Albei ‘plaasmoordenaars’ wat ontsnap weer vas

Dries Botha. Foto: Facebook

Albei die vermeende moordenaars van die boer Dries Botha (57) wat in Desember ontsnap het, is nou weer aangekeer.

Felix Mlambo (26) is omstreeks 20:30 Sondagaand in Rietfontein in Noordwes weer in hegtenis geneem, het kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, bevestig.

Dit kom nadat die ander vermeende moordenaar wat vroeër ontsnap het, Caiphus Shilenge (26), op 13 Februarie in die Kleinfontein-omgewing by Brits in hegtenis geneem is.

Botha het dae nadat hy op 4 Julie 2017 op sy kleinhoewe in die Kleinfontein-omgewing aangeval is, in ʼn hospitaal in Johannesburg aan sy wonde beswyk. Shilenge is in dieselfde omgewing in hegtenis geneem waar Botha vermoor is.

Shilenge en Mlambo het in Desember saam met nog vyf aangehoudenes daarin geslaag om uit die polisieselle op Hartbeespoort te ontsnap. Die polisie is steeds op soek na Henry Sithole (22) en Paul Samuel Mozite (24). Hulle word nie met die moord op Botha verbind nie.

Mlambo en Shilenge is twee van sewe verdagtes wat aangekla word van die moord op Botha in Julie 2017 op ʼn kleinhoewe naby Brits.

Die ander vyf vermeende moordenaars wat daarvan verdink word dat hulle betrokke was by die plaasaanval in Julie 2017 waartydens Botha sewe keer geskiet is, word steeds in dieselfde selle aangehou.

Hulle is Promise Mlambo, Joshias Mgwenya, Tshepo Mokgobo (al drie 26), Trust Mfofiti (20) en Thomas Sambana (18).

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wat wou... ·

Ek wil graag weet wat die MO was agter die aanval? Diefstal of moord of altwee?

Wat wou... ·

Dit sal Interessant wees om te weet hoekom hulle so geweldadig is met sulke aanvalle – waarskynlik sodat hulle nie uitgeken kan word deur die slagoffers van die dade nie. Snaaks tog as een van die aanvallers geskiet word bel die slagoffers die polisie…

christa ·

die moordenaars moes lankal gevonnis gewees het vir 50 jaar tronkstraf sonder kos

Lou ·

Bêre hulle baie diep en gooi die sleutels weg. Die samelewing het nie sulke skuim nodig nie.

Willie ·

As daai ontsnaptes weer moor het die SAPD bloed op hulle hande! Was die wat die onsnaptes laat ontsnap het vervolg?

willem Botha ·

Hou hulle asb in aanhouding by die plaaslike biblioteek en nie weer by die polisiestasie nie anders verdwyn hulle weer binnekort.

ne ·

Darem snaaks dat daar so baie in aanhouding kan ontsnap. Wonder hoeveel omkoopgeld word betaal? Intussen betaal ons die mense wat hulle moet oppas se salarisse.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.