Al meer waarskuwings oor tweede streng inperking

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal na verwagting dié week die land toespreek rakende die jongste verwikkelinge rakende die Covid-19-pandemie.

SABC News berig die president het tydens ʼn geleentheid oor die naweek gesê dit is hoog tyd dat hy weer die land toespreek.

Ramaphosa het verlede week tydens ʼn vergadering van die Afrika-unie gesê lande moet waaksaam wees ten einde ʼn tweede vlaag van die koronavirus te probeer vermy wat tot hernieude inperkings kan lei.

“Die pandemie toon baie veerkragtigheid en lande wat ʼn afname in infeksies getoon het, ondervind ook nou weer toenames in infeksies wat tot nuwe inperkings lei. Ons moet daardie scenario in Afrika probeer vermy,” het Ramaphosa gesê.

Dit kom te midde van al meer berigte dat die land se Covid-19-gevalle weer begin toeneem en dat ʼn strenger inperking oorweeg kan word.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Twitter)

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het verlede week sy kommer oor die toename in nuwe Covid-19-gevalle oor die afgelope paar weke uitgespreek. Mkhize, wat self onlangs positief vir Covid-19 getoets het, het verlede Woensdag gesê Suid-Afrika se jongste epidemiologiese verslae toon ʼn toename van 9,1% in nuwe gevalle van Covid-19 oor die afgelope sewe dae terwyl ʼn toename van 10,7% oor die afgelope twee weke waargeneem is. ʼn Toename in nuwe gevalle is boonop in sommige provinsies opgemerk.

Sedertdien was daar ook nog uitsprake in dié verband, onder andere deur Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal. Hy het gesê ʼn streng inperking kan weer te wagte wees indien daar nie dringend ʼn verandering in mense se “roekelose gedrag” kom nie. Hy het gesê baie mense dra nie maskers nie en woon geleenthede by waar daar meer as die maksimum toegelate mense teenwoordig is.

Die Gautengse departement van gesondheid het inwoners van dié provinsie intussen ook gevra om waaksaam te bly rakende die koronavirus. Dít nadat Bheki Cele, minister van polisie, oor die naweek saam met nog regeringsamptenare en wetstoepassers op ondernemings toegeslaan het wat die koronavirus-regulasies verontagsaam.

Daar is onder meer op ʼn gewilde kuierplek in Sandton toegeslaan en die onderneming se deure is summier gesluit aangesien die klub glo nie ʼn geldige lisensie het vir die verkoop van drank nie en omdat verskeie regulasies, waaronder die aandklokreël, glo verontagsaam is.

“Die verslapping van beperkings op ekonomiese en sosiale aktiwiteite beteken dat daar meer wisselwerking tussen mense is en dat die risiko van die oordrag van die virus hoër is,” het die Gautengse departement van gesondheid gesê.

“Die virus word hoofsaaklik oorgedra tussen nabye kontakpersone en veroorsaak uitbrekings. Ons het kommerwekkende verslae gesien in ander dele van die land waar sekere gebiede geïdentifiseer is waaruit ʼn beduidende aantal nuwe gevalle van die koronavirus spruit weens sosiale aktiwiteite met min nakoming van gesondheidsprotokol.

“Die risiko van ʼn oplewing in Gauteng is ook hoog en daarom moet ons alles in ons vermoë doen om onsself en diegene rondom ons te beskerm deur aan gesondheidsprotokol te voldoen terwyl daar nog geen inenting vir Covid-19 is nie.”

Suid-Afrika het teen Sondagaand al 715 868 bevestigde Covid-19-gevalle aangemeld. Meer as 640 000 mense het reeds herstel en 18 968 mense is oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Anoniem ·

Liewe rokers en drinkers. Neem kennis! Julle kan maar begin opgaar.

Persheks Adri ·

Cyril julle wil net weer vir ons reëls en regulasies gee wat julle pas om verder te kan plunder! Gaan praat met our people wat nie die reëls na kom nie, want dis juis hulle wat nie luister nie! Jy gaan seker ons sigarette ook verban ne sodat kopdoek kan geld maak op swart mark! Moet nie ons intelligensie onderskat nie asb ons is slimmer as dit!

Die Goodwoodianer ·

Saai en oes jou eie tabak, as jy ñ roker is. Ek praat van regte tabak. Nie ander snaakse goed nie. Selfbeskikking is die woord hier.

Jakkals Iemand ·

Dit gebeur in Europa, Amerika, Asië en oral…en die ANC is nie DAAR in beheer nie.
As ons maar net doen wat die wette sê en ons maskers dra en hande gereeld was, sal dit minder van ‘n probleem wees, maar nee, ONS WIL NIE MASKERS DRA NIE, want ons is slimmer as spesialiste en glo in “conspiracy theories”!!!!

Daleen ·

Presies Jacques dis hoekom ek in my kommentaar se laat elkeen verantwoordelikheid vir hulle eie gesondheid vat. Dis net jammer die gesondheids personeel moet mense wat onverantwoordelik was verpleeg en hulle lewe op die spel plaas!

Louis ·

Jaques, jy is reg, feitlik die hele wereld is besig met nuwe inperkings, maar hierdie patetiese korrupte regering ruk die dam onder die eend uit. Dit se ook nie die wereld is reg nie, die hele spul het ‘n sinistere agenda, om alle mense op aarde te beheer. Hierdie is ‘n goeie oefening vir die globaliste en glo my hulle het nou gesien hulle kan ons met ‘n sweepklap in ons huise toesluit.

Anton ·

Nee Jacques, maskers maak GEEN verskil nie. Inperkibgs het geen effek gehad nie, nerens nie. Word f…n wakker

Riaan ·

Ag Ou Jacques…:( Gaan vertel dit tog asb vir Swede… Hulle weier die inperkings. Hoekom? Omdat die enigste oplossing trop immuniteit is. Jy isoleer en beskerm jou mees weerlose mense en jy los die ekonomie uit, sodat die hele land nie van die honger versmag nie. Moet asb tog nou ook nie so naief wees en dink die entstof is die uitweg nie. Gaan kyk en lees op hoe daar met hulle proewe op mense, vele van die vrywilligers baie seergekry het met die konkoksies. En as ek ‘n voorstel kan maak, gaan kyk ook wat Robert F. Kennedy Jr op youtube verduidelik. Dit is nie so vêr gesog is, soos wat die media huise ‘n mens sal wou laat glo nie. Mense loop nie rond met “conspiracy theories”, die meeste het die feite mooi na gegaan. Dankie

Daleen ·

Riaan moet nie woorde “in Jacques se mond le nie” nerens se hy enige iets van afsondering of die entstof nie. As jy iets het hom te se se dit dan onder jou eie kommentaar maar moenie iemand aanvat oor iets wat hy NIE GESE HET NIE. Glo jy maar jou conspirasy theory ???? en ek en Jacques sal glo om maskers te dra en hande te was is reg.

Leatitia ·

Die probleem is, daar is mense wat nie die reëls nakom nie, maar nou moet almal daaronder ly .

Lizzy8 ·

Daar het nog nie genoeg mense hulle werk verloor nie, en nog nie genoeg besighede het toe gemaak nie, sodat hulle in beheer kan wees nie.

Robert ·

Terwyl tot die VVO/WHO nou erken inperking het meer nadelige vevolge as positiewe uitwerking. Mallegeid.

Rina ·

Hulle sal ver moet loop en soek, die land is klaar bankrot, deur hul eie toedoen!

Drikus ·

Het hulle nog niks geleer van SWEDE nie. Die mense wat ‘n hoë risiko is moet ge-isoleer word, en die res moet voort gaan met hulle gewone dagtake. Inperkings help net om die kurwe te bestuur, dit het niks te doen met die langtermyn verspreiding van die virus nie.. Die gesig masker hou nie die virus uit nie, dit help net bietjie dat jy kwansuis nie die virus versprei nie. Die feit van die saak is dat die gesig masker maar min help. Ek dink die gesig masker ding moet opsioneel wees

In kort, die inperkings se ekonomiese gevaar is baie groter as die virus se gevaar.

Jakes ·

Waarsku ons tog asb net vroegtydig voor die president gaan praat sodat ek genoeg wakkerbly pille kan koop om na sy stories te luister.

Adam Adriaan ·

Haai julle klomp kindertjies pappa bult weer sy spiere. Julle moet nie so raas as ek my Saterdag middag slapie vang nie. Pappa sal vir julle wiks wees gewaarsku. My sambok soek werk om te doen.

Riaan ·

Ja nee… Dit is te lekker vir ou CR om op die nasie se senuwees te werk. Die tipe magspel is wat hulle altyd van gedroom het toe hulle opgelei was in Leninisme.

Dogmanet ·

Maak maskers verpligtend en gee boete vir die wat nie dra nie. Was bly toe ons weer kon kerk toe gaan, maar toe daag daar wragtig mense op sonder maskers. Nou kyk ek maar weer diens op TV.

Roebs ·

Wat van die mense se werk DINK DAARAAN voor jy enige beplan hoe gaan ons oorleef????/

Daleen ·

Nou word almal gestraf vir die idiote wat niks vir hulle eie veiligheid of ander se veiligheid voel nie. Los die idiote – laat elkeen verantwoordelikheid vir sy eie optrede vat – laat hulle siek word – die wat by die reels hou gaan nie siek word nie.

Jacobus ·

Kannie wag om hulle klewerige handjies in die jampot te kry nie.
Mr Ramaphosa – straf die oortreder en nie die land nie. Weet die wanfunksionele SAPS is ‘n probleem. Om gestraf te word as jy wetsgehoorsaam is, is jy besig om groot bollie te veroorsaak.

Anton ·

Hoe is dit moontlik dat die minister kon positief toets? Hy het tog seker al die protokols gevolg? Of is dit dalk oneffektief? Vra vir ‘n vriend ????

Jacobus ·

Moet tog wys hulle veg die goeie stryd. Dat die virus werklik is, is nie te betwyfel. Dat daar met toets pakkette gepeuter word is net so werklik.

Misky ·

Ek het so lanklaas van CR gehoor of sien en gewonder of hy nog president is…… gmppfff, kan jy nou meer

Jakes ·

Hoop hy verduidelik ook hoe onbevoeg sy liewe ministers is.

Ernst ·

Ek lees nie dat die res van Afrika ‘n Covid 19 probleem het nie….of het hulle…

Charles ·

Maar ons kan maar van die honger doodgaan, net nie covid nie…

Saartjievandiebosveld ·

Hoekom dra hulle nie hulle maskers op die regte manier….kom ek help julle met julle reëls reg….COVER YOUR NOSE AND MOUTH….nit just your mouth…..

Andre ·

Seker weer ‘n klomp geld beskikbaar vir nood-fondse. Groot uitdeel tyd weer sonder toesig.

Anel ·

Ek begin nou die storie glo dat hulle ons na vlak 5 gaan dryf vir die hele Desember. Niks gaan glo oop wees nie. As hulle ons gelos het dat die wat siek moes word siek word en die ander weerstand opbou, dat het ons nie hierdie probleem gehad nie. Ons kan nie vir ewig probeer in ‘n steriele omgewing bly nie. Mense wat lap maskers dra en veral kinders, sien ek begin nou al sere om die mond kry. En die wat siek word, watter siektes het hulle onder lede? Gesonde mense word nie sommer siek in die somer nie. Ek ek hoor al hoe meer van mense wst van ander oorsake doodgaan maar verlig word om op die doodsertifikaat virus 19 te sit. Hoe as jy in motorongeluk doodgaan is dit die virus? HEF ALLE INPERKINGS OP!! Man as jy bang is om siek te word, dra jou masker en bly by die huis. Los ons ander uit dat ons kan aangaan met ons lewens. En ou Rama, ons wil nie hoor wat ou kopdoek vir jou gesê het om vir ons te sê nie. Ons ekonomie gaan in elke geval nie nog ‘n inperking oorleef nie.

JohanR ·

Wat is die teenoorgestelde van toeneem? Dink dit is afneem? Wens dit wil met die ANC gebeur! Dit moet soos ‘n fliek wees waar diT se “The End” dan rol die musiek, en wie was wie, en wat was wat en dan is alles klaar en daar is stilte….niks meer ANC!

Adam Adriaan ·

Die oplossing vir die probleem is om op te hou om toetse te doen. Dan sal die probleem vanself weggaan

Riaan ·

Sal graag wil sien hoe daar met die statistieke gewerk word. Die munisipaliteite se boeke klop nie eers nie, hoe kry hulle die covid statistieke so elke oggend “reg”? As ek ook net 1 video of foto van ‘n Covid-19 hospitaal saal kan sien waar die beddens oorloop sal ek miskien die bedrogspul kan glo… Mens sien net verpleegsters en dokters besig om die Jerusalema op tiktok te doen… “…You can fool some of the people, some of the time, you cannot fool all the people, all the time…”

Lulutjie ·

Wat verwag hulle met pubs en shebeens wat oop is? Daar word beslis nie gekyk na social distance soos in n restaurant nie. Almal staan/sit in groepe bymekaar en kuier.

Persheks Adri ·

Ek hoop hy gaan oor plaasmoorde ook praat wat eintlik die belangrikste is en sy EFF maters verwyder as ‘n party en sommer sy mater Cele ook kort vat! Ai, hoe lekker droom ek nou!

Michael ·

Moenie hierdie episode van ‘Hoe om in jou elmboog te hoes’ misloop nie!

TO ·

Begin sommer by die slapgat regering wat begrafnisse bywoon in hulle hordes, die eff wat in hulle hordes loop en plunder sonder maskers. Look no further. NOU MOET ALMAL BOET VIR DIE SLAPGATTIGHEID VAN HIERDIE USELESS REGERING

Colette ·

As hulle dan bewus is van die plekke en gebiede waar die regulasies nie nagekom word nie doen konstante polisiering daar, arresteer die mense. Hoekom moet die meerderheid van ons wie die regulasies nakom daaronder lei?

Verder, kyk na hierdie land se ekonomie. Dink hierdie regering SA sal ‘n verdere “hard lockdown” enigsins kan hanteer? Miljoene mense het reeds hulle werk verloor. Hoeveel meer moet nou nog hulle werke verloor?

Oros Soros ·

As die Minsiter van Gesondheid nie eers kan verhoed dat hyself die virus vryspring nie, hoe op dees aarde sal inperkings dan help?

Ratel ·

Ag oom Cyril, jou kindertjies belowe ons sal ons gedra. Magsvertoon van ‘n magsbehepte ANC regering terwyl die werklike COVID-19 statistieke ver onder die projeksies is.

Die Goodwoodianer ·

Gelukkig het ek en my pa ons eie tabak begin saai so 8 weke gelede. Sulke klein swart saadjies. Hulle groei nou mooi groot. Grootste een skiet al amper. Mooi ronde blare.

Tanya ·

Ou ramapaddapot moet oppas dat hy nie self in die pot kook wat hy vir die ‘blanke monopolie’ beplan het nie…

Neestemmer ·

Nee wat, enige iemand wat feite kan ontleed en common sense het, weet teen die tyd die ANC is besig met ‘n magspel en dat die inperkings en stupid regulasies net so min met ‘n virus te doen het as wat ‘n doringraad jou gaan beskerm teen muskiete….

Mudguard ·

Ou kopdoek se stoor is vol onwettige sigarette. Sy moet ontslae raak daarvan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.