Alberton-ongeluk: Vragmotorbestuurder môre in hof

alberton-n12-ongeluk

‘n Foto van die toneel. Foto: Ridz @ridz801/Twitter

Die vragmotorbestuurder wat glo Dinsdag se noodlottige kettingbotsing op die N12 in Alberton, Johannesburg, veroorsaak het, sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn op aanklag van strafbare manslag.

Die man is eers Woensdagmiddag by sy huis in hegtenis geneem, en nie Dinsdag ná die noodlottige ongeluk soos wat aanvanklik berig is nie.

Kapt. Doniah Mothutsane, polisiewoordvoerder, het ook aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag, en nie ʼn saak van moord soos vroeër berig is nie.

Die man sal in die Palmridge-landdroshof verskyn.

Oor die verwarring oor die man se aanvanklike inhegtenisname het Mothutsane gesê die bestuurder is ná die ongeluk na die polisiestasie geneem, maar dit was bloot om sy verklaring te neem. “Hy is nie in daardie stadium in hegtenis geneem nie, hy was ook nie Dinsdag in polisie-aanhouding nie,” het sy bevestig.

Sy het gesê die polisie is steeds besig om verklarings van ooggetuies te neem.

Die bestuurder voer aan die vragmotor se remme het onklaar geraak voor hy tydens spitsverkeer in verskeie voertuie ingeploeg het.

Dipuo Peters, die minister van vervoer, het Dinsdag eerste die nuus gedeel dat die bestuurder in hegtenis geneem is. “Die bestuurder is in hegtenis geneem en die voorlopige ondersoek dui daarop dat die ongeluk veroorsaak is deur die vragmotor se remme wat onklaar geraak het,” het sy gesê.

Ismail Vadi, LUR van paaie en vervoer, het Woensdag gesê die vragmotor se eienaar moet ook vervolg word as die vragmotor se remme onklaar geraak het. Hy het gesê die ongeluk is miskien een van die ergstes wat die provinsie ooit getref het.

Klik hier om foto’s van die ongeluk te sien.

Klik hier om ʼn video te sien wat ná die ongeluk geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Willie ·

Daar is mense dood deur sy toedoen dan is dit mos moord. Kla hom dan aan vir moord.

carel ·

Kyk wat se die wetgewers/beamptes – unies moet help om trok drywers te beskerm?? Dit is maklik ek werk met die tipe voertuie – wat mense en drywers nie weet nie is dat daar 3 verskillende rem kanale op so n vrag motor is (voor wiele op een baan, agterwiele(diffs) op die 2de baan en dan die sleepwa se brieke) – dit beteken as daar n lug pyp op een van die 3 stelsels bars sal die ander 2 nog werk – die trok het ook n stelsel wat lees as die briek geaktiveer word en sien lug gaan verlore en daar is nie druk in die lyn nie sal hy die ander lyne se “emergincy” lug uitlaat sodat die meganise briek geaktiveer word dmv a veer(spring).

Wat ek basies hier se is dat brieke nie regtig kan vaal nie – behalwe as die briek verstelling laag is of die pedaal “valve” binne in die trok verkeerd geinstaleer is.

Kom ek se jou wat in 99% van die gevalle gebeur – n drywer ry teen n hengse spoed (te vinnig vir die betrokke omstandighede) met n voertuig wat in totaal saam met die vrag 56 ton weeg – dan wil hy vinnig stop maar die remme oorverhit nou en wanneer die remskoene bo n sekere tempratuur verhit het die voertuig nie meer remme nie (totdat die temperatuur daal) – so die drywer veroorsaak die probleem deur sy swak bestuur styl en as hy dan n ongeluk maak dan blameer hy eerste die voertuig.

As n mens die rem dromme verwyder kan jy normaalweg sien dat die gom ”ressen” wat die veesels van die skoen bymekaar hou uit gekook is wat dan n aanduiding is dat die drywer die remme laat oorverhit het – dit is dan die drywer fout nie die trok nie – ek dink net nie ons verkeersbeamptes weet dit nie.

Ons hoop die trok het n goeie “tracking” stelsel wat sal wys wat die areme ou drywertjie gedoen het.

Andries ·

Kry mense wat trokke kan bestuur, betaal hulle n goeie salarus.

Drieks ·

Ek stem Andries. Hierdie vragmotor bedryf is groooot geld en die base swem in oorsee vakansies, vakansie huise en ry motors van tot ‘n miljoen rand en vrou lief sin ‘n half miljoen. En vra die base wat is die ou wat al daardie geld in bring vir hom se salaris. ????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.