Alberton-ongeluk: Trokbestuurder weer in hof

Isaac Wade Maruding. Foto: SAPA

Isaac Wade Maruding. Foto: SAPA

Isaac Wade Maruding, die vragmotorbestuurder wie se vragmotor in Oktober tydens spitsverkeer op die N12 in Alberton, Johannesburg in talle voertuie ingeploeg het, verskyn weer Woensdag in die Palmridge-landdroshof.

Maruding so vorige hofverskyning was op 27 Oktober, waar hy op borgtog van R7 000 vrygelaat is.
Sy borgtogvoorwaardes behels dat hy onder andere slegs by ʼn spesifieke adres in Viljoenskroon, Vrystaat mag bly. Hy moet ook elke Maandag tussen 07:00 en 19:00 by die plaaslike polisiestasie aanmeld, en moes sy rybewys inhandig.

Hy het reeds aangedui dat hy onskuldig gaan pleit. Hy voer aan dat die vragmotor se remme onklaar geraak het.

Maruding staan tereg op vier aanklagte van strafbare manslag en ʼn aanklag van roekelose of nalatige bestuur.

Hy is al voorheen aan strafbare manslag sowel as roekelose of nalatige bestuur skuldig bevind vir twee voorvalle wat in Viljoenskroon in die Vrystaat plaasgevind het.

Maruding is op 15 Oktober in Potchefstroom in hegtenis geneem nadat hy op 14 Oktober tydens spitsverkeer in nagenoeg 50 voertuie ingeploeg het. Die botsing het drie mense se lewens geëis en 16 mense beseer.

Lees alles, en sien beeldmateriaal van die Alberton-ongeluk hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marietjie ·

Reeds voorheen skuldig bevind en steeds met ‘n lisensie op die pad? Maklik om te sê die remme het onklaar geraak. Sluit hom hierdie keer toe.

genoeg is genoeg ·

Laat die remme nagaan.Gesinne en lewens is verwoes deur n man wat al voorheen skuldig was.Sluit hom toe neem sy lisensie weg..Hy verdien nie om op ons paaie te wees nie.BESLIS n GEVAAR VIR ANDER PADGEBRUIKERS,

Nina ·

Ek wil graag weet HOE hy ‘n lisensie het? PDP? Nie met kriminele rekord!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.