Alberton-ma vas oor kindermishandeling

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou is Dinsdag in Alberton in Gauteng in hegtenis geneem nadat haar twee kinders elk met ʼn blou oog en kneusplekke by die kleuterskool opgedaag het.

“ʼn 26-jarige vrou met twee kinders, onderskeidelik drie en vyf jaar oud, is by haar werk in hegtenis geneem,” het sers. Phora Nkuna, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die kinders het kneusplekke en krapmerke gehad.”

Die polisie is ontbied en ʼn saak van kindermishandeling is aanhangig gemaak.

“Die kinders is na ʼn hospitaal geneem om medies ondersoek te word en is by ʼn plek van veiligheid geplaas,” het Nkuna bygevoeg.

Die vrou sal Woensdag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op aanklag van kindermishandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Theresa ·

Jou vieslike ding! Kan wil nie eers my indink waardeur daardie goedjies moes gegaan het nie.
Sulke mense moet summier tereggestel word.

THEA SWART ·

stem 100% saam ek self het 3 kleinkinders van dieselfde ouderdom en glo my as dit my kind was wat my kleinkinders so behandel sluit ek haarself toe en gooi die sleutel in die see –

GC ·

As sy skuldig is, moet sy verantwoording doen. Maar as iemand wat self 2 klein kindertjies het (wat al baie met kneusplekke moes skool toe gaan, want boetie dink dis snaaks om sussie met die kop te slaan, of hardloop met goed in die hand wat hom dan seermaak as hy val, ens., ens.) hoop ek t.w.v. haar en die kinders dat dit nie haar skuld is nie maar iets eenvoudig en onskuldig! Mag die waarheid seëvier!

Maronel ·

Ek het al gesien waar ‘n ma haar kind so mishandel het dat die kind ‘n week in die hospitaal was, en toe die ma opdaag was daai dogtertjie so bly om haar ma te sien. Hoe vinnig kan ‘n kleintjie nie vergeet en vergewe nie…

Anita ·

My tweeling is vol bloukolle, krapmerke en kneusplekke. Hulle klouter op alles, speel op die gras en bots teenmekaar vas met die koppe. By die kleuterskool kry hulle nog meer merkies elke dag. Ek hoop net dat in die geval dit nie is dat Pa vir Ma probeer terugkry omdat hulle besig is met ‘n balspelery met die kinders nie. As die Ma skuldig is van mishandeling dan hoop ek die kinders word goed versorg en beland nie in die diepe gat van ons sisteem nie.

Eish! ·

Hoop die waarheid sal seevier! Vandag het ek weer die dag beleef toe ek in so ‘n ma se skoene gestaan het. Het my kind ‘n pak gegee omdat sy stout was. Pa het haar kom haal vir naweek en ek het gese as haar sitvlak rooi is, weet waar kom dit vandaan. Die Dinsdag toe stap die welsyn en polisie by my huis in. Ek het die kind so geslaan dat daar lw blou ronde kolle op haar sitvlak was. Ek is aangekla en na maande se onkostes en ver ryery het die staat die saak uitgegooi uit die hof. ‘n Boelie het haar gestamp by die nasorg en sy het geval teen ‘n tafel of stoel of iets met skerp hoekke. Dit was toe al die tyd wat die ronde kol veroorsaak het. Dit kan gebeur as ‘n eks ‘n vrou wil harde tyd gee. Ek het haar nooit weer pak gegee soos my ander kind nie. Vandag is sy die vrot appel en ek voel skuldig. Die ander een is die uitblinker.

Eliza-beth ·

@Eish – ek dink nie hierdie is soos in jou geval nie. TWEE kinders en ALBEI het blou oë? Dit klink na mishandeling en klaar!

Irma Groenewald ·

Laat sy sit vir baie lank, haar mishandeling binne die tronk sal dit wat sy gedoen het nie eers regverdig nie!!

Mari-let ·

Party mense moet nue kinders he nie. Ek was eergister by n pizza plek waar n ouer sy 3 kinders by die pizza winkel afgelaai het, vir hul pizza gekoop het en gery het en hul daar gelos. Hy het hul blykbaar 2 uur die middag daar afgelaai…sk was 19h00 daar en die kinders was nogsteeds daar. Hul het toe sommer n vreemdeling gevra om hul huistoe te vat…maar die dame het eers by die bestuur vd winkel gaan navrae doen. Gelukkig het n onderwyser daar aangekom wat hul herken het.

Leeutjie ·

As hierdie ma skuldig is aan haar dade sal ek haar graag 2 blou oe wil gee! Om so kleintjie as ‘n slaansak te gebruik is onvergeeflik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.