Algemene Sinode van die NG Kerk gekenmerk deur Rubicon-besluite

NG-kerk-logo

Foto: Ngkerk.org.za

“Ons moet vandag vra watter interpretasie van die Bybel ons gaan kies: Die Bybel wat streng nakoming van die wet vereis of die Bybel wat Jesus Christus as liefdevol en barmhartig interpreteer? Kan ons vandag nog die Bybel gebruik om mense uit te sluit van die liefde van Jesus Christus?” het ds. Fay van Eeden van die NG gemeente Lynnwood op die vierde dag van die Algemene Sinode van die NG Kerk gevra. Lees haar boodskap.

Hierdie woorde van ds. Van Eeden kan as profeties beskou word teen die agtergrond van die netelige kwessies wat verlede week by die sinode gedebatteer en beslis is.

Sestiende vergadering van die Algemene Sinode van die NG Kerk

Die Nederduitse Gereformeerde Kerk bestaan uit 10 samestellende sinodes en 1 100 gemeentes landwyd. Altesaam 200 afgevaardigdes van die samestellende sinodes het verlede week in Pretoria bymekaargekom vir die tweejaarlikse Algemene Sinode. Die afgevaardigdes het predikante én kerkraadslede ingesluit.

Ds. Nelis Janse van Rensburg, leraar van die NG gemeente Welgemoed en moderator van die sinode van Wes- en Suid-Kaapland, is tot nuwe moderator verkies in die plek van prof. Nelus Niemandt.

Die agenda en aanvullende agenda was lywige dokumente wat meer as 500 bladsye beslaan het en het verskeie “harige” sake ingesluit. Twee sake wat egter die mees omstrede gesprekke tot gevolg gehad het, was die stemming oor die uitslag van die stemming rondom die Belydenis van Belhar en die verslag oor selfdegeslagverhoudings.

Die gesprekke en debat was egter nie al wat die temperatuur in die saal van die Afrikaanse Hoër Seunskool laat styg het nie. Die week van 4 tot 9 Oktober is gekenmerk deur ’n landwye hittegolf en temperature in die Jakarandastad het tot 37 °C gestyg.

Hoewel die omstrede besluite rondom selfdegeslagverhoudings tans die media oorheers, kan die Algemene Sinode nie tot hierdie besluite gereduseer word nie.

Vroue by die sinode

’n Teleurstellende klein aantal vroue het die vergadering bygewoon. Minder as 30 van die afgevaardigdes was vroue en net ses van hierdie vroue was leraars. Ds. Norma Rossouw, moderator van Wes-Transvaal, is die enigste vrouemoderator. Dit is verbasend aangesien NG vroue reeds 25 jaar lank op gelyke voet met mans verkeer. Hulle word sedert 1990 tot alle ampte toegelaat. Tans is daar slegs 219 vroue onder die 2 172 predikante en proponente. Daar was wel vele vroue op die diensspanne wat die sinode help reël het en toegesien het dat alles seepglad verloop.

Die sinode het Donderdag 8 Oktober deelgeneem aan die Thursdays in Black-inisiatief. Thursdays in Black vra dat deelnemers elke Donderdag swart klere dra in protes teen verkragting en ander geweld teen vroue.

Afgesien van ds. Fay van Eeden, het twee ander vroue ook gedurende die week gepreek:

Dr. Marina Strydom van die gemeente Pretoria-Oos het die sinode in Ooskerk geopen. Sy het Richard Rohr, ’n Franciskaanse teoloog, aangehaal. Hy wys uit hoe selektief Christene soms met dualistiese denke en paradokse omgaan. Volgens Rohr bemoei ons ons dikwels met sake waaroor Jesus bykans geen uitspraak gelewer het nie en sien ons gerieflikheidshalwe heelparty van Jesus se uitdagende stellings (soos om jou goed te verkoop en aan armes te gee) oor die hoof. Sy het benadruk dat God se realiteit veel groter as ons eie perspektief is.

Me. Annemie Bosch het die derde dag se verrigtinge met ’n kort boodskap begin. Annemie is nie net die eggenoot van wyle prof. David Bosch nie, maar ook missionaris en teoloog uit eie reg.

Groen sinode

Die sinode was die eerste “groen” sinode. R1,6 miljoen is gespaar deur die geleentheid by die Afrikaanse Hoër Seuns- en Meisieskool as plekke van verblyf en byeenkoms aan te bied. Verder is glasbottels in plaas van plastiekbottels gebruik en afval in verskillende dromme verdeel vir herverbruik. Sinodenuus, inligting en reklame is ook elektronies uitgestuur om papier te spaar. ’n Toep (app) is ook gebruik.

Die sinode het teruggeploeg in die gemeenskap deur aan elke afgevaardigde ’n sak deur Ingane Yami Children’s Village vervaardig, uit te deel in plaas van die gebruiklike massavervaardigde konferensiesakke.

Belhar

Sinodes, kerkrade en gemeentes moes die afgelope jaar stem oor of die Belydenis van Belhar in die NG Kerk se belydenisgrondslag opgeneem kan word. Hierdie proses het landwyd groot debat uitgelok, maar die uitslag van die stemming was ’n beslissende nee. Die Algemene Sinode het aanvaar dat Artikel 1 van die Kerkorde nie gewysig kan word nie. In ’n pastorale brief aan gemeentes word daar geskryf: “Ons het gehoor van spanning, teleurstelling en ernstige en eerlike worsteling met vrae oor die proses, die uitslae en die moontlike gevolge daarvan vir lidmate, gemeentes, verhoudinge in die NG Kerk en die NG Kerk se verhoudinge met die ander kerke in die NG Kerkfamilie. Ons bede is dat die Here deur sy Woord en Gees nou ná alles weer heling sal bring in die gemoedere van lidmate, ons onderlinge verhoudinge en ons kerk se verhoudinge na buite.”

Later het die gevra dat toestemming verleen word dat streeksinodes voortaan self hulle belydenisskat kan uitbrei. Daar was enkele stemme van teenkanting van die vloer af, maar die vergadering het oorweldigend ten gunste van die voorstel gestem. Dit maak dit vir die Sinode van Wes- en Suid-Kaapland, wat ’n groot behoefte hieraan het, moontlik om die Belydenis van Belhar as deel van sy belydenisgrondslag te aanvaar.

Dieselfde proses moet egter gevolg word wat die afgelope tyd met Artikel 1 gevolg is: ’n Sinode moet ’n wysiging met ’n tweederdemeerderheid goedkeur. Verder moet tweederdes van gemeentes en kerkrade ook met ’n tweederdemeerderheid ten gunste van so ’n verandering stem.

Die jeug is “skokkend positief”

Die Algemene Sinode van 2011 het opdrag gegee dat navorsing oor jongmense in die kerk gedoen word. Hierna is ’n multikerklike navorsingsprojek, Kerklike Jeug en Geloof in Suid-Afrika, van stapel gestuur.

Die resultaat van hierdie projek het so pas op die rakke verskyn: Skokkend positief. Twee redakteurs, dr. Zander van der Westhuizen en prof. Malan Nel, het met 27 skrywers en medewerkers saamgewerk om die inligting te versamel en die boek te skryf.

Die skrywers van die boek het ’n oorwegend negatiewe reaksie verwag toe die studie begin is. Hulle was egter aangenaam “geskok” oor die groot positiwiteit onder jongmense.

Klik hier om die voorwoord gratis af te laai.

Selfdegeslagverhoudings

Die Algemene Sinode van 2015 sal in die toekoms hoofsaaklik onthou word vir die Rubicon-besluite wat rondom selfdegeslagverhoudings geneem is.

“Wat ek weet, is dat gay-wees sentraal aan my is, maar steeds net een aspek van my bly. Daar is baie meer aan my as net my seksualiteit, maar my seksualiteit laat sy voetspore oral agter. Ek weet ook dat ek gebroke is: Niemand hoef my daarvan te oortuig nie. Ja, ek is, maar God is die groter IS. Ek kyk op en raak verlore in sy Heerlikheid,” skryf Dirk Nel in Gaygelowig: ingesluit in die gesprek. Hierdie boek is op die sinode bekendgestel. Die samesteller, dr. Marietjie van Loggerenberg, het onlangs haar proefskrif geskryf oor die effek van die NG Kerk se 2007-besluit oor homoseksualiteit op homoseksuele persone. Die verhale van gaygelowiges is in die boek saamgevat.

In 2013 het die Algemene Sinode ’n taakspan aangewys om ’n studie te doen oor die status van selfdegeslagverhoudings in die lig van die Bybel en Gereformeerde tradisie. Na aanleiding van hierdie opdrag het die Verslag van die Taakspan oor Etiese Riglyne vir Selfdegeslagverhoudings verskyn.

Die punt is ure lank na beide kante toe gedebatteer en daar is drie maal gestem. Klik hier om ’n volledige artikel oor die drie stemmings te lees. Die eerste stemming het die koers aangedui wat die meerderheid afgevaardigdes wou inslaan: Daar is met 102 teenoor 88 stemme aangedui dat die groen lig vir burgerlike verbintenisse tussen gaylidmate gegee word eerder as om nog verdere studies te laat doen.

Hierna het ’n verkose kommissie die besluit oornag verder verfyn om ’n finale besluit te formuleer. Hierdie besluit is met 114 teenoor 63 stemme aanvaar.

Die besluit herbevestig die feit dat slegs die verbintenis van een man en een vrou as ’n huwelik beskou word. Daar word wel in punt 2.4 erkenning gegee aan die status van burgerlike verbintenisse tussen persone van dieselfde geslag wat gekenmerk word deur liefde en trou. Die besluit gaan verder deur toestemming te gee dat selfdegeslagverbintenisse deur predikante wat hulle weg oopsien, bevestig kan word.

Punt 2.6 van die besluit lui soos volg: “Die Algemene Sinode erken die diversiteit van beskouinge oor selfdegeslagverbintenisse binne die NG Kerk en bevestig die reg van kerkrade om hieroor hulle eie standpunte en praktyke te formuleer en te reël.”

’n Taakspan is reeds besig om ’n maklik verstaanbare oorsig van die NG Kerk se reis met homoseksualiteit saam te stel. Dit sal gemeenteleiers bemagtig in die begeleiding van hulle gemeentes.

Die sinode het ook besluit dat 2.4 nie van toepassing is op die sinode van Namibië nie omdat Namibiese landswette nie voorsiening maak vir selfdegeslagverbintenisse nie.

Klik hier om na ’n videogreep te kyk waar die nuutverkose moderator, ds. Nelis Janse van Rensburg, en assessor, ds. Dirkie van der Spuy, praat oor die besluit.

  • Die Sinodebode-webwerf is hoofsaaklik as bron gebruik. Die medewerkers was Neels Jackson, ds. Rudi Swanepoel, Lenois Stander, Marileen Steyn en Liezel Lüneburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Fanie Fourie ·

Ek glo ek is oud en groot genoeg om my eie uitleg aan die bybel te gee soos ek hom leer lees het 50 jaar terug. Net so kan ek ook nou die sinode se besluit sien as n einde van my lidmaatskap van die NG Kerk.

Peet Schabort ·

Nee Fanie, ek voel ook so MAAR hulle wat die onmin saai met Belhar en die Gays wat nou met allerhande truuks dit aan gemeentes wil oorlaat om self te besluit, HULLE IS DIE SPUL WAT MOET LOOP EN ONS WAT DIE MEERDERHEID BY VERRE IS, ONS MOET BLY !!!!!!
Toegegee dat die kerk as baksteengebou nie ‘n gemeente is nie bly dit nog ONS EIENDOM en die ander moet SKOERT !!!!
So Fanie, laat ons bly en met stemming die res uitwerk.

Adoons ·

Ek hoop die Algemene Sinode ondersteun die streeksinodes se reg tot eie standpunte rondom die gay-kwessie met dieselfde ywer as waarmee hulle hul reg tot die opneem van Belhar as belydenisskrif hanteer.

Lyn van Rooyen ·

Dankie vir hierdie redelike en gebalanseerde oorsig, Liezel.

Jan maak n Plan ·

Dis gin n Rubicon tipe besluit nie – dit is n vervlakste skande. Wie is ons dat ons, ons sogenaamde interpetasie van die Bybel mag gee. Die volgende sal seker wees, om die Liewe Vader te wil voorse, wat om te doen en wat nie. Dit staan hard en duidelik in die Bybel en nogal in “plain” afrikaans – gay wees is sonde, kort en kragtig. Nou mag n predikant gay wees en op die kansel preek en die lidmate moet maak soos hy of sy se en nie steel nie, nie egbreek pleeg nie,ens. maar hy verbly hom in die sonde. Ek weet nou nie so mooi nie, maar my goeie verstand se vir my dis n vreeslikke groot fout.

Johannes ·

Ek stem 100% saam. Die Bybel het in ‘n baie lang tyd nie verander nie. En as jy die hele Bybel deurlees en nie versies uit konteks haal nie is dit baie duidelik dat homoseksualiteit ‘n sondeverval is – Romeine 1 beskryf dit duidelik as perversiteit.

Aré ·

Ek neem aan dat jy voel Sodom en Gemora gaan oor gay wees? Lees bietjie verder in die Bybel. Esegiël 16:49 gee die antwoord.

Ben ☺☺☺ ·

Ek het lank gelede al bedank uit die Suid Afrikaanse – Rooms- katolieke kerk.

Hendrik ·

Ek dink die sinode het die pot ver mis gesit. In ons gemeente is gay persone al vir ‘n geruime tyd welkom. Die probleem is dat die Woord nie die soort van lewe
en verbintenisse goedkeur nie. Daar is verskeie tekse wat sê dat dit verkeerd is. Professors en doktore is besig om die Bybel te verdraai en aan te pas sodat dit
hulle pas. Ons word in die Bybel gewaarsku teen hierdie dwaal leraars. Julle sal eendag moet antwoord vir jul dade. Ek lees dat een van die gay leraars meld dat
hy nou met ‘n gesin kan begin. Ek het nog nie teëgekom dat mense van die selfde geslag kan voortplant nie, God het man en vrou geskape om een te word
en die aarde te vul, en sy Woord na die uit hoeke te neem. Selfde geslagte kan nie voortplant nie so dus sal die aarde tot stilstand kom en geen geslagte meer hê
nie. Ek dink julle speel met vuur want nou word pastorie moerder pastorie vader. Dit alles maak net nie logies sin nie. Kan een van julle vir my verduidelik
hoe julle by besluit gekom het. Ons almal sondig maar met die Gees se krag kan jy die sonde oorwin, dus gay mense word nie so gebore (medies bewys) nie hulle kan dan die sonde om gay te wees ook oorwin. Ek wil ook vir julle sê dat die duiwel wel bestaan en hy sulke geleenthede gebruik om julle by te kom .
ook

Aré ·

Al ons Gay mense in standvastige liefdevolle verhoudings sal omsien na al die kinders wat weggegooi, mishandel en meer word deur “straight” mense. Ek neem aan dat jy elke wet in Livitikus navolg?

Johannes ·

Aré, daar is baie ateïste wat ook na weggooi kinders omsien – maak dit dat hulle eendag Hemel toe sal gaan?

Dup du Plessis ·

Wie is die NG Kerk om dit wat vir God ‘n gruwel was (en ook deur die Evangelie veroordeel word) vandag, in 2015 aanvaarbaar te maak. – net ter aansluiting by die artikel: volgens streng nakoming van die wet sou mense met klippe doodgegooi moes word, met die liefde van Christus word ons vergewe (dit geld vir alle sondes) sou ons dit bely, maar daar is ‘n voorwaarde aan gekoppel wat telkens deur Christus self beveel word nl: gaan en sondig nie meer nie! Meeste van ons het maar die een of ander swakheid waarteen jy jou hele lewe moet stry of waak.

Louis ·

Die Bybel bly die Bybel. Vir wat moet ‘n mensgemaakte Belhar dokument nog by dit aangelas word. Dit is hoekom ons jong mense – en ek- weg is na ‘n kerk wat weer die bybel aan my uitlê en hulle nie aan die Belhar ens steur nie.

Jacques Pienaar ·

Ek en my gesin gaan na
http://www.gracefellowship.co.za
Die fokus bly by Woord uitleg en evangelie verkondiging, deur voor in ‘n Bybelboek te begin en deur al die verse te preek – kan dit met vrymoedigheid aanbeveel.

Vriendelike groete in Jesus

Antoinette ·

Ek kan maar net dankie sê dat ek nooit deel was van die NG kerk nie. Die Bybel bly die bron en God verander nooit. Sonde bly sonde, of dit egbreek, steel, of wat ook al is. Die Bybel sê bekeer jou van jou sonde – nie aanvaar dit nie.

Riaan ·

Antoinette, verduidelik asb vir my watter deel van twee volwasse mense (dieselfde of verskillende geslagte) wat liefde en trou aan mekaar sweer sonde is?

Burger ·

Kan nie verstaan hoe n kerk toelaat dat elke gemeente kan besluit hoe hy die gay kwessie en belhar wil vertolk nie en roem dat hulle almal akkomodeer . Nog nooit was die kerk veronderstel om almal te akkomodeer nie en as instelling moet hy met Goddelike insig ferm staan.

Die wat in verhouding met Christus staan het een betroubare riglyn en dis die Woord. Hoekom herskryf hulle nie die woord om aan te pas vir hulle wereldsakkomoderende gesindheid nie . Jy aanvaar God se gesag of jy verwerp dit . Jy kan dit nie gedeeltelik verwerp nie. After all , bitter weinig verwys die ng kerk na Christus . Dit gaan oor die behoud van hulle as instelling . Die kerkbode en media publikasie gaan oor ng kerk . Die ng kerk het eerstens die Afrikaner besmet sy goedkeuring en ondersteuning aan apartheidsgruwels en nou met met n alom akkomoderende gesindheid. ( New age kom by my op )

As n instelling hom afvaardig om Christus te verteenwoordig , moet hy tog vra wat sal God se mening wees.

Die belangrikste vir hierdie land is dat mense wat tans in hierdie strukture rondmaal Jesus genade vind en die hoop dat daar leiers sal ontspring wat rigting in Jesus kan gee en nie probeer om n sinkende skip te red nie. Die ng struktuur is net nie meer geloofwaardig nie , nie op aarde nie , nog voor God.

Iemand het n tyd terug gese dat julle moet julle 1953 Bybel vertalings oppas , dit gaan skaars raak . Ek het dit vreemd gevind , miskien maak dit tog sin..

Delia ·

Ek het ‘n 1953 vertaling van Bybel. Aangesien ek nie meer mobile is nie, luister ek na die Sondag diens wat op die radio of internet aangebied word.
Wanneer voor die tyd aangekondig word wat die Skriflesing gaan wees, soek ek dit op. Wanneer die prediker dit lees, moet ek soms 2 keer kyk of ek die korrekte hoofstuk en verse het, so groot is die verskil tussen die ou en nuwe vertaling. So, ek sal maar by die ou vertaling bly.
Ek sukkel soms om die normaal gedrukte boeke van die biblioteek te lees, maar ondervind geen probleem met die fyn gedrukte skrif van my Bybel nie! Wat vertel dit vir my?!

Johannes ·

Dit maak nie saak hoe nuut of oud is jou vertaling nie, selfs die Nuwe Lewende Vertaling van die Bybel beskryf homoseksualiteit as ‘n perversiteit.

Helena ·

Ek was geskok om van die NG Kerk se besluit te hoor. Ek het nooit gedink ek sal my skaam om ‘n lidmaat van die NG Kerk te wees nie. Dit voel asof jou geestelike moeder, wat vir jou die regte pad moes aanwys, jou in die steek gelaat het. Is hierdie NG Kerk predikante die valse leraars wat aan die einde van die wêreld op die toneel gaan verskyn? Lyk so…..

lulu ·

En dis hoekom ek met trots in my hart kan se ek is een van Jehovah se Getuies wat regoor die wereld is en streng die wette van God Volg soos dit in die bybel staan en van huis tot huis gaan nes Jesus ook gedoen het toe hy op aarde was. kerke en politiek ruk nou heeltemal uit verband uit en dis alles tekens wat in die bybel voorkom van die tyd van die einde.

Mat 19: 4-6 “en die man sal sy vader en moeder verlaat en aan sy vrou aankleef” nie man en man nie. wens mense kan besef en sien in watse wereld ons lewe.

maar darm sien ons soos dit se in Johannes 12:31 dat Satan in beheer is van die wereld en dis hoekom al hierdie nonsens gebeur en toegelaat word maar soos ons lees se dit dat “die heerser va die wereld binnekort uitgewerp gaan word”

danie ·

Moenie vergeet van Joh 3 vers 16 nie, waar die vers verwys na wereld, en elkeen.

Eddie ·

Dit raak erger om te sien hoe die mens uitmekaar begin val. Die dinge wat eers sonde was wat nou reg is. Hoe die Kerke dinge toelaat en verwag die Here sal hulle oorsien. Gay mense wat weet dit is verkeerd, dink dat die Here Adam en Steve geskape het. Hoe moord en verkragting meer plek op TV geniet as wat Godsdiens doen. Ek weet ek kan nie die toekoms voorspel nie maar een ding is verseker en dit is dat die einde baie naby is. Laat hulle wat nie glo in die Here nie met hulle dwaasheid aangaan. Hulle sal wel eendag moet rekenskap gee.

Johnnie ·

Maroela Media dit lyk my as jy vir die mense die waarheid aanspreek en bekering praat dan plaas julle nie n mens se kommetaar nie is julle dan van dieselde kaliber mense as hulle.

Riaan ·

Sjoe Johnnie – lyk my jy het die hele waarheid in pag – ons hoef nie meer te worstel in gebed nie, ons kan net vir jou kom vra. Nou vertel jy dan vir my watter deel van twee volwasse mense wat liefde en trou aan mekaar sweer, al is hulle van dieselfde geslag, is sonde? Snaaks hoe Jesus nie ‘n woord oor homoseksualiteit gerep het nie, maar baie te sê gehad het vir mense wat geloop en hooghartig die wet geqoute het. Ek sal graag by jou wil kom kuier dat jy my kan wys hoe lyk ‘n persoon se lewe wat al sy besittings verkoop het en vir God volg en nie meer in ‘n dowwe spieël kyk soos die res van ons nie.

Johannes ·

Dit is baie eenvoudig. Die mense wat die Bybel geskryf het het so gedoen onder leiding van die Heilige Gees. Christene aanvaar dit as die enigste Woord van God. In die Woord van God word ‘n huwelik beskryf as ‘n liefdes verhouding tussen ‘n man en ‘n vrou. En homoseksualiteit word beskryf as mans of vroue wat brand van begeerte vir mense van die selfde geslag as gevolg van hul sonde en perversiteit. Homoseksualiteit word beskryf as skandelike dade.
Hoe die NG kerk dit nou kan aanvaar en toelaat dat homoseksuele mense met mekaar in die NG kerk trou gaan my verstand te bowe.
Die NG kerk moes kies tussen God en Mammon (die wereld) en het nou maar toegegee aan die wereld se druk. Dus dien julle nie meer vir God nie, maar die wereld.
Ek is nie ‘n prediker nie maar ek kan lees. In Markus 9 het Jesus ook duidelik gese :Elkeen wat hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig laat word, vir hom is dit beter as ‘n groot meulsteen aan sy nek vasgemaak en hy in die see gegooi word”. Nou wat ander is dit as die NG kerk sonde openlik goedkeur is dit as wat hulle mense afvallig van God maak?

Liewe land! ·

Ons is in die eindtyd. Trouens, dit spoed daarheen. In die ‘laaste dae’ sal ons al hoe meer afvalligheid beleef.

Mede wedergebore kinders van die Here – Skep moed! Staan vas! Haas jou uit elke kerk wat Skrifafvallig is en predik wat die massas wil hoor. Sluit aan by n kerk wat die Woord verkondig en sonde by die naam noem!

Ek wil huil as ek dink aan die gevolge wat wag op herders wat die skape mislei.

Verfoei die dwaling! Gaan na waar ons Hemelse Vader in gees en waarheid aanbid word.

In liefde die volgende: Moet asseblief nie hierdie waarskuwing minag nie.

Jaap ·

Die poort is NOU kêrels, die poort is NOU.
Al maak ons die kerk wyd oop, die poort bly NOU.

Maddox ·

Hierdie is presies wat gebeur as jy mense regte stel bo God se riglyne en wette. Die NG kerk dien nie meer die Lewende God nie, nee hulle buig hulle neer voor Baal en Mammon.. Dit is rerig hartseer, maar ek maak my los van die NG kerk na 50 jaar, en gaan vir my ‘n geestelikke heenkome soek by ‘n meer konserwatiewe kerk. Gelukkig is daar nog in SA wat hulle nie buig voor politiese korrektheid soos die NG nie.

Aré ·

Ek is ‘n wedergebore Gay Christen en trotse lidmaad van die NG Kerk. Ek het nou beide hier en die gesprekke op die NG Kerk sinode blad gevolg. Dit was en is ‘n baie interessante gesprek. Wat my egter opval is die onverdraagsaamheid en veroordeling van mense oor ander mense.
Hulle praat van Kerkskeuring asof dit sommer net kan en sal gebeur.
Die vrae wat ek wil vra is die volgende;
God het vir elkeen van ons gesonde verstand gegee om te dink. Hy het vir ons die vermoë gegee om te redeneer en na ander se opinies te luister en oorweeg.
Wil Hy egter hê dat ons moet ophou dink as dinge blatant teen die gebod van Liefde indruis? Of ons eie heilige koeie?
Hê jou naaste lief soos jouself. Dit is tog die grootste gebod. Sluit ons dan nou mense uit? Almal van ons het iets wat ons anders as almal anders maak. Gee dit ons die reg om te oordeel?
Dis maklik om te sê kies net om anders te wees of om anders op te tree. Kies dan om op te hou kanker hê. Kies om nie meer blou oë te hê nie. Kies om nie meer van mans/vrouens te hou nie.
Ek glo dat mens alles binne konteks moet lees en probeer verstaan.
Dit beteken nie dat ek alles in die Woord ignoreer nie. Inteendeel, dit laat my dink. En wonder wat God se plan is met my lewe.
Mense veroordeel maklik, tot dit hulle aan die lyf self raak. Jou kind word siek. Wat nou? Ignoreer jy medisyne oor die Bybel sê bid en alles wat nodig is sal vir jou gegee word?
Dieselfde mense wat so aangaan oor die feit dat die Kerk ‘n besluit geneem het, is die mense wat drink op ‘n Sondag, sport kyk op ‘n Sondag, winkels toe gaan op ‘n Sondag.
En dan natuurlik so mildelik die res van Levitikus ignoreer. Om nie eers te praat waar daar later in die Bybel gesê word die sonde van Sodom was die feit dat hulle nie gasvry was nie. Esegiël 16:49. New International Version
“‘Now this was the sin of your sister Sodom: She and her daughters were arrogant, overfed and unconcerned; they did not help the poor and needy.Indien jy in ‘n gesonde standvastige verhouding is glo ek dat jy welkom is in die Kerk.

Dup du Plessis ·

Are, dit gaan oor die daad, en glad nie oor die persoon nie, m.a.w. die herklassifisering van dade wat nie deur die Woord aanvaarbaar is nie, maar nou deur die NG kerk gelys word as aanvaarbaar. (het hulle toestemming daarvoor gekry? ons weet wat se die Woord van byvoeg of wegvat of verander aan die Bybel). Wat maak ‘n gay man of vrou se stryd enigsins moeiliker as ‘n alkoholis se stryd, of die kleptomaan wat nie kan ophou steel nie, die man wat nie ‘n mooi vrou kan weerstaan nie en hom dan aan verkragting skuldig maak, die moordenaar wat ‘n skop uit ‘n dooie liggaam kry?…….moet hierdie dade nie dan ook uit liefde gelys word as OK nie?

madz ·

Aré, na God jou geskep het het Hy teruggestaan en gesê: “Sy is goed!” Jy is geskep na Sy beeld en Hy is lief vir jou nes jy is!

Johannes ·

Aré, moenie toelaat dat Satan jou verblind nie! Hy is die vader van die leuen wat die waarheid verdraai en duisende mislei. Jy weet wat die waarheid is. Jy weet wat sonde is – dit wat in teenstryd is met die goeie leer.

Bekeer jou van hierdie leefwyse (net soos enige sondaar hom moet bekeer – verkragter, dief, dronkaard, egbreker. moordenaar ens.).

Bid tot God en Hy sal jou pad verlig.

Genis ·

Die sonde van Sodom. En ons weet wat met Sodom gebeur het – algehele uitwissing. So nou sit ek met my popcorn en groot oë en wag vir die aksie.

Liewe land! ·

Ai Are, ek gaan hoegenaamd nie nou in n argument met jou betrokke raak nie. Kom ons laat vir n wyle eers al die duidelike uitsprake wat die Bybel teen homoseksualiteit het, daar.

Jare gelede het prof. Shapiro van Wits se Mediese Skool die volgende baie eenvoudige stelling gemaak: “The colon was not made for sex.”

Ek wil hierby aanvul: Die menslike liggaam is nie geskape om met vibrators, ‘strap-ons’ of ander ‘namaaksels’ seksueel te verkeer nie.

Dit is en bly onnatuurlik.

En hiermee volstaan ek met my kommentaar wat hierdie onderwerp betref.

Genis ·

Nee Aré, dit gaan oor Jerusalem se verwoesting. Ek praat van Sodom en Gomorra. Lees gerus die sendbrief van Judas 1:7 en veral vers 4 “Hulle misbruik die genade van onse God as dekmantel vir ongebondenheid” en Jesus wat in vers 18 vermaan: “In die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie goddelose begeerlikhede wandel”. Ja, ek wag vir die aksie want verwoesting is die voorland van Sodom. Hulle misbruik die genade van onse Vader as regverdiging en dekmantel vir hulle goddelooslikheid. Wat dink jy gaan gebeur? Hahaha.

Genis ·

Ja dis nogal lieflik poëties: “Hulle is skandvlekke in julle liefdemaaltye, wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer,
waterlose wolke deur winde rondgedrywe,
bome in die nasomer, wat sonder vrugte is,
twee maal gestorwe, ontworteld,
woeste golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim,
dwaalsterre vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word…”

trotse NGK dominee ·

Baie dankie vir die puik verslaggewing! Ek was geseënd om deel van hierdie geskiedkundige besluit te wees…en as ek dan nou veroordeel word, laat dit eerder wees omdat ek mense insluit en nie uitsluit. ☺ heehee. Dis vir my interessant om hier te lees dat ek een van die vals leraars is. Mens…ek us vir die Here net so lief soos jy. God is vir ons almal dieselfde lief…gelukkig veroordeel Hy nie soos mense nie. Hy is regverdig! En as jy Christus aangeneem het as jou verlosser, is, en bly jy Sy kind en kan niks of niemand (of ander se opinie) jou uit Sy hand ruk nie. Die God wat ek ken is GROOT!

Aré ·

Baie Dankie Ds. Ek en baie ander homoseksuele mense is julle ewig dankbaar. Ek glo God gebruik mense soos julle om Sy wil bekend te maak. Dankie weereens

Michelle ·

Dit gaan oor wat in die Bybel staan. Dis n gruwel in God se oe. Dis sonde. Die wereld is vol van mense wat “God” ken maar pedofiele is en egbreuk pleeg en lieg en steel. Jy word geken an jou vrugte en dit Moët oor een stem met God se totale woord. Dit Bly sonde en Dit Bly verkeerd. Ek Kan nie vanaand gaan moord pleeg en more gaan preek in kerk nie, en Dan somme die moord pleeg is sonde uitlaat of nie van pas maak nie want dit pas my nie, dit Bly sonde dit staan in die woord van God, en dit is n gruwel in God se oe. As dit Dan in mense se oe nie n gruwel is nie, is dit daai persoon se opie. Die Bybel is baie duidelik da oor en weglating van die skrif of verdraaiing daarvan gaan dit nie verander nie.

Swanna ·

Trotse dominee. Ek wil net vir jou se jy moet seker maak watter god jy aanbid. Dit gebeur so maklik dat lusefer julle verlei en jy kom dit nie eens agter nie. Want jy is so ingestel oor wat jy wil kamstig goed doen maar eitlik is jy besig om die mensdom namens hom te verlei met julle skewe idees. Die Bybel se inhoud word verander om by die hedendagse mens aan te pas. Ek is op die oomblik besig om so ‘n studie te doen van wat in die 1933 Bybel vertaling staan en wat nou in die nuwe vertalings staan en glo my dit is skokend hoe dit al verander het. In die Bybel staan ook die wat geskrifte verwyder of byvoeg sal nie ongestraf bly nie. So se ek ook vir julle soos van die vorige persone, julle is besig om met dinge rond te voeter wat julle gaan laat brand en julle is besig om die Afrikaanse Drie Suster Kerke om te draai om die Rooms Katolieke gemors na te volg. Hou op met julle gemors!

Johannes ·

trotse NGK dominee, kan u asb die Teksgedeeltes staaf wat homoseksualiteit regverdig?

Terloops:
Matthéüs 7:22-23
Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.’

Genis ·

En vers 16 som dit mooi op: “Hulle is murmureerders wat oor hulle eie lot kla, en volgens begeerlikhede wandel , en hulle mond spreek trotse woorde, terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel…”

So bekla maar julle lot terwyl julle vleeslike begeertes najaag. En misbruik maar God se genade as dekmantel vir dit. Maar vir my kan jy nie ‘n rat voor die oë draai met verwyte oor “naasteliefde” nie. Wie is my naaste? Elkeen wat die wil van God doen, dit is my naaste – soos Jesus my in die bybel leer. Is sodomie die wil van God? Hahaha. Waar’s my popcorn. Hier kom vuur en swael en knersende tande en ‘n groot geweeklaag.

Genis ·

Sjoe, ek het net vers 16 getik en gestuur toe pop “Trotse NG dominee se kommentaar uit. Hahaha, die toeval darem!

“Hulle is murmureerders wat oor hulle eie lot kla, en volgens begeerlikhede wandel , en hulle mond spreek trotse woorde, terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel…”

Jaap ·

Dit gaan nie vir my daaroor of mense aanvaar word of nie. Die Woord sê duidelik, sonder Heiligheid sal niemand die Koningkryk van God sien nie. As die kerk sonde goedpraat en aanvaar, hoekom sal die gemeente lede dan stry teen sonde. Wat gaan ń dronklap of dwelm verslaafde motiveer om te strewe na ń beter lewe? Gaan ń persoon wat in ń groot geestelike nood is na die kerk toe kan kom vir hulp. Ek glo nie. Julle kan net sowel maar nog ń disco oopmaak, daar is alles en almal welkom, almal is vrolik en jolig daar, jy kan dwelms gebruik sonder dat iemand jou skeef aankyk, maak net wat jy wil.

Genis ·

Gaan kyk hoe val die gays die ware gelowiges aan wat hulle probeer wakker skud: Soek “Preachers attacked by homosexuals at St. Pete Gay Pride Parade – YouTube” en kyk ook na die verwante videos. Dit is ‘n wêreldwye verskynsel. Dit is wat die NG kerk in ons lewens wil bring. Ons is terug in die tye van Noag en Lot.

Michelle ·

Daar staan duidelik in die Bybel Jesus gaan vir mense se ek ken julle nie, wat armes geklee het, gepreek het ens.. Jy mag die woord van God nie verander soos dit jou pas nie, gemeenskap is die enigste sonde wat jou liggaam en siel verbind, die huwelik is n verbond tussen God en man en vrou, Adam en Eva is geskape, en homosexualteid is n gruwel in die oe van die Here. Daar staan in die Bybel die duiwel self sit in die kerk, jy word an jou vrugte geken. Ons lewe in die eindtyd en die mense raak siek die samelewing raak siek, en wat verkeerd is word verdraai na reg. min mense gaan die koningkryk van God ingaan die pad is nou. Ons word gered deur genade, ons word duidelik gewarsku om n persoonlike verhouding met Jesus te he en te strewe na heiligmaking, dis so hardseer dat so min mense glo hulle ken God en daar gaan vir hulle gese word gaan weg, Ek ken jou nie! Almal het sonde, daagliks en menslik. Ek oordeel nie, weet wat is reg en verkeerd, wees lief vir jou naaste, maar aanvaar nie die sonde nie. Jy Kan nie kwaad word vergelyk met verkragting of moord nie.. Daar is dominies wat nie vir God ken nie en baie mooi woorde Kan praat, en skrifte Kan uithaal, maar die Verskil is of wat jy praat oor een stem met God se woord, nie net gedeeltes wat jou pas nie. Daar word meer as een plek in die Bybel gepraat daoor dit word ‘iniquty’ genoem. Selfs geen dronkaard sal in die koningkryk ingaan nie en die kerkbanke sit vol van hulle. Daarom word ons vermaan om onself te bekeer, en mekaar met broederlike liefde te vermaan, en as daai persoon nie wil hoor of op hou sondig nie se die Bybel Moët jy nie eers omgaan met so n persoon nie. Dis deel van die eindtyd dit Moët gebeur, selfde gebeur in America en reg oor die wereld. Dit Bly verkeerd, ons Moët net bid vir ons en ons kinders se beskerming want dit gaan nog baie erger raak. Ek staan al klaar verbaas Kan dit nie glo ni.

Yolanda Brits ·

@Trotse NGK dominee ~ As jy so trots is hoekom gebruik jy ‘n skuilnaam? Onthou, leraars se straf is swaarder nê.

Michelle ·

Gaan kyk op YouTube na die veesvieringe van die homosexuals in America toe hulle wetting kon trou hulle trek soos diere,strippers en onbeskryflik aan, kyk na Madonna se konsert dis satanistiese rituele en haar woorde is laster, kyk na Detroit America se satans afbeeld wat gemaak is en aanbid word dis geopen deur twee mans wat soen, kyk hoe trek hulle aan, dis alles die gees van perversiteit en hoerery. Alles gaan oor ek en my regte, waar trek mens die streep. Kyk die een wereld orde wat op pad is, die pous wat se Almal is welkom dis die selfde “God” wat ons aanbid en naasteliefde. Maar daar staan geskrywe Ek is ‘n jaloerse God jy mag geen ander God aanbid nie. Wat het God met budda, bael,mammon in gemeen? Die hele siening en denke van mense verander want hulle word afvalig van God, Ons Kan se ons ken God, maar ken God ons? Meeste mense in die kerk ken nie eers hulle Bybel nie, glo net wat hulle hoor en glo dwaal leer so Malik. Jy Kan nie kinders in n huis van selfde geslag he nie, more pa en pa of ma en ma? Dit is so dat selfs mense wat “straight” is kinders verniel want hulle ken nie vir God nie. En dis God se instelling dat n man en n vrou kinders sal he, nie mense sin nie. Dit gaan oor die geestelike aspek. Ons as God se lig het n verantwoordelikheid om te staan vir wat reg is, nie agter die wereld aan te hardloop. Die regte pad is moeilik en n daaglikse stryd dis hoekom min mense daarop is? Ons word gewarsku dat die skrif gaan verander en verdraaiing word in die eindtyd, dis maar net nog n profesie wat Vervul word. Mense Kan se God se liefde en naaste liefde en en… Toe Jesus deur die duiwel versoek is, het die duiwel ook skrif aangehaal en gese…. Maar Jesus het terug gese daar staan geskrywe,… Daar staan klomp goed in die Bybel geskrywe en elkeen skakel bymekaar in, Jy Kan in sondig en aan gaan en net se ek Kan doen wat ek wil want ek gaan Hemel toe deur genade en God se liefde is groot so sondig maar want niks Kan jou uit die Hemel uithou as jy Hom aangeneem het nie? Dis dwaalleer jy Moët strewe na heiligmaking en bekeering. En of dit nou homosexualiteit, pedofielisme, alkoholisme, of wat ookal is, dit Bly verkeerd, en dit gaan nie oor hoogmoed nie dit gaan oor reg en verkeerd. Dit staan swart en wit in die Bybel so wat is da oor om te redineer.

Chi ·

Gister het ek van my buurvrou geskinder. Ek het om vergifnis gevra en probeer hardom nie weer te skinder nie. Verlede week het ek lelik kwaad geword . Ek het om vergifnis gevra en probeer hard om my humeur te beteuel. Dis waarvoor Jesus gesterf het. Vir my sonde en dat ek dit moet bely en dan sover ek kan met sy hulp daarteen stry.
Moenie vir my sê iemand word gay gebore nie. God maak nie foute nie, hy sou nie ‘n man geskape het wat eintlik vrou moes gewees het nie.
En hoe stry jy, liewe gay, teen jou sonde. Jy doen nie. Jy volhard eerder in n lewe van sonde en nou help die NG jou nog verder in die verderf deur jou in n “huwelik” van sonde te bevestig. Sonde bly sonde. Maar om willens en wetens te volhard in n lewe van sonde, jy, liewe gay, is veronderstel om teen die sonde te baklei. Nie om met dit bed toe te gaan nie.

Johnnie ·

Stem saam Yolande al wat ek vir die klomp predikante en moduratoer kan se is BEKEER JULLE julle is oppad na n swaelbrand hel. Delia ek lees jy is nie mer mobiel nie so gaan sondae op internet na www,webwoord.co.za kies vir jou n gemeente en luister na ordentlik preke uit die 53 vertaling. Ek wil ook net vir al die gemeente lede se wat vir hulle n ander kerk wil soek ek het na baie verskillende kerke gegaan totdat ek by die evangeliese gereformeerde kerk uit gekom het, hulle preek nog die ware woord van so se die Here en hulle gebruik die 53 vertaling bybel, daar het ek tot bekeering gekom want daar word nog bekeering gepreek.

Johnnie ·

Trotse NG predikant as jy die Here aangeneem het vertel ons n bietjie hoe dit gebeur het want as jy waarlik wedergebore is sal jy weet dat God sodomiete haat, en jy praat van liefde onthou God is ook n God van wraak wat die ongeregtigheid nie ongestraf sal los nie. Gaan jy nie dalk een van daai wees wat voor die Here gaan staan en se maar Here ek het in U naam geprofeteer en gepreek en vir die mense vertel U is n God van liede dan sal Hy vir jou se gaan weg van my ek het jou nooit geken nie werker van die ongeregtigheid in die poel wat brand met vuur en swael sal julle gewerp word. BEKER JULLE ASB EK PLEIT BY JULLE BEKEER JULLE.

Lulu ·

Ek stem nie saam met wat enige persoon of DS in die Wereld se nie. ek stem saam met dit wat in die bybel staan en dit wat reg is volgens God se wette. doen julle self n guns en gaan lees en kry antwoorde op al julle vrae by http://WWW.JW.ORG vergeet van al hierdie valse profesie in die wereld.

God het duidlik nedoel dat man en vrou vir mekaar geskep is. Genesis 1:27 & 28 – “God het die mense na sy beeld geskep man en vrou het hy hulle geskep en gese wees vrugbaar en vul die aarde”‘

Lev 18:22 – “en jy mag nie by n manspersoon gaan le soos jy by n vrou gaan le nie. dit is vervoeiliks”

Kan nie verstaan hoe mense nog steeds kan dink dit reg is nie.

Dup du Plessis ·

Trotse NGK dominee, ek wil jou graag iets vra, gaan lees asb. vandag as jy ‘n kansie het uit Rom. 1. Dis ‘n kort hoofstuk en let op die laaste versie (32) met verwysing na diegene wat juis leiding moet neem. Jy MOET egter ‘n 53 Afrikaanse vertaling van die Bybel gebruik – (het geen idee hoe dit in die 83 vertaling beskryf word nie).
Dis glad nie om te oordeel nie, die Woord sal self die praatwerk doen.

Marius ·

Ek het deur die prosesse van doop, Sondagskool, kerkbywoning, katkesasie en aanneming en voorstelling gegaan wat aan my voorgehou was as die weg tot saligheid. Gevolglik was ek jare later geskud toe ek na ‘n diens in ‘n NG gemeente deur ‘n prediker wat Jesus liefhet en die Woord vreesloos verkondig tot wedergeboorte gekom het.
Hierna het ek twee versugtinge gehad. Om meer van die Woord te leer wat ek nou onder die leiding van die Hielige Gees vir die eerste keer verstaan het en om klaar te maak met die sonde waaraan ek nog gebonde was en wat ek nou gehaat het. Ek het Jesus vertrou vir die verlossing van alle sondes en Hy was getrou. Gedurende hierdie tyd het ek nie my sonde probeer goedpraat, of vertroetel nie, simpatie erkenning of regte daarvoor gesoek nie of kerkampte nagestreef nie – mens kan dit kwalik doen as jy die sonde haat.
Daar is geen goeie alternatief vir ‘n prediker wat Jesus liefhet, Sy woorde bewaar, sonde uitwys en die ware weg tot saligheid verkondig nie.

Marcelle ·

Ek is nie skrywer nie dus kan ek nie die woorde bymekaar voeg wat ek graag sou wou nie. Wat ek wel kan aanbeveel is gaan google ex gays testimony en jy sal verskeie getuienisse vind van mense soos ek wat die sonde verbreek het. Gay leefstyl is sonde en dis net die onbekeerde gays wat teenoor dit sal stry. Ek is bang die uitspraak van die kerk gaan die jongmense aanspoor tot die gay leefstyl.

Francie ·

Die NG Kerk het soos ‘n politieke party geword wat almal probeer gelukkig maak en kyk of hule nie so kan oorleef en meer lidmate kan kry om leë kerkbanke en koffers te vul nie. Solank hulle nie die verantwoordelikheid wil dra en leiding wil neem met definitiewe uitsprake nie, word probleme afgewater en aan indiwidue oorgelaat om die besluit te neem. Die fondasie van die Christen se geloof is immers die Bybel (Woord van God). Elkeen wat die liefde vir die naaste bo gehoorsaamheid aan God kies, is op ‘n dwaalweg. Jesus self het gesê: Gaan heen en sondig nie meer nie.

Aré ·

Francie, gaan lees gou Matteus 22:36-40. Die eerste gebod is jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Die tweede wat hiermee GELYK staan is Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. En dan laastens in vers 40, In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.
My naaste is enige persoon met wie ek in aanraking kom, of hulle sondig of nie. Ek sien geen dwaling nie. Jesus sê hê naasteliefde.
Hoe is dit wat die Kerk dus doen dwaling? Die Kerk doen wat Jesus sê. Hulle betoon naasteliefde.

Johannes ·

Aré, ware liefde vir God beteken liefde vir die waarheid. Die waarheid is: homoseksualiteit is sonde!

Jesus het nooit sonde goedgekeur of regverdig nie – Hy het dit altyd veroordeel. Hy gee mense ook ‘n uitdruklike opdrag om hulle van sonde te bekeer (die eise van dissipelskap) – dan sal Hy ook nie die oordeel oor hulle voltrek nie (soos met die vrou wat owerspel gepleeg het). Dit is Sy groot liefde en genade. Nie die wêreldse siening (humanisme of menseregte) wat alles en almal, goed of sleg, bloot net aanvaar en liefhet nie.

Johannes ·

Aré, om dit anders te stel:

Die NG Kerk het homoseksualiteit (wat ‘n sonde is) regverdig. Met ander woorde, hulle verkondig nou dat mense wat homoseksualiteit uitleef nie hel toe gaan nie.

Dit is nie wat God sê nie… daarom is dit dwaling.

Jaap ·

Stem saam met julle. As ons sonde toelaat, dan het Jesus mos onnodig aan die kruis gesterf.
As ek Hom aanvaar as my verlosser, dan was hy my skoon van sonde, want hy het klaar gely daarvoor. Sonde gaan nie ongestraf verby nie, iemand moet betaal daarvoor. Maar, as ons die krag van God, om sonde te oorwin verwerp, en ons sondig opsetlik, dan word die sonde ons weer toegereken.
Jesus loves me the way I am, but he loves me too much to leave me the way I am. Verskoon die ingels.

Johannes ·

Kan enige iemand wat pro-gay is asb die Skrifgedeeltes uitwys wat homoseksualiteit regverdig?

Ek kan verskeie gedeeltes uit die Die Woord aanhaal (binne konteks) wat staaf dat homoseksualiteit sonde is.

God leer my dat ‘n mens jou sonde moet bely (erken), jou van jou sonde moet bekeer (dit beslis nie moet uitleef nie!) en bewyer vir ‘n heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie (Heb 12:14). Dit alles gaan natuurlik met ‘n ware geloof in Hom gepaard.

Ook dat wanneer iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy dit nie doen nie, dit sonde is (Jak 4:17). Vir so ‘n mens wat opsetlik bly sondig nadat hy tot die kennis van die waarheid gekom het is daar geen offer meer wat sy sonde kan wegneem nie (Heb 10:26). “Daar bly alleen ‘n verskriklike verwagting oor van oordeel en ‘n gloeiende vuur wat die teenstanders van God sal verteer.” (Heb 10:27).

God se Woord waarsku my ook uitdruklik teen valse leraars (en alledaagse mense) wat die waarheid sal verdraai net om hulle eie sondige begeertes te bevorder en goed te praat. Hierdie mense gebruik God se genade as dekmantel (verskoning) om sonde te doen en losbandig te lewe (Jud 1:4). “Hulle is mense wat die verordening van God ken dat dié wat sulke dinge doen, die dood verdien, en tog doen hulle nie net self hierdie dinge nie, maar hulle vind dit ook goed as ander dit doen.” (Rom 1:32). “Wie hierdie voorskrifte verwerp, verwerp dus nie maar net ‘n mens nie, hy verwerp God wat ook sy Heilige Gees aan julle gegee het.” (1 Tess 4:8).

Die uiteinde van hierdie mense is ook duidelik: “Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree” (Matt 13:41). Ons God is ‘n verterende vuur (Heb 12:29) wat nie met Hom laat spot nie (Gal 6:7) en Hy sal ook nie huiwer om ongehoorsames in die hel te werp nie – dit is verskriklik is om die hande van God te val (Heb 10:31).

Die Woord leer my dat ek ‘n Goddelike opdrag gekry het om mense binne die Kerk van Christus (lees Christene) te oordeel, te vermaan wanneer hulle sondig en selfs uit die gemeente te verwyder wanneer hulle weier om hulle te bekeer en hardkoppig bly sondig (1 Kor 5:12-13). Sommige moet ek uit die vuur ruk, ander moet ek met versigtigheid benader en selfs die klere wat deur hulle sondige luste bemet is verafsku (Jud 1:23).

Jesus Christus se waarskuwings aan Sy Kerk:

“Dink daaraan hoe ver julle al agteruitgegaan het. Bekeer julle en doen weer wat julle in die begin gedoen het. Anders, as julle julle nie bekeer nie, kom Ek na julle toe en sal Ek julle lamp van sy plek af wegvat!” (Op 2:5).
“Bekeer julle nou, anders kom Ek gou na julle toe en sal Ek daardie mense bestry met die swaard van my mond.” (Op 2:16).
“Dink daaraan hoe julle die evangelie ontvang en daarna geluister het. Hou daarmee vol en bekeer julle. As julle nie wakker word nie, sal Ek onverwags kom soos ‘n dief, en julle sal nie weet wanneer Ek op julle sal afkom nie.” (Op 3:3).
“Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle.” (Op 3:19).

Michelle ·

2 Petrus2:4 want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp…. en die ou wereld nie gespaar het nie…. en deur die stede van Sodom en Gomorra tot as verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees, en die reverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense… 2Petrus3:9 … maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie he dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekeering moet kom… Terwyl al hierdie dinge dan vergaan hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie?…beywer julle dat julle vlekloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede… Hy spreek daarin oor al hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander skrifte, tot hul eie verderf. Noudat julle dit vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.

Dis onmoontlik om al die skrifte te skryf, die Bybel bestaan nie net uit liefde uit nie, ook bekering en leering. Oral waar Jesus mense genees het se Hy om nie weer te sondig nie. Oral is waarskuwings van vals profete en as jy Jesus in jou het sal jy sy gebooie onderhou, nie net een gebod nie.

Lees openbaring die briewe : bekeer julle.

Dis tog waaroor dit alles gaan, die afwagtig vir Jesus se koms/wegraping/ wat elke mens ookal glo volgens sy Kennis, openbaring en Gees.

Mens Kan nie redeneer met dwaasheid nie Jy Kan net vir hulle bid.

Lees die hele Bybel, en kommentaar Dan, nie net een deeltjie daarvan nie. Die hele Woord is God se Woord.

Jy moet God liefhe en daarom sy gebooie onderhou, Hy het baie gebooie en die wette van die Ou testament het nie weggeval nie Jesus het nie gekom om dit te ontbind nie. Ons word deur Sy genade gered JA maar jy moet van jou Kant af ook it’s doen, en dis bekeering en heiligmaking, sonde is nie heiligmaking nie

Dis ongelooflik hardseer, en eks so jammer, as jy jou nie gaan bekeer van jou sondes nie sal jy nie die Koningkryk van God sien nie.

Dat God die mens liefhet en dat jy ander moet liefhe, dis nie waaroor die argument gaan nie, dit gaan oor sonde wat is sonde, en dat die wat nie n heilige lewe nastreef en godsvrug het op die kansel moet staan en laster nie, want dis laster, Jy Kan nie God en Jesus verkondig maar nie jou sonde wil opgee nie, Jy Kan nie met een been in die wereld en een in die Hemel wil staan nie jy sal een moet kies. Want ons aanbid n God van liefde en waarheid wat sonde haat wat afgodery haat

God haat sonde, so as jy vir God ken en liefhet sal jy ook sonde haat en strewe na heiligmaking.

Daars nie meer tyd nie, ons moet kies, Die probleem is die wereld wil voor gee as of jy altwee Kan he, Jy Kan nie lees die hele Bybel.

michelle ·

Die huwelik is n verbond van God, Jy Kan nie sonde deel maak van God se verbond nie

Michelle ·

Dis nie n mense instelling nie God het dit ingestel en God haat sonde, so om in sonde te trou maak n bespotting van God.

Johannes ·

Ek bid vandag dat elke homoseksuele werklik to inkering en bekering sal kom. Vir God is niks onmoontlik, Hy sal die uitweg gee vir die wat werklik daarvoor vra. Die derduisende Christene oor die wêreld heen wat hulle van ‘n homoseksuele lewe bekeer het is getuie daarvan.

“God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.” (1 Kor 10:13).

Johannes Meintjes ·

Interessante embleem – wonder waarop dit dui en of dit die kerk se dieper verbintenis en dus etiek weerkaats?

Dup du Plessis ·

Lees net Romeine 1 van vers 22 tot 32 verkieslik uit die 53 vertaling. Niks meer nie, niks minder nie.

Liezel Luneburg ·

Ek wil my kop uitsteek en noem dat ek van mening is dat ons heeltemal te min praat en besin oor die dinge waaroor Jesus Christus gepraat het en te veel oor die dinge waaroor Hy nie gepraat het nie… Verder bid ek dat mense Hom deur my reaksies op sosiale media sal leer ken. Ek bid dat Hy in my woede en in my denke sigbaar sal wees. Ek bid dat ek te alle tye met barmhartigheid en oordeelkundigheid sal optree teenoor alle mense en ook teenoor sy kerk. Die skade lê in die manier hoe ons verskil en nie in die feit dat ons verskil nie…

Matthys ·

Die NG Kerk maak net soos wat Jesus gese het. Jesus het gese hy het na die aarde gekom vir die sondaars en nie vir die regverdiges nie. Ek stem nie met ds Fay van Eeden, Fritz Gaum en Andre Barlett en die koerante saam dat gays onwelkom in die NG kerk is nie. As daar enkele mense is wat hulle sleg behandel is dit op daardie mense se rekening, maar ek glo die meeste NG lidmate erken hulle soos enige ander sondaar, ons almal ingesluit, as lidmaat van die kerk. Maar om gay mense te trou in die kerk of gay-predikante op die preekstoel toe te laat of homoseksualisme goed te praat asof dit reg is volgens die Bybel is ‘n moeilike een. Dit was nog altyd makliker om die tekste te kry wat dit afkeur. Waar Jesus se genade ter sprake kom by iets wat minder normaal is is ook nie so maklik om oor te debateer nie. Hoekom word mense blind gebore, hoekom word mense doof gebore. Hoekom is daar psigopate? Kan iemand dit beantwoord? Nee! As ek nie eers Jesus se genade kan peil nie, of hoe werk Sy genade, of weet hoe besluit Jesus wat goed is vir my en jou. Hoe kan ek self daardie genade verklaar of dit uit die Bybel toepas op gays teenoor wat andersins so verdoemend uitgespreek word in die Bybel?

Dit is so, Jesus het reeds vir my besluit, en ek sal as ek sy kind is sy besluit uitleef. Maar dit gaan God se wil wees, nie myne nie. Praat die Heilige Gees net met Sinodes of praat die Heilige Gees ook met my? As ek ander leiding kry as die Sinode, met wie praat die Heilige Gees dan?

Ek benader dit bietjie van ‘n ander kant af as julle verstaan wat ek probeer se. Wat ek eintlik probeer se, is dat daar baie verborge dinge is oor God wat ek en jy nie moet probeer verstaan of wil probeer verduidelik nie. Die Woord is duidelik God se Woord. Daar staan verdoemende dinge oor gays maar daar staan ook duidelik dat God is liefde. Om die twee uiterstes te laat saamsmeld is ‘n onbegonne taak. Om dit nou uit ‘n menslike oog of humanistiese oog of basiese mense regte oog te probeer inkleur, gaan ons op ‘n nat pad laat beland.

Die kerk het reeds volgens my sy hart oopgemaak so ver hy kan om nie te veel te bots met die Bybel nie. Wat my betref het die Sinode egter nou te ver gegaan om selfdegeslagverbintenisse amptelik te erken.

Dit gaan op hierdie stadium nie eers vir my oor die pros en cons nie, maar die vermetelheid van die die sinode om namens God te besluit, of nog erger te stem oor God se Woord. Mens raadpleeg die Bybel onder die leiding van die Heilige gees en kom tot oortuiging maar jy stem nie na willens en wetens oor God of oor sy Woord nie. Die sinode kan stem oor ‘n nuwe moderator of assesor, of selfs dat die predikante oor hule eie salarisse stem maar oor die uitleg van die evangelie of om oor ons geloof soos Belhar te stem is absurd!

Die sinode moes, toe hulle sien daar is duidelik twee kante van die saak, onmiddelik besef het dat die Heilige Gees nie skitsofrenies is nie, en duidelik nie die leiding in hul besluit geneem het nie. Hulle moes die saak net daar gelos het. Dit sou die wyse weg gewees het.

Ek vra maar net. Die Christen gays en Christen proponente verwag dat ons net soos wat rokers van nie rokers verwag om hul hul reg om in die publiek te mag rook te eerbiedig. Wat van die anderkant van die saak. Hoe boetvaardig tree die gays op ter wille van die groter saak. Is die saak van die kerk nie groter as enkelinge nie? As ek hakkel gaan ek nie aandring dat ek ‘n toespraak in die parlement wil voer nie al is dit my basiese reg.

Ek se maar net

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.