Algehele afsondering: ‘Indiensnemingskatastrofe’ dreig

hh-armoede-luister

(Argieffoto: Helpende Hand)

Toenemende druk op Suid-Afrikaanse sakeondernemings benodig dringende regeringsingryping om die verwoestende uitwerking van die staat van algehele afsondering teen te werk.

Só waarsku die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) nadat die Reserwebank boonop vroeër bekend gemaak het dat ʼn geraamde 360 000 werkgeleenthede weens die afsonderingstydperk verlore kan gaan en sowat 1 600 ondernemings hulle deure gaan moet sluit.

Kommer onder werkgewers en werkers landwyd word boonop vererger deur bespiegeling dat die afsonderingstydperk ná 16 April verleng kan word. Die IRV sê dit kan teen ʼn veel groter ekonomiese koste wees.

Daar is groeiende desperaatheid onder werkloses en diegene wat honger ly en dit verhoog die gevaar dat mense die afsonderingsmaatreëls gaan begin verontagsaam. Dit kan ook al hoe meer Suid-Afrikaners aan infeksie blootstel.

Duisende mense ontvang reeds voedselhulp.

“As maatreëls wat die verspreiding van die virus bekamp, veroorsaak dat Suid-Afrika in ʼn ekonomiese depressie verval, met miljoene mense wat sonder werk sit, gaan die maatreëls eindelik geen oplossing wees nie,” waarsku Nicholas Babaya, ʼn senior ontleder en navorser verbonde aan die IRV.

Die IRV sê verlede week se skielike toename in werkloosheidsversekeringseise in die VSA – ʼn verstommende 6,6 miljoen eise is ingedien – moet as ʼn waarskuwing dien vir Suid-Afrika wat die krisis op ʼn veel swakker ekonomiese voet binnegegaan het.

(Foto: Frantisek_Krejci/pixabay)

“Selfs sonder die 21 dae lange afsonderingstydperk sou die land in ʼn benarde finansiële posisie gewees het. Die afsonderingstydperk het die druk beduidend verhoog. As die ekonomiese druk nie verlig word nie, bestaan die gevaar dat die isolasiemaatreëls verontagsaam gaan word omdat mense, uit desperaatheid, dit gaan ignoreer,” sê Babaya.

Die instituut sê die regering moet dringend wegdoen met die konsep van “noodsaaklike dienste” en enige sakeonderneming toelaat om sy bedrywighede voort te sit as dit nie ʼn ernstige gevaar vir openbare gesondheid inhou nie.

“Nie net is mense se inkomste op die spel nie, hulle lewens is ook.”

Hy sê arbeidswetgewing moet aangepas word sodat mense in diens geneem kan word en verkwistende staatsbesteding moet hokgeslaan word sodat die regering sakeondernemings kan help oorleef.

“Vir Suid-Afrika om die langtermynsukses van die afsonderingsmaatreëls te verseker, moet die mees kwesbare mense beskerm word. Stappe moet dringend gedoen word om te verseker mense kan produktiewe, ekonomiese bedrywighede hervat,” sê Babaya.

Hy sê ook reddingsboeie aan mislukkende staatsbeheerde ondernemings moet dadelik gestaak word en die geld daarvoor moet eerder aangewend word om sukkelende sakeondernemings en gewoonlik produktiewe werkgewers te help om aan die gang te bly en hul werkers se salarisse te betaal.

Ingevolge die uitgebreide definisie raak Suid-Afrika se werkloosheidskoers net-net aan 40%. Vir elke 100 Suid-Afrikaners met werk, is daar 260 wat nie werk het nie. Sedert 1994 het die werkloosheidsyfer boonop verdriedubbel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

D ·

As die staat nie so ras behep was nie sou die werkloosheidsyfer baie kleiner gewees het as hulle nie bee ingestel het selfde inplaas van bee moes hulle swart mense bygestaan het om nog besighede op die been te bring en so nog werk te skep maar nee kom ons maak als oor ras

Jaco ·

wit mense sal seker nie weer werk kry nie. dis mos maar deel van die ewige straf wat ons moet dra weens apartheid
maar ek wonder tog: as baie van our people nou ook benadeel word en ook nie kan werk kry nie, wat dan?

Lorette ·

Ek stem saam met hierdie artikel. Sit liewers by die kantoor as wat ek by die huis sit en bekommerd is oor wat die uiteinde van die Covid-19 gaan wees. As elke maatskappy/werkgewer daarop ingestel is dat hul werknemers al die nodige veiligheidsmaatreëls nakom, dan behoort dinge uit te werk. Baie mense is in elk geval in die strate en gee geen gehoor aan die inperking nie. Ek praat van wat ek persoonlik beleef, aangesien ek ook in sekere omstandighede moet ingaan kantoor toe.

Roebs ·

Wil net weet wat gaan ons regering doen en hoe gaan hulle die mense help wat se besighede toe maak weens die afsondering? Dis baie hartseer dat mense hulle werk verloor en ook besighede hulle deure toemaak… Waar gaan dit eindig?

Stefan ·

Ek sou ook bekommerd wees, dit word van werkgewers verwag om aan te hou lone betaal tot hulle bankrot is want als draai mos om die werkers die werkers die werkers.
Waar gaan hulle werk kry as die Corona verby is maar die plekke is bankrot gesuig?

Jannie van Niekerk ·

Ek wonder of die regering al daaraan gedink het: Indien 360 000 mense hulle werk verloor beteken dit dat daar ten minse as gevolg daarvan 1 080 000 mense sonder kos sal wees. Elke werknemer het ten minste twee afhanlikes, party meer. Jy kan ook nie sakemanne wat hulle besighede sluit, kwalik neem nie. As daar nie verkope is nie, is daar nie inkosmte nie. Ekonome en Edcon se baas sê wel reël met jou krediteute dat jy hulle nie kan betaal nie. As jou krediteure nie betaal word nie, het hulle ook nie inkomste nie en kan hulle ook nie hulle verpligting nakom soos bv om salarisse te betaal nie. Nog meer werkloosheid. Hierdie inperking gaan die SA ekonomie totaal vernietig en dit sal oor 10 dekades nie ingheaal kan word nie. Die gevolge van werkloosheid gaan baie meer lewens eis oor die langtermyn as COVID19

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.