Alberton-ongeluk: Trokbestuurder vandag in hof

'n Foto van die ongelukstoneel

‘n Foto van die ongelukstoneel

Die vragmotorbestuurder wat glo Dinsdag se noodlottige kettingbotsing op die N12 in Alberton, Johannesburg, veroorsaak het, verskyn Donderdag in die Palmridge-landdroshof.

Die man is Woensdagmiddag by sy huis in hegtenis geneem op aanklag van strafbare manslag.

Die bestuurder beweer die vragmotor se remme het onklaar geraak voor hy tydens spitsverkeer in ongeveer 50 voertuie ingeploeg het. Die botsing het vier mense se lewens geëis en talle is beseer.

Klik hier om foto’s van die ongeluk te sien.

Klik hier om ʼn video te sien wat ná die ongeluk geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.