Alkohol, dwelms uit Mosambiek na SA gesmokkel

Die vervoer van drank is in dié stadium verbode in Suid-Afrika. (Foto: SA Polisie)

ʼn Vragmotorbestuurder is by die Lebombo-grenspos in hegtenis geneem nadat hy glo alkohol en heroïen vanuit Mosambiek na Suid-Afrika probeer smokkel het.

Francisco Langa het Vrydag in die landdroshof op Komatipoort in Mpumalanga verskyn nadat hy met die besending van meer as R600 000 betrap is. Hy was op pad na Johannesburg, het kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, gesê.

Vier pakke heroïen en verseëlde bokse jenewer is in die vragmotor ontdek.

Langa is aangekla van die handel in dwelms en oortreding van die afsonderingsregulasies.

Hy verskyn na verwagting Dinsdag weer in die hof.

Die dwelms waarop die polisie beslag gelê het. (Foto: SA Polisie)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eerlik ·

Dis nog een ding om nou n provinsiale grens te probeer oorsteek maar n grenspos. Die man is seker super onnosel

Bernard ·

Sluit die blikskottel toe en gooi die sleutels vêr weg. Konfiskeer ook sommer sy vragmotor.

Rodger17 ·

Dis amper so iets soos(nie sapd nie)sadp!S A drank polisie

Jan ·

Is ons grensposte dan nie gesluit nie? ons kan self nie eers van een provinsie na n ander gaan nie.

Scalla ·

Jy kan alles kry op die swartmark teen n prys, staat verloor tax

david ·

In die vroee 1920’s het die VSA ook ‘n drakoniese alkohol verbod ingestel. Dit het
gelei na smokkelhandel deur misdaad sindikate, en het die misdaadvlakke so hoog
opgejaag dat die regering hierdie wette moes laat vaar.
Smokkelary veral in drank is waarskynlik lankal reeds hier aan die gang, maar gaan net erger word.
Die President het pertinent in sy laaste toespraak op televisie gese dat “Bars and Shebeens will remain closed”.. Begryplik . In sulke plekke sal die “sosiale afstand” beslis nie gehou word nie, en die moontlikheid van Virus verspreiding verhoog
Maar is die voorstedelike Drankwinkel ook ‘n kroeg ..? Gewis nie.
Anders as in ‘n kroeg, mag jy nie jou kopie BINNE die perseel oopmaak en dit gebruik nie.
Jy mag nie onmiddellik buite die perseel drank gebruik nie –arrestasie “drink in ‘n openbare
terrein. Dus, jy gaan huistoe en geniet jou inkope tuis.
So maklik soos dit.
Wat dwelms betref….sluit toe en gooi die sleutel weg…!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.