljoen wat belasting betaal.

Elsa ·

Piper, daar is nou net 3miljoen wat inkomste belasting betaal

Rooi prop ·

Kom nou, kry ‘n “protector” rooi muurprop waarin jy dan jou toestelle prop. Dit het ‘n fuse vir beskerming.

charmaine ·

Behalwe vir die skade wat ESKOM aan ons doen wat al die potholes en “swempoele” op ons paaie dit kos ons ook geld as ons motorbande of shocks of power steering toestelle seerkry ek wil graag my R1085 terug eis wat ek moes spandeer die naweek aan n wiel wat skeef getrek het agv n pothole.

Hb ·

Ek dink daai ou rook sy sokkies. Ekt al gemeet as die krag aangaan en nog geen spikes gekry nie. Net toevallig.

Basson ·

Ek het dit ook nog nie gesien nie maar vind wel die spanning is baie hoog by ons in die Weskaap meeste van die tyd. Enige iets van 236 volt to 248 volt partykeer en die manne wat grid tie is met sonkrag se stelsels gaan van lyn af as dit oor 250 volt gaan. So loop dit maar. Frekwensie bly stabiel meeste van die tyd.

Basson ·

Daar is toerusting op die mark wat voorberei is vir krag onderbrekings. Bosch maak van hulle. Is net duur om te koop. Bele in Bosch se A++ yskaste. Hulle krag verbruik is ook baie min.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.