Aleit Swanepoel sterf

Aleit Swanepoel (Foto: Aleit Swanepoel/Facebook)

Die Aleit-groep het Maandagmiddag in ʼn mediaverklaring op die sosialemediaplatforms Facebook en Instagram bevestig die aanbieder en groepshoof, Aleit Swanepoel, het in sy slaap gesterf.

“Daar is geen verdere inligting om tans te deel nie, maar ons vra dat u sy familie in u gedagtes sal hou terwyl hulle deur hierdie moeilike tyd gaan,” lui die verklaring wat die groep uitgereik het.

Die Aleit-groep het Swanepoel as ʼn innoveerder, perfeksionis en kreatiewe genie beskryf wie se flambojante persoonlikheid en toewyding baie gemis sal word.

“Ons sal voortgaan om sy groot nalatenskap deur alle Aleit-ondernemings en -entiteite te handhaaf en te koester.”

Swanepoel was veral bekend vir sy werk as die aanbieder van die kykNET-kletsprogram, Tyd met Aleit.

“As jy op skool vir my, die seun van ʼn nederige pastoor op Worcester, gesê het ek gaan eendag die aanbieder van my eie program op kykNET wees, sou ek nooit kon dink dit is die waarheid nie. Maar ek is nederig gelukkig oor hoe ver ons gekom het,” het Swanepoel in 2020 aan Maroela Media vertel terwyl hy oor sy bekende kykNET-program gesels het.

Swanepoel was ook ʼn geleentheidsbeplanner en die stigter en voorsitter van The Aleit Group.

Talle bekendes soos Rolene Strauss, Vanes-Mari du Toit, Herman Lessing, Mynie Grové en Janie Bay het op die Instagram-plasing hulle skok en medelye met Swanepoel se familie betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Miena ·

Ek het so geniet om na sy program te kyk. Baie innige simpatie met jul verlies.

Tokkel ·

Dit is ‘n groot skok en jammer om dit te hoor. Dink aan die familie en vriende in hierdie hartseer tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.