Algehele reisverbod weens ebola-uitbreking

Argieffoto

Argieffoto

Die minister van gesondheid het Donderdag ʼn onmiddellike reisverbod geplaas op nie-Suid-Afrikaanse burgers van lande wat deur die ebola-uitbreking geraak word.

“Daar is ʼn algehele reisverbod geplaas op enige reisigers van lande wat ʼn hoë risiko inhou (Guinee, Kenia en Sierra Leone), tensy die reis as absoluut noodsaaklik beskou word,” het minister Aaron Motsoaledi aan verslaggewers in Pretoria gesê. “Suid-Afrikaanse burgers wat hierdie lande wil besoek moet hul reisplanne uitstel, tensy dit absoluut noodsaaklik is vir hulle om te reis.”

Motsoaledi sê Suid-Afrikaners wat van Wes-Afrika-lande af kom sal aan ʼn streng keuringsproses moet voldoen en selfs medies ondersoek word. “Hulle sal ʼn omvattende gesondheidsvraelys moet voltooi voordat hulle in die land toegelaat word,” het hy verduidelik.

Mense wat van medium en lae risiko-lande soos Nigerië en Ethiopië reis, sal steeds aan die normale ondersoek onderwerp word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gerhard Bezuidenhout ·

Maroela Media kry asb. jul feite reg voordat julle weer my kommentaar soos gewoonlik verwyder. Maak seker of Kenya deel van die verbod is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.