Alberton-ongeluk: Bestuurder was al agter tralies

'n Foto van die ongelukstoneel

‘n Foto van die ongelukstoneel

Die staat het Woensdag in die Palm Ridge-landdroshof aangevoer dat Isaac Wade Maruding, die vragmotorbestuurder wat glo verlede Dinsdag se noodlottige kettingbotsing op die N12 in Alberton, Johannesburg veroorsaak het, agter tralies moet bly.

“Mense wat roekeloos bestuur moet agter tralies bly,” het staatsaanklaer John Ntuli aangevoer. Hy het gesê dit sal die verkeerde boodskap uitstuur indien Maruding op borg vrygelaat word. Maruding, ʼn jong getroude pa van twee kinders, staan tereg op drie aanklagte van strafbare manslag en nog ʼn klag van roekelose of nalatige bestuur.

Die hof het gehoor dat Maruding in 1996, toe hy as ʼn taxibestuurder gewerk het, ook van strafbare manslag en roekelose of nalatige bestuur aangekla is. Hy is vrygespreek op die aanklag van strafbare manslag en het ʼn opgeskorte vonnis van 18 maande ontvang nadat hy skuldig bevind is aan roekelose bestuur.

Maruding is egter twee jaar later skuldig bevind aan strafbare manslag na ʼn ander voorval. Sy opgeskorte vonnis is gekanselleer en hy het 18 maande agter tralies spandeer. Sy bestuurslisensie is ook vir ʼn jaar opgeskort.

Mokhele Salemane, Maruding se regsverteenwoordiger, het gesê sy kliënt gaan onskuldig pleit op die aanklagte teen hom. Maruding het versoek om op borg vrygelaat te word aangesien hy nie sy familie sal kan ondersteun indien hy agter tralies is nie. Hy het gesê hy sal sy lisensie inhandig en nie bestuur nie.

Maruding se borgaansoek is tot Maandag uitgestel wanneer regter Samuel Hlubi na verwagting uitspraak sal lewer.

Lees alles, en sien beeldmateriaal van die Alberton-ongeluk hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

koos ·

Eienaar van vragmotor is die eintlike skuldige omdat hy toegelaat het dat ‘n bestuurder met ‘n onpadwaardig voertuig ry … Bestuurders het nie ‘n keuse nie dis ry of vat jou goed en loop …

Annelese ·

Hoe het die bestuurder van die swaar voertuig sy PDP gekry as hy alreeds vorige oortredings het. Bestuurders moet hulle PDP so ver ek weet jaarliks hernu so waar het die fout ingekom

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.