Alberton-baba steeds vermis

Eden Laird (Foto: Pink Ladies)

Eden Laird, die 13 maande oue baba van Brackendowns in Alberton wat na bewering Woensdag ontvoer is, is nog nie gevind nie.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, het Vrydagoggend aan Maroela Media bevestig klein Eden word steeds vermis.

“Die polisie se soektog duur onverpoos voort,” het Dlamini gesê en kon nie meer uitbrei oor die vordering van die ondersoek nie.

“Al wat ons kan sê, is dat ons verskeie leidrade opvolg en alles in ons vermoë doen om hom op te spoor,” het hy gesê.

Dlamini is nie die enigste een wat so min moontlik inligting oor die ondersoek wil bekendmaak nie. Laird se ouers is volgens verskeie mediaberigte nie bereid om in dié stadium enige onderhoude toe te staan nie. ʼn Persoon na aan die familie het Donderdag aan Maroela Media gesê alle betrokkenes is opdrag gegee om geen bykomende inligting rakende Eden se verdwyning bekend te maak nie aangesien dit die ondersoek nadelig kan beïnvloed.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het ook in antwoorde op vrae op die groep se Facebook-blad gesê geen bykomende inligting kan verskaf word as dié wat reeds op sosiale media versprei is nie.

Pink Ladies se plasing oor Eden se verdwyning is teen Vrydagoggend reeds meer as 35 000 keer gedeel en talle mense het op die plasing gereageer met vrae, kommentaar en gebede vir die gesin.

Maroela Media het vroeër berig die Laird-gesin se huishulp het Woensdag omstreeks 08:45 saam met Eden gaan stap, maar nie weer teruggekeer huis toe nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering.

Die polisie wou vroeër nie gerugte bevestig of daar glo ʼn losprys geëis word nie.

Eden het ʼn grys sweetpakbroek met pampoenpatrone en ʼn oortrektrui met die woorde “Granny Sunshine” daarop, aangehad. Hy het ook ʼn grys-en-donkerblou trui aan en donkerblou-en-wit sokkies met seilbootjies daarop.

Mense met meer inligting word versoek om konst. Malepe by 082 358 8369 of 082 771 6328 of Pink Ladies by 072 214 7439 of 083 378 4882 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Gesiggie ·

Jesus ek vra bewaar hierdie kindjie klein, bring hom veilig terug na sy Mamma en Pappa… laat niemand hom leed aandoen… laat die Engele van Jesus om en by hom wees… as ek net na sy ou gesiggie kyk, dan loop die trane… so n klein engel kind… ASB”’ Laat wie ook al verantwoordlik is, besef dat daar n Mamma en Pappa is wat baie lief is vir Eden en hom so baie mis… en dat hul deur baie stress en hartseer gaan… ASB BRING HOM TERUG…. my hart gaan uit na die ouers… dink aan jul, en Bid saam jul… JESUS SAL VOORSIEN….GOD SE ENGELE SAL HOM BEWAAR…

anoniem ·

het nou net op ons groepe gekry dat hy gevind is in ‘n taxi in pretroria? Kan julle laat weet of dit waar is??

Rinette ·

Dis n ander kind wat gevind is. N 4 jarige dogtertjie. Die seuntjie is steeds vermis.

SW ·

Dis nie waar nie. Daar gaan ‘n storie om dat hy en die nanny in ‘n taxi gekry is, maar dis nie waar nie. Hy is steeds vermis. Ek volg die Pink Ladies se blad. Hulle info is up to date en kom direk van die SAPS.

Michelle ·

Nee dit is nie waar. Dit was n ander voorval met n dogtertjie…

Spikkels ·

Dit is n ander kind wat die taxi man na die polisiestasie geneem het. Dit is nie baba Eden nie.

Glo ·

Ek bid hierdie babatjie is veilig en word ongedeerd teruggevind. Al wat vir my vreemd is dat almal hand en mond gister ontken het dat daar ‘n LOSPRYS gevra word en vandag is dit op die voorblad van die BEELD … dink hulle die publiek is stupid of voer hulle jou net wat hulle wil he jy moet hoor? EK BID VIR JOU veiligheid EDEN. Mag die Here jou beskerm en bewaar totdat jy terug is by jou familie!

Wallis ·

Waarom berig die ander mediagroepe nie ook hieroor sodat meer mense kan soek nie?

Ierland ·

Vir die media gaan dit nie oor die vind van die kind nie, maar net hoeveel shares, verkoop, clicks hulle kry.

Crowdfunding oorsee ·

Kan mense wat weet hoe asseblief crowdfunding oorsee begin om geld in te samel om hierdie baba en ander wat vermis word te help soek? Ons land is so gevaarlik en as ons vir massas oorsee vra om by te dra met tegnologie dan kan ons baie meer verrig.

GM ·

Ek sien op ‘n ander plek dat ‘n losprys van R6 miljoen geëis word en dat die huishulp nie op die stadium ‘n verdagte is nie?

Liezl ·

Ek wag vir goeie nuus, baba Eden jy sal terugbesorg word. Ons bid dat ons Vader sy arms om jou sal hou, jou sal laat lag, jou kalm sal maak. Die mense om jou, dat hulle in skaamte hul koppe sal sak, dat hulle sal besef wat hulle doen is verkeerd. Tel die telefoon op en bel en doen die regte ding. Ek bid nou vir hul harte om te verander, as hulle in Eden se oë kyk, sal hulle weet dis nie reg nie. Hy het sy mamma en pappa nodig. Wie is jy? Het jy ook ‘n kind? Wie is jou familie? Skaam jou!

Jo ·

Do you want to tell me they cannot find this poor baby with todays technology? Surely they can trace phones, everybody has CCTV lately. Why do they not want to give details about the nanny? Why is it not on national TV? Not everybody has FB. Somebody must have seen something or know something.

Bemagtig deur tegnologie ·

Ons moet onsself bemagtig deur tegnologie, ons moet leiers word op internet van dinge, vliegbotte, kamerategnologie. Dan sal ons onsself kan beskerm.

Gesiggie ·

Vir een oomblik het my hart uitgeroep,,, dankie Jesus, maar nou is die kind wat gevind is, nie Eden… ( Bly dat nog n kind darem gevind is) en ja ek stem saam Jo … National TV.. THIS LITTLE BOY MUST BE FOUND? of is daar iets anders agter die storie?? nou n losprys…. hoekom… ASB”’ bring vir Eden terug…

Gesiggie ·

Stel n Medium aan, dat hul kan aanvoel waar die kindjie is? en aanwysings kan gee… meskien werk dit beter en gaan Eden gou opgespoor word…. Ek hou aan glo… en Bid vir die ouers…

Smiley ·

@Gesiggie, jy kan nie bid vir God en in Mediums glo nie. Dis alleenlik NET ons Hemelse Vader wat ‘n wonderwerk kan verrig.

Lizelle ·

Hi ons innige mee gevoel met julle. Ons bid dat julle julle pragtige baba seuntjie sal terug kry. Bid ook dat God hom veilig sal hou. Weet nie hoe kan mense dit doen nie. Ons glo uit ons harte uit dat julle hom sal terug kry. STERKTE VIR JULLE.

Verward ·

Hoekom is die dogtertjie wat gevind is se verdwyning nie op media gewees nie?

Jo ·

I can only say praise the Lord and thank you to the police, well done!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.