Alberton-ongeluk: Trokdrywer vas

Foto: Ridz @ridz801/Twitter

Foto: Ridz @ridz801/Twitter

ʼn Vragmotorbestuurder is in hegtenis geneem ná Dinsdagoggend se kettingbotsing op die N12 in Alberton, Johannesburg wat die lewens van twee mense geëis het.

“Die bestuurder is in hegtenis geneem en die voorlopige ondersoek dui daarop dat die ongeluk veroorsaak is deur die vragmotor se remme wat onklaar geraak het,” het Dipuo Peters, minister van vervoer, gesê.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het vroeër gesê drie mense is kritiek beseer in die ongeluk waartydens ʼn vragmotor in meer as 40 motors ingeploeg het. Volgens Steinmann het ʼn verdere 17 mense ernstige tot ligte beserings opgedoen in die ongeluk. Paramedici het aanvanklik gesê 45 mense is in die ongeluk beseer.

Die ongeluk het omstreeks 7:30 Dinsdagoggend plaasgevind. ʼn Vragmotor, ʼn petroltenkwa en nagenoeg 45 motors was in die ongeluk betrokke.

Klik hier om foto’s van die ongeluk te sien.

Klik hier om ‘n video te kyk wat na die ongeluk geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cornelius ·

Ek stem nie sam met die “cover up” van remme wat onklaar geraak het nie . n vragmotor mag nie meer as 80 km per uur ry nie. Doen jou self n guns en ry vandag agter a paar en kyk wat is die spoed.Die vragmotor bestuurder vat verantwoordilikheid sodra hy agter die stuur in klim. Volgens k53 is dit jou plig om als na te gaan voordat jy ry.ek sien dat HULLE nouweer die eienaar verantwoordelik wil hou.wat het geword van af “gear” die bestuurder dink nie, want of hulle praat op selfone of eet terwyl hulle bestuur.

Willie ·

As dit die geval is dat die vragmotor se remme onklaar geraak het, kla dan ook die eienaar aan vir moord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.