Alberton-ongeluk eis 3

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Drie persone is Saterdagaand in ʼn trompop botsing op die R59 in Alberton, Gauteng, oorlede.

“Paramedici is laat Saterdagaand na die toneel ontbied,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Drie persone het reeds aan hul beserings beswyk. Een persoon het ernstige beserings opgedoen en hy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peet Schabort ·

Kop teen kop op die R59? Iewers is daar groot fout? Dalk ‘n gebrek aan verkeerstekens waar jy maklik teen aankomende verkeer op die deurpad kan land?
By Ravelweg in Vanderbijlpark is geen ‘Geen Toegang’-tekens en kan jy maklik op die R57 land na Sasolburg teen aankomende verkeer. Ek het tweekeer gesien dat motoriste daar wou afdraai na Sasolburg maar gelukkig was daar voertuie van voor op die afrit vanaf Sasolburg.

CHRISTA ·

Hier by ons stel die owerhede ook nie belang daarin om padtekens en selfs verkeersligte in stand te hou nie! Die robot in Stoneridgeweg, Greenstone is al vir ‘n hele week buite werking!! Daardie robot werk gewoonlik net een of twee dae van die week!!! Niemand doen iets daaromtrent nie!!!

BoereBikerBaby ·

Boksburg en Jetpark – dieselfde storie. dis chaos in die oggende en middae. Gedink dit sou reg wees vanoggend, maar surprise surprise…

BoereBikerBaby ·

O askies, Isando en Kempton Park ook. orals is die verkeers-ligte uit maar so paar meter verder staan die EMPD en aftrek…

Shirley ·

Germiston en Boksburg ook behalwe uit verkeersligte is daar ‘n dubbel baan vanaf Germiston na Boksburg omskep in een baan weens tralies wat oor ‘n brug afgesteel is al vir die afgelope 7 jaar so. Al hoe meer tralies word afgesteel vir die plakkerskamp langs die pad. Ek is al so moeg om elke dag in verkeer vas te sit weens die een baan en al wat ‘n jan rap en sy maatjie wat nie geduldig in ‘n ry soos ons kan wag nie maar voor almal wil indruk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.