Alberton-ongeluk: Trokbestuurder kry borg

'n Foto van die ongelukstoneel

‘n Foto van die ongelukstoneel

Isaac Wade Maruding, die vragmotorbestuurder wat glo op 14 Oktober die noodlottige kettingbotsing op die N12 in Alberton, Johannesburg veroorsaak het, is Maandag op borgtog vrygelaat.

Landdros Samuel Hlubi het Maruding in die Palm Ridge-landdroshof vrygelaat op borgtog van R7 000. Maruding se borgtogvoorwaardes behels dat hy onder andere slegs by ʼn spesifieke adres in Viljoenskroon, Vrystaat mag bly. “Hy mag die dorp slegs verlaat as hy skriftelike toestemming van die ondersoekbeampte bekom het,” het Hlubi gesê. Hy moet ook elke Maandag tussen 07:00 en 19:00 by die plaaslike polisiestasie aanmeld.

Maruding moes ook sy rybewys inhandig.

Sy saak kom weer op 12 November voor. Maruding het aangedui dat hy van plan is om onskuldig te pleit op drie aanklagte van strafbare manslag. Hy voer aan dat die vragmotor se remme onklaar geraak het.

“Ek is hartseer oor vragmotorbestuurders se situasie wat in elke ongeluk die enigste party is wat vervolg word, en nie die eienaar of die maatskappy, die persoon wat die vragmotor nagegaan het, of die persoon wat dit gediens het voordat dit die maatskappy verlaat het nie,” het Hlubi gesê. “Ek wag vir die dag wanneer daar wetgewing is waar die staat al die betrokke partye kan vervolg.”

Die hof het voorheen gehoor dat Maruding in 1996, toe hy as ʼn taxibestuurder gewerk het, ook van strafbare manslag en roekelose of nalatige bestuur aangekla is. Hy is vrygespreek op die aanklag van strafbare manslag en het ʼn opgeskorte vonnis van 18 maande ontvang nadat hy skuldig bevind is aan roekelose bestuur. Hy is egter twee jaar later na ʼn ander voorval skuldig bevind aan strafbare manslag en sy opgeskorte vonnis is gekanseller. Hy het 18 maande agter tralies spandeer. Sy rybewys is ook vir ʼn jaar opgeskort.

Maruding is op 15 Oktober in Potchefstroom in hegtenis geneem nadat hy die vorige dag tydens spitsverkeer in 48 voertuie ingeploeg het. Die botsing het drie mense se lewens geëis en 16 mense beseer.

Lees alles, en sien beeldmateriaal van die Alberton-ongeluk hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

nicolette ·

Hy moes nie borg gekry het nie as jy sy vorige oortredings in ag neem hy moet lewenslank toegesluit word vir onskuldige lewens wat hy geneem en verwoes het

carike ·

Stem saam met Nicolette. Met ander woorde hy kan dit weer doen en weer en hy ga ma net borg kry, dalk nog weer n keer weg kom darmee. Sluit di skuldiges toe, dan kan ons land na n punt toe bweeg wat dinge dalk beter sal ga.

carike ·

Stem saam met Nicolette. Met ander woorde hy kan dit weer doen en weer en hy ga ma net borg kry, dalk nog weer n keer weg kom darmee. Sluit di skuldiges toe, dan kan ons land na n punt toe bweeg wat dinge dalk beter sal ga.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.