Alex dae sonder krag ná substasie brand

Die substasie in vlamme gehul. (Foto: ANA)

City Power het Dinsdag gesê hy ondersoek die oorsaak van die brand wat by ʼn substasie in Alexandra in Johannesburg uitgebreek het.

Isaac Mangena, woordvoerder van die nutsmaatskappy, het gesê die brand het Dinsdag omstreeks middagete ontstaan en die substasie heeltemal verwoes.

Meer as die helfte van huishoudings in die nedersetting, veral tussen 2de Laan en 18de Laan, is sedertdien sonder elektrisiteit gelaat.

Volgens Mangena het van die kragkabels teen gistermiddag nog gesmeul wat verhoed het dat tegnici dadelik skouer aan die wiel kon sit om die kragtoevoer na die nedersetting te probeer herstel. Kragkabels is heeltemal in die brand verwoes en sal vervang moet word.

Dié herstelwerk sal dus minstens 48 uur neem om voltooi te word en huishoudings wat geraak word, sal nie voor dan elektrisiteit hê nie.

Die substasie wat gebrand het. (Foto: ANA)

“Daar word vermoed dat vandalisme moontlik die oorsaak van die brand kan wees aangesien van die substasie se hekke oopgebreek was, maar dit sal deel vorm van die ondersoek,” het Mangena gesê.

Die substasie is oor die 50 jaar oud en het sowat twee weke gelede óók vlam gevat wat die nedersetting vir twee dae sonder elektrisiteit gelaat het.

Mangena het verseker dat daar reeds met die proses begin is om ʼn nuwe substasie te bou om infrastruktuur in Alexandra te verbeter. Daar is R16 miljoen vir die finansiële jaar begroot vir ʼn nuwe substasie.

City Power het sy kliënte om verskoning gevra vir die ongerief wat deur die jongste voorval veroorsaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Bert

City power vra om verskoning????
Elke keer as ek vir myself besluit: niks of niemand in die nuwe SA gaan my meer verbaas nie, lees ek dit!

Gert van Wierdapark

Gee my krag! Ek kan die vandalisme nie meer VAT nie!!!

Willie

Afbreekend, kan niks opbou, en dan gooi hulle handjies in die lug… verstommend, dan vra City Power nog onverskoning?

AndreD

‘n Energie kenner het begin 2018 gewaarsku dat die substasies binnekort gaan begin ontplof as gevolg van ‘n gebrek aan instandhouding/opgradering. Hierdie een is al die vyfde of sesde een hierdie jaar. So……daar gaan nog baie ontplof.

Melissa

Die substasie by ons het laasjaar ook toevallig in Julie afgebrand…was 21dae sonder krag..en ons het oorleef.Niemand het onverskoning vir dit gevra nie