Alexandra-skietery: Oorledenes se name bekend

Die Alexandra-polisiestasie. Foto: Skermskoot/Google Maps Earth

Die Alexandra-polisiestasie. Foto: Skermskoot/Google Maps Earth

Die polisie in Gauteng het Donderdag die name bekendgemaak van die vyf mense wat Woensdagaand in Alexandra, noord van Johannesburg, doodgeskiet is.

Konst. Masie het vier mense by die Alexandra-polisiestasie doodgeskiet en is later tydens ʼn skietgeveg met die polisie by sy huis doodgeskiet.

Die oorledenes is geëien as Sowela Anna Nkula, die konstabel se vrou, en Stephina Semenya en Mathews Mabayi wat saam met Nkula na die polisiestasie is om ʼn klag van huishoudelike geweld aanhangig te maak. ʼn Vierde persoon, maj. Thomas Moetlo, is ook deur Masie doodgeskiet.

Masie was ʼn hofordonnans by die Alexandra-landdroshof. Hy het glo omstreeks 18:00 by die polisiestasie aangekom waarna hy die vrou, twee ander mense en die polisiemajoor doodgeskiet het. Hulle is almal op die toneel dood verklaar.

Masie het daarna van die toneel gevlug. Polisiebeamptes het Masie na sy huis gevolg waarna hy op hulle losgebrand het. Die beamptes het teruggevuur en Masie is doodgeskiet.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.