Albert Fritz oor ‘ernstige aantygings’ geskors

Albert Fritz is die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid. (Foto: ANA)

Die premier van die Wes-Kaap het sy LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, geskors nadat “ernstige aantygings” oor sy gedrag teen Fritz gemaak is.

“Ek het die minister ontbied en oor die bewerings ingelig, asook oor my besluit om hom met onmiddellike inwerkingtreding te skors. Hy het dit aanvaar,” lui ʼn verklaring van premier Alan Winde.

Die premier het nie uitgebrei oor die aard van die klagtes teen Fritz nie.

“Ek het ʼn omvattende ondersoek van stapel gestuur wat ongehinderd moet voortgaan. Min. Fritz het ook sy volle samewerking met die ondersoek aangebied,” sê Winde.

Geen verdere besonderhede is verskaf nie en die premier sê meer inligting sal mettertyd bekend gemaak word.

Daar was reeds uit verskeie oorde oproepe dat Winde meer duidelikheid oor die bewerings teen Fritz gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Porseleintjie ·

Daar geen besonderhede gegee word nie kan mens net wonder hoe groot die mat is waaronder als waarskynlik gevee word.

Anoniem ·

Verkeerd, daar word 4 aanklagte van seksuele aanrandig teenoor werknemers in sy kantoor teen hom ondersoek, dis hoekom hy geskors is.

Cherokee ·

Van wanneer af is ‘n Lid van die Uitvoerende Raad ‘n minister?

Dries ·

Die DA moet nou sy staal wys. Die hele land kyk nou na hulle

Ansie ·

Cameron Dugmore, when did you become aware of ANC corruption and what did you do about it?

Samuel ·

Will never do anything about ANC corruption and he new about it 30 years ago

Samuel ·

Ag tog, nou moet die ANC en GOOD partye weer politieke munt probeer slaan uit mnr. Winde se korrekte optrede.

Alfred E Neuman ·

Dougmore jy is baie windgat. Pasop dat iemand jou nie begin ondersoek nie.

Chris ·

chris Noordkus, Die Kaap is nie meer Hollands nie, of ‘n seder val in Kaapstad, ook maar voete van klei die lot daaronder.

Karel Kobus Kruger ·

So bietjie raad Albert ou vriend as jy vroulike kollegas het.
1. Moet geen komplimente oor voorkoms gee nie, ongeag hoe goed dit bedoel is.
2. Moenie enige grappies met hulle maak nie. Nie eens onskuldige grappies nie.
3. Die beste is om hulle so ver as moontlik te ignoreer. n Saaklike koue groet in die oggend, en dis al.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.