Alberton-ongeluk: Trokbestuurder al voorheen skuldig aan strafbare manslag

'n Foto van Dinsdag se toneel. Foto: Ridz @ridz801/Twitter

‘n Foto van Dinsdag se toneel. Foto: Ridz @ridz801/Twitter

Die vragmotorbestuurder wat in hegtenis geneem is ná Dinsdag se noodlottige kettingbotsing op die N12 in Alberton, Johannesburg, is al voorheen aan strafbare manslag sowel as roekelose of nalatige bestuur skuldig bevind.

Isaac Wade Maruding (44) het Donderdag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op vier aanklagte van strafbare manslag en ʼn aanklag van roekelose of nalatige bestuur.

Staatsaanklaer John Ntuli het aan die hof gesê die staat moet nog vasstel of Maruding se lisensie ná sy vorige skuldigbevindings teruggetrek is.

Daar word vermoed dat hy tronkstraf opgelê is vir albei oortredings. Die staat het aansoek gedoen dat die man vir ʼn skedule vyf-oortreding verhoor word, omdat hy reeds twee skuldigbevindings het.

Die hof het ook aangehoor dat die beskuldigde Dinsdag ná die ongeluk nie op die toneel was nie. “Hy is Woensdag by sy huis in Potchefstroom in hegtenis geneem,” het Ntuli gesê. Hy het gesê die staat moet nog vasstel of die moontlikheid bestaan dat hy van die toneel gevlug het.

Intussen het Maruding se regspan Donderdag in die hof van die saak onttrek. Gerhard Louw en Deon van Staden het aan die hof gesê hulle het nie opdrag ontvang om Maruding verder te verteenwoordig nie. Maruding het aan die hof gesê dat hy sy eie prokureurs sal aanstel vir sy borgtogaansoek.

Die saak is tot 22 Oktober uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog gaan aansoek doen.

Vier mense is dood en 16 mense is ernstig beseer nadat Maruding se vragmotor Dinsdag tydens spitsverkeer in ongeveer 50 voertuie ingeploeg het.

Klik hier om foto’s van die ongeluk te sien.

Klik hier om ʼn video te sien wat ná die ongeluk geneem is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nina ·

Reeds voorheen aangekla EN skuldig bevind; en tog is hy op die pad agter ‘n massiewe voertuig se stuurwiel. WOW!

Johan ·

Nina, jy is reg, maar kom ons plaas dinge bietjie in perspektief. As mens op SA paaie ry en jy hou by die spoedgrens, is jy die stadigste voertuig op die pad, die ouens flits ligte vir jou op die snelweg en/of hulle ry jou van die pad af. Hierdie is ‘n simptoom van ‘n traak-my-nie-agtige houding van 90% van bestuurders wat hulle nie aan die reels steur nie (en dit is nie net bestuurders van ‘n sekere pigmentasie wat so optree nie). Die hele samelewing sal hulle houding moet verander op die paaie en dit sal van owerheidskant af genadeloos moet toegepas word deur die polisie en spietkops.

Nina ·

Ek dink as almal by die ‘hou links, steek regs verby’ rëel hou, sal baie mense nie so geirriteerd raak op die pad nie. Ek het egter al hoeveel keer gesien hoe uiters ‘spiteful’ die mense wel op die snelweg is. Ry 100km per uur in die regterkantse baan, terwyl 3 ander bane oop is. ;) Trokke oral jaag soms teen meer as 140 km verby mens; dit lyk asof mens besig is om parkering te soek.

Nina ·

MAROELA, ek wil graag weet hoekom bykans AL my kommentare verwyder word of glad nie geplaas word nie! Daar was geen rassisme of enige iets anders in EEN van my plasings nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Nina

Dankie vir jou boodskap! Ek kon egter nie enige kommentaar van jou opspoor wat nie goedgekeur is nie. Buiten hierdie kommentaar waarop ek nou reageer is daar ook kommentaar wat jy op ‘n Oscar Pistorius-berig gelewer het en vroeër op hierdie Alberton-ongeluk.

Onthou dat ons ook ‘n vyf minute grasie aan ‘n persoon gee om sy kommentaar te wysig sodra hy dit geskryf het, voordat dit gepubliseer word. Maroela het ook ‘n outomatiese stelsel wat kommentaar deursoek vir enige aanstootlike woorde. Indien jou kommentaar in hierdie filter beland, moet ons dit per hand goedkeur of afkeur. Dit neem dus ‘n minimum van vyf minute voordat jou kommentaar op die webwerf sal verskyn.

Kuier lekker verder!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Nina ·

Dankie, Sune. Dit blyk wanneer ek terugkom na artikels, die plasings wel daar is. Ek vra om verskoning. :)

Marlene ·

Die vragmotors gee niks om nie. Hull is groot so jy moet padgee. Ek was in so storie by Van Reenens pas en die vragmotor het ons afgestoot moes in die aan komende verkeer ry gelukkig het die aankomende verkeer gesien wat gebeur en het links gegaan. Toe ons verder ry kom ons weer by die vragmotor en ek se vir my man ry net. En so waar as wragtig op die afdraande doen hy dit weer. Ek het sy nommer gevat en sy maatskappy gebel en dit was n maatskappy in Standerton en die operations manager se hy kan sien hoe jag die duiwel. By die tolhek sal die vark nie tot agter ons jag lyk of hy ons gaan trek en op sy hooter le dit terwyl ek met sy manager praat ek se toe hoor hoe gaan hy tekere. . Ons het toe gatskoon gemaak want hy het gesien ons is ouerige mense en di hulle target. Die manager het my sy e-mail add gegee en ek het n mail gestuur, Hulle het terug gegkom na n week en gese hy het n skriftelik waatskuwing gekry. Ek het net gese meneer die lewens wat daai ou gaan vat op die paaie gaan op jou wees. Twee weke later het ek n oproep gekry van die maatskappy waat hulle my in kennis gestel het hulle het hom afbetaal hy het n ongeluk gemaak en een person is dood. Het ook n mail gekry. So mense wat meer kan ek se . Die groot trokke dink hulle is groot ons moet padgee hulle sal niks oorkom nie….en hulle kom met dit weg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.