Al ses gevangenes wat Sondag uit Pollsmoor-gevangenis ontsnap het, is weer aangekeer, het die Wes-Kaapse polisie Dinsdag bevestig.
“Die sesde verdagte is vandag in Philippi aangekeer,” het lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, gesê.
Die ses gevangenes, tussen 20 en 24 jaar oud, het Sondagaand omstreeks 23:00 uit die B5-eenheid van Pollsmoor se Medium B-afdeling ontsnap. Hulle het vermoedelik ontsnap toe hulle tralies verwyder het met behulp van stukke metaal wat hulle verkry het deur een van die beddens te breek.
Een van die gevangenes dien 12 jaar tronkstraf uit op aanklag van poging tot moord en die res is skuldig bevind op minder ernstige misdade.
Die departement het ʼn interne ondersoek na die voorval van stapel gestuur.
Laat hul op die vloer slaap om te voorkom dat dit weer gebeur, die bewaarders was seker doof en blind met die ontsnapping.
ek hoop net die skurke het die sleutels aan die bewaarders terug besorg.
Lag ek nou vir die ‘A place of new beginnings’. Ek wonder hoeveel was al suksesvol gerehabiliteer. Staalbeddens en vensters? By ander weer KFC en dansers. Dit gaan lekker in die tronke. Die man op straat kry swaarder as die man in die tronk.