Alexander Forbes-man bedank oor #GuptaLeaks

Alexander Forbes, Johannesburg (Foto: Google Maps)

Alexander Forbes Group Holdings het Maandag aangekondig dat sy beleërde nie-uitvoerende direkteur, Moses Kgosana, met onmiddellike effek uit die raad bedank het.

Kgosana, ʼn voormalige uitvoerende hoof van die ouditeursfirma KPMG, sou op 31 Augustus as voorsitter begin by die finansiële en risikodiensteverskaffer, maar het nou van dié rol onttrek.

Dit het verlede week tydens die #GuptaLeaks-e-posse aan die lig gekom dat Kgosana nou bande gehad het met Atul Gupta terwyl KPMG ouditeure en raadgewers was vir die Oakbay Group wat deur die Gupta-familie besit word.

Volgens die ondersoekende joernaliste van AmaBhungane, het die Guptas na bewering ongeveer R30 miljoen, wat geoormerk was vir die Vrystaatse Suiwelprojek, deur hul maatskappy, Linkway Trading (Edms) Bpk verduister en KPMG het toegelaat dat die geld vir hul luukse troue in 2013 as ʼn “sake-uitgawe” afgeskryf kan word.

“Sedert hy bewus geraak het van onlangse beweringe wat gepubliseer is oor KPMG wat verband hou met sy vorige posisie as uitvoerende hoof en senior vennoot van KPMG, het hy geglo dit is die regte ding om te doen vir homself, die maatskappy, sy kliënte en aandeelhouers,” het Alexander Forbes in ʼn verklaring oor Kgosana gesê. “Alexander Forbes verwelkom sy besluit.”

Die huidige voorsitter, Sello Moloko, sal intussen aanbly as nie-uitvoerende voorsitter en het Kgosana bedank vir sy bydrae as direkteur die afgelope twee jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Pieter Ellis ·

Nou ja Moses, die vraag is of jy nogsteeds sou kop uittrek indien jou skandes nie ontbloot was nie. Ek dink nie so nie. Nou skielik doen hy dit in belang van die maatskappy en kliente. Tyd om n leefstyl oudit op hom te doen.

Vryheid ·

Onthou net wie het hom aangestel -Die is die beleggings maatskapye wat ons met ons geld vertrou.

Vryheid ·

Lekker steel ons manne nou, elke korrupte amptenaar, minister en CEO maak seker hulle kry hul pond vleis voor als in duie stort.

Stiena ·

Geen wonder dat sommige groot finansiele instellings jare lank al nie besigheid met KPMG wil/wou doen nie.

Ek ook ontnugter ·

Ek het ook alle bande met KPMG gesny. Hulle moet wereldwyd ondersoek word.

Uitskietstoel ·

Ek het my nog altyd verwonder aan die uitskietstoel by vegvliegtuie. Sodra jou vliegtuig poertes moertes is dan druk jy net ‘n knoppie en siedaar daar raak jy ontslae van die probleem. Nou weet ek dat daar ander goete is wat óók toegerus is daarmee.

Paul ·

Net gedurende die naweek het KPMG nog alles driftig ontken en gesê hulle verwelkom ‘n ondersoek. Wat nou KPMG?

Hannes Oberholster ·

Indien KPMG wel skuldig is kan hulle nie voortbestaan as groep nie. Hulle is betrokke by baie stelsels wat deur Gupta organisasie ontwikkel word. Indie bed saam Zuma??,

Chekoree ·

Kom Probeer Meer Gaps se ware kleure kom nou na vore en hulle het die transaksie toegelaat en nou ewe skielike is hulle die “heiliges”!

Cherokee ·

Nee, jy is verkeerd, Hy is waarskynlik deur KPMG gedwing om te bedank.

PENSEJOEN ·

Ja so paar jaar terug is mense op myne se pensejoen weg gevat by hulle want almal se geld het skielik baie minder geword . Ek wens hulle wil daai klomp regtig goed oneder soek . Ons soek ons geld terug .

Chris ·

Ek het tot die grootste skok in my lewe tot die besef gekom dat die grootste skurke/boewe/struikrowers in die land die mense is van wie jy dit die minste verwag. Ek gaan nie my kop in ‘n bynes indruk nie, maar krap bietjie dieper en word wys.

Yster ·

En daar word die blik wurms nou groter oopgemaak. Daar kom nog baie wurms voorentoe. Ek wonder net hoeveel ander klieënte het KPMG gehelp om miljoene sommmer so af te skryf . KPMG. Beteken dalk Kom Party Met Guptas. Hoeveel is hulle betaal om R 30 milj af te skryf.

marlene ·

Stem met Cherokee – hy’s beslis gevra om te bedank.
Dis net vir my ongelooflik dat mense dink om te bedank, is jy skotvry van jou wandade. Hy moet nog steeds ondersoek, vervolg en gevonnis word, soos enige ander landsburger.

marlene ·

Ons moet maar begin om soos ons voorvaders ons geld onder die matras weg te steek. Dis al.

janee ·

Ongelooflik hou vêr die Guptas se tentakels strek….kan steeds nie glo dat een familie n hele land kan kaap nie …en weg kom daarmee nie.

MCH ·

KPMG het n verklaring uitgereik waar hy sê hy staan by sy oudit. Hul het ook onttrek as ouditeure van die Oakbay groep so n jaar of wat gelede. Hul inkomste uit die groep volgens berigte uit die tyd is geraam op R38m per jaar. Hul gee ook volle samewerking aan die ondersoek. Die proseduriële maatreels in plek tydens oudit maak so n voorval bykans onmoontlik tensy daar wye samespanning is om so n misdaad te pleeg. Wat wel te kritiseer is, is dat BEE so genadeloos gedryf word deur ouditfirmas dat hul, hul oopstel daartoe om twyfelagtige karakters op die direksie te kry ter wille van die BEE tellingskaart.

BEE ·

word oral genadeloos gedryf met die daaropvolgende ineenstorting van alle waardes en integriteit. Just another day in Africa.

Hettie Visser ·

Ek glo dat die finansiele mag wat die Guptas in die land het, se omvang nog nie ten volle blootgestel is nie. Hou aan met krap, die pot wurms gaan nog ontbloot word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.