“Twee mense is op die toneel dood verklaar en ons het verneem dat nog twee mense in die hospitaal aan hul beserings beswyk het,” het Tiyani Rikhotso, woordvoerder van die departement van vervoer, gesê. Die ongeluk het omstreeks 7:30 Dinsdagoggend plaasgevind. ʼn Vragmotor, ʼn petroltenkwa en nagenoeg 45 motors was in die ongeluk betrokke.
Dipuo Peters, minister van vervoer, het intussen gesê die eienaar van die vragmotor wat glo die botsing veroorsaak het kan aangekla word indien daar bevind word dat die vragmotor foutief was. Volgens Peters is daar vragmotoreienaars wat nie verseker dat hul vragmotors padwaardig is nie. “Die eienaar van die vragmotor moet voor stok gebring word indien daar vasgestel word dat die vragmotor meganies foutief was,” het sy gesê.
Peters het die ongelukstoneel vroeër vandag besoek. Sy het haar medelye uitgespreek met die families van die oorledenes en die beseerdes ʼn spoedige herstel toegewens. Die departement en die Padongelukkefonds sal die families wat deur die ongeluk geraak is bystaan met begrafnis- en hospitaalkostes.
Peters het vroeër aangekondig dat die bestuurder van die vragmotor intussen in hegtenis geneem is. “Die bestuurder is in hegtenis geneem en die voorlopige ondersoek dui daarop dat die ongeluk veroorsaak is deur die vragmotor se remme wat onklaar geraak het.”
Eerstens: My innige simpatie aan die oorledenes se families en ook sterkte aan die mense wat in die hospitaal is. Tweedens wil ek net se dat die eienaar van die vragmotor van moord aan gekla word. Die bestuurder van die trok het net sy werk gedoen. Derdens: Daar moet ‘n WET in SA uit gebring word dat ALLE motors / Vragmotors en Taxis op ons paaie versekering moet hê sodat die derde partye (die onskuldige partye soos hier die geval was) eise teen eienaar of versekeraar kan eis. Wie se almal wat hier onskuldig skade en seer gekry het, het versekering om hulle skade en mediese kostes te dra? Ek voel jammer vir die mense wat nie versekering het nie want hierdie saak gaan nog LANK sloer en DAN eers gaan hulle by die eienaar van die trok regkom met hul eise.
Ek stem GLAD NIE saam met jou siening dat die bestuurder doen wat gesê word deur sy werkgewer nie! Wanneer enige persoon vir ‘n bestuurslisensie gaan, moet jy sekere dinge weet! Soos dat ENIGE VOERTUIG wat jy bestuur padwaardig moet wees. So daai verskoning van die eienaar se verantwoordelikheid, hou nie water nie! JY as persoon is verantwoordelik! Klaar! As volwassene neem jy die besluit om met ‘n voertuig ander se lewens in gevaar te stel.
Ek stem. ‘n Voertuig is nie eendag perfek en dan raak die remme onklaar more nie. As bestuurder moet ons eintlik die remme toets voor ons ry. Min mense doen dit, maar mens kan tog voel die remme is nie meer lekker nie, en jy kies om verder te ry.
Jy as voertuig eienaar het geen beheer oor die optrede en aksies van n bestuurder wanneer hy jou perseel verlaat nie. Jy moet wel sorg dat die voertuig so gereeld as moontlik versien word en dit is ook die bestuurder se plig as hy n goeie werknemer is om elke oggend die voertuig na te gaan en enige foute te rapporteer. Almal is gou op die eienaar vir eise maar hy hou mos nie die bestuurder se handjie vas en se vir hom wat om in n noodgeval te doen nie. N swak werker blameer altyd sy gereedskap vir swak werklewering. ongelukkig word ons arbeiders in ons land ook nie beter nie doen hulle……Simpatie en sterkte aan almal wat deur die tragedie geraak word
Ek voel ook so Jacques. Ek dink ons almal het al beleef hoe sommige trokke op die paaie ry! En hulle ry ook soms in die vinniger bane want verby ‘n ander trok moet hulle gaan!! Die spoed waarmee sommige ry laat jou hare rys!
Ek dink die spoed van swaarvoertuie moet afgebring word. Ek dink dit is tans 80 km/h (is nie 100% seker nie) hoeveel van hulle hou by die spoed. Ek dink 60 km/h, ek weet hulle gaan ons ophou, maar ek dink dit is veiliger. Ek dink hulle moet harder gestraf word as hulle spoed oortree. Ek self het ‘n 92 ton vragmotor bestuur. (ons beperking was toe 80) Dit is nie moeilik om hulle te bestuur nie, maar vrek moeilik om hulle spoed te verminder, veral in n nood stop. Spoed en vragmotors is n groot moord wapen. Kyk maar net wie kom die slegste daarvan af. Meeste vragmotor bestuurders oorleef die ongelukke wat hulle veroorsaak. Kyk maar na die Pinetown ongeluk.
Ja, drywers baie skuldig. “””Die eienaars net so skuldig.””” Maak ‘n program dat al die trok drywers in bel en sé in watse omstandighede word hul gedwing om met trokke te ry. Die publiek weet niks. Omdat daar werkloosheid is, kan drywers nie opdragte weier nie.