Alexandria-boer sterf ná wrede aanval

Riaan Scheepers by sy drie kinders, Bianca, Simone en Christo. Foto: Verskaf

Riaan Scheepers (62), die beesboer wat op 25 November wreed tydens ʼn plaasaanval in die Alexandria-omgewing in die Oos-Kaap aangerand is, het Dinsdagmiddag in die hospitaal gesterf.

Bianca Scheepers, Riaan se dogter, het dié nuus aan Maroela Media bevestig. “Hy is gistermiddag [Dinsdag] oorlede. [Dit was] baie onverwags,” het Scheepers gesê.

Sy het namens die familie mense bedank vir hul omgee en ondersteuning in hierdie tyd.

Maroela Media het vroeër berig Scheepers is tussen 08:10 en 09:00 op ʼn Saterdagoggend oorval toe hy by sy huis op die plaas, waar hy al 27 jaar lank met vleisbeeste boer, ingestap het. ʼn Plaaswerker het hom hoor skree, maar die werker is deur een van die aanvallers oorval voordat hy hulp kon ontbied.

Scheepers en die werker is albei in die sitkamer van die huis vasgebind en die werker is geblinddoek. Die werker het gehoor hoe twee aanvallers vir Scheepers erg aanrand voordat hulle uiteindelik met ʼn selfoon, ʼn rewolwer en ʼn bakkie op die vlug geslaan het. Die bakkie is later die dag teruggevind.

Scheepers is ná die aanval in die waakeenheid van die Netcare Greenacres-hospitaal in Port Elizabeth opgeneem. Hy het vier skedelkrake en talle steekwonde aan sy kop opgedoen.

Hy is aanvanklik in ʼn geïnduseerde mediese koma geplaas, maar later is die verdowing gestop. Hy het egter steeds in ʼn koma gebly. Bianca het verlede week aan Maroela Media gesê haar pa se breinaktiwiteit styg nooit hoog genoeg dat hy iemand se hand kan druk of enige reaksie kan toon nie.

Siphamandla Petse (24) is op 1 Desember in verband met die aanval op Scheepers in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

ACCA ·

As dit nie n rassistiese aanval was nie dan weet ek nie. Werker word net vasgemaak en boer word wreed aangeval, so erg dat hy later sterf van die aanval.

Leeu ·

Ek stem ACCA, plaasaanvalle is slegs agv vel kleur, talle ander aanvalle ook die werkers vasgebind maar net die boer en sy familie aangerand en vermoor, rassehaat, hatecrime, maar dié gaan seker weer net “huisroof” wees.

Gesiggie ·

My innige meegevoel aan jul as Familie… Mag God jul dra deur die Hartseer tyd. Alle sterkte

Hans ·

Sterkte aan die familie. Ek het nie ander woorde nie. Jip mens kan dit moeilik anders sien as rassehaat. Maak nie saak hoe hard mens probeer om positief te bly en net te hoop en vertrou dat ons wel ander kant sal uitkom, dan gebeur dit oor en oor en breek daardie positiewiteit af. Soos ek gesê het boerdery is in jou hart mens doen dit nie vir die geld nie want daar is nie so baie vir dit wat ingesit word nie. Hy het ook letterlik sy lewe gegee vir die land en sy mense. Dankie vir al die ander boere wat nog voort boer. Mens kan ook net op een plek op een slag wees……………

Pieter van Niekerk ·

Plaasmoorde word meer omdat die moordenaars word meer. En hulle word nie gevang nie maar eerder aangemoedig.

Andrea ·

Ek is so bitter jammer! So gehoop h herstel ten spyte van die verskriklik brutaliteit van die aanval. Sterkte aan sy gesin, vriende en familie.

Thea ·

Tragiese nuus! Sterkte aan die kinders en sy geliefdes. Rus saggies by Jesus.

Meraai ·

Het soveel hoop gehad dat hy sal reg kom,eks geskok,sterkte aan familie en vriende,my hart is so so seer saam met julle,julle is in ons gebede.

Speedguard ·

Dit gaan net onverpoos aan en aan, daar is net geen einde nie, probeer posetief bly maar hoe? Ons is uitgelewer aan die bose!!

Martie Allers ·

Riaan, rus in vrede.

Ek BID vir Die familie En vriende vir kalmte, vrede En sterkte in hierdie

Nita ·

Volksmoord uit en uit. Wrede rassisme wat afgemaak word as rooftogte. En steeds swyg die regering soos die graf.

Ekke ·

Moord moet bygevoeg word.dit is nog steeds asg.aanranding wat dood veroorsaak het…as dit nie gebeur het nie .was die man nie dood nie .Punt

Rikag ·

Sterkte aan die familie bid vir julle mag die Vader julle toevou in sy hande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.