Alberton-ongeluk: Trokbestuurder soek borgtog

alberton-ongeluk-n12

‘n Foto van die toneel. Foto: Ridz @ridz801/Twitter

Isaac Wade Maruding, die vragmotorbestuurder wat glo verlede Dinsdag se noodlottige kettingbotsing op die N12 in Alberton, Johannesburg veroorsaak het, gaan na verwagting Woensdag in die Palmridge-landdroshof aansoek doen om borgtog.

Maruding is op 15 Oktober in Potchefstroom in hegtenis geneem nadat hy op 14 Oktober tydens spitsverkeer in 47 voertuie ingeploeg het. Die botsing het vier mense se lewens geëis en 16 mense beseer.

Hy staan tereg op vier aanklagte van strafbare manslag en ʼn aanklag van roekelose of nalatige bestuur.

Maruding is al voorheen aan strafbare manslag sowel as roekelose of nalatige bestuur skuldig bevind vir twee voorvalle wat in Viljoenskroon in die Vrystaat plaasgevind het.

Hy is in 1996 in hegtenis geneem vir roekelose of nalatige bestuur. Hy is ʼn jaar later tot 18 maande tronkstraf gevonnis, wat vir vier jaar opgeskort is.

In 1999 is hy in hegtenis geneem en skuldig bevind aan strafbare manslag. Sy skuldigbevinding het veroorsaak dat sy opgeskorte vonnis herroep word, en hy het daarna 18 maande agter tralies deurgebring.

Lees alles oor die Alberton-ongeluk hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

Ek wonder of die ou nie dalk ook een is van die Rooi Bert Brigade nie !!!!

Johan ·

Ek wonder of die ou nie dalk ook een is van die Rooi Bert Brigade nie !!!!

Louis ·

Dit is omdat Werkgewers nie meer navraag doen voor hulle iemand in diens neem nie !
Veral vervoerkontrakteurs !! Die betrokke Maatskappy behoort ook aangekla te word !

Suzette ·

Stem, 1996 – roekelose of nalatige bestuur – 18 maande opgeskort vir 4 jaar. 1999 – Strafbare manslag – dien 18 maande uit. 2014 Weereens strafbare manslag(4klagte) en roekelose of nalatige bestuur. Hoeveel mense se lewens het hy nie daardie swart Dinsdag omgekeer nie? Verwyder hom, duidelik kan die moordenaar nie bestuur nie. En na sy vorige veroordelings leer hy nie, hy ploeter net aan. GEEN BORG nie asb! Vir diesulkes is die vragmotors wat hulle bestuur moordwapens. Vragmotor eienaars behoort al hulle bestuurders se rekords na te gaan voor indiensneming.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.