Al sterker tekens van nuwe Russiese belang in SA kernkrag

Gwede Mantashe. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Aanduidings is aan die toeneem dat Russiese spelers in die internasionale kernkragbedryf opnuut gereed staan om hul tentakels in Suid-Afrika in te slaan.

Ingeligtes was baie verbaas toe die minister van energie, Gwede Mantashe, vroeër vanjaar onverwags aangekondig het dat kernkrag van 2 500 megawatt teen 2030 by die huidige kragnetwerk gevoeg sou word.

Daar was twee redes vir die algemene verbasing. Eerstens is die aanvanklike kapitaalbelegging in nuwe kernkragsentrales enorm, en Suid-Afrika het nie nou kontant om rond te gooi nie.

Tweedens is daar ʼn uitspraak in die Earthlife Africa-hofsaak in 2017 deur die huidige adjunk regterpresident van Wes-Kaapland, regter Patricia Goliath, wat baie streng vereistes en beperkings stel vir ʼn kernkragbelegging om wettig hanteer te kan plaasvind.

Die hofsaak het juis gewortel in pogings van die destydse Zuma-regime om ongesiens ʼn ooreenkoms wat Suid-Afrika miljarde uit die sak sou jaag, aan te gaan met die Russiese kernagentskap Rossatom. Die hofuitspraak het dit verhoed.

In Mantashe se aankondiging oor die voorgenome kernkrag was daar egter geen verwysing na die voorwaardes van die Earthlife Africa-uitspraak nie, so asof die regering nie daarvan kennis geneem het nie, of hulle alternatiewelik gewoon nie daaraan steur nie.

Nou het dit danksy ondersoekende joernalistiek deur Daily Maverick aan die lig gekom dat ʼn Russiese maatskappy ʼn uitnodiging aan verskeie leidende Suid-Afrikaanse openbare skakelingsagentskappe gestuur het om te tender vir ʼn kontrak vir Russiese kernkrag-rolspelers om met die Suid-Afrikaanse media te skakel met die oog daarop om die Russiese kernkragprodukte aan die Suid-Afrikaanse publiek bekend te stel.

Die tender sluit onder meer gratis besoeke vir Suid-Afrikaanse joernaliste aan Rusland in, en is nog nie toegeken nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

My siening ·

Die domste van die ANC sal ons in chaos laat beland so lank hulle kan korrup wees, dis tyd dat mense met verstand aan bewind kom.

Adam Adriaan ·

Soos wat China al omtrent 60 % van Afrika ge-herkolonialiseer het, is die Russe nog steed ‘n faktor om in gedagte te hou. Afrika kan nie sonder die hulp van die buiteland bestaan nie. Dit weet die kommunistiese wêrel al te goed en sal alles doen om hulle aandeel in die koek te kry en te vergroot. Die Weste is al so besmet met Sosialisme dat hulle nie belangstel nie. Dit pas ook so netjies in die kraal van die ANC, Rusland is hulle hoof pedagoog en afrigter van die ANC/EFF. Boesem kamerade wat vir al hulle struggel ondersteuning vergoed moet word.

JohanR ·

Dit is nie soeseer oor die kern kragstasie’s maar wie kry die tenders, en die lekker geld. Ek is spierwit en dra nie ‘n ANC lidmaat kaart, en is nie ‘n minister nie, soe ek sal maar weer droebek sit! Ons is al klaar in die skuld vir die volgende 1000 jaar maar die dommes sal kragstasie’s bou. Wat se toekoms het ons kinders, hulle kinders en hulle kinders ens in die land onder die ANC? Koste van ‘n kernkrag stasie : The total “price” was calculated at R650 billion. So the R650bn would steadily unfold over a decade. Nuclear reactors are now designed to last 80 years. Koeberg was designed to last 60 years and is now about half- way through its life, producing South Africa’s cheapest electricity, reliably.

Misky ·

Elke tweede minister dink hy is president van SA en doen net wat hy wil en steur hom aan niks of niemand nie!!!

annie ·

Afrika staan…. bakhand. Die ANC was nog altyd van plan om kernkrag uit te bou. Plaas dat ons gaspynleidings vanaf Rusland aanlè wat ons dringend benodig, glo die ANC hulle is so slim en bekwaam dat ons seker binnekort ook ‘n grootse stat, soos destyds voor 1652 in die Kaap langs Koeberg, op die maan sal bou as Sjina ok net wil help… met daai bakhand.

Adam Adriaan ·

Ja hulle soek altyd ‘n baas wat hulle kan help in hulle struggle. Hulle is permanent besig om hulle self dood te smoor

Cd ·

Die soustrein se wiele is nog nie pap nie.
Weens die ANC se onvermoe om te regeer, sal Rusland sy kans gebruik om die laaste bietjie op te raap.

Riana ·

Hulle kan hulle self net nie keer om onderduims te wees nie????????????

B-Man ·

Daar staan Pelindaba en Velindaba. Skakel hulle om in kernkragsentrales vir baie goedkoper. Kernkrag is duisende kere meer effektief as steenkool en boonop nog skoner ook. Kan ongelukkig nie die ANC vertrou met so iets nie… #onssalself?

Tsek! ·

Nee wat ons behoort seker al klaar 50% aan China…niks verbaas my meer nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.