Alkoholbedryf kry ‘geen waarskuwing’ oor hernude verbod

Die Suid-Afrikaanse alkoholbedryf is diep bekommerd oor die regering se besluit om die verkope, bediening en verspreiding van alkohol weer eens ingevolge die afsonderingsregulasies te verbied.

Die nasionale drankhandelaarsraad, die Suid-Afrikaanse Vereniging van Drankhandelsname (Salba), Vinpro, die drankhandelaarsvereniging van Suid-Afrika (LTASA) en vervaardigers het hul teleurstelling uitgespreek met pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging Sondagaand dat drankverkope weer opgeskort word.

ʼn Aandklokreël is ook weer tussen 21:00 en 04:00 ingestel.

Die drankbedryf het in ʼn gesamentlike verklaring gesê hy het verskeie kere met die regering en veral die departement van handel en nywerheid vergader oor pogings om te verseker die bedryf voldoen aan alle voorgeskrewe maatreëls en protokolle.

“Tydens die vergaderings het die bedryf geen waarskuwing oor die verbod gekry of die geleentheid gehad om met die nasionale koronavirus-bevelsraad te vergader voordat ʼn besluit geneem is nie. Geen oorweging is gegee aan die onmiddellike logistieke probleme vir verskaffers, verspreiders en handelaars nie.

Die bedryf sê hy het aan alle maatreëls voldoen en dat daar geen gevalle was waar tavernes nie aan die bepalings voldoen het nie.

Ramaphosa se besluit om die landwye verbod weer in te stel, word dus as “diep kommerwekkend” bestempel. Die bedryf sê hy deel die regering se kommer oor die toename in Covid-19-gevalle en dat hy sal aanhou om die staat te steun om die virus te beveg.

“Dit sluit in die prioritisering van lewe en die beskerming van inkomste in die bedryf.”

Die bedryf sê hy sal verseker dat daar voldoen word aan veilige en verantwoordelike handel en die verantwoordelike gebruik van alkohol.

Die drankwaardeketting neem nagenoeg drie miljoen mense in diens. “Die regering se besluit het ernstige ekonomiese gevolge en bring honderde duisende werksgeleenthede in die gedrang. Diegene wat die swaarste getref gaan word, is die kleiner handelaars en taverne-eienaars. Die onmiddellike inwerkingstelling van die verbod gaan volgens die drankbedryf ander onbedoelde gevolge hê wat verdere werksverliese gaan insluit.

Die drankbedryf het tydens die nege weke lange afsonderingtydperk nagenoeg R18 miljard aan inkomste verloor en die regering was R3,4 miljard se aksynsbelasting kwyt.

Die bedryf sê voorts toe alkohol die eerste keer verbied is, het dit onwettige handel ʼn groot hupstoot gegee en groot veiligheidskommer vir drankwinkels veroorsaak. Verskeie drankwinkels en selfs afleweringsvragmotors is tydens die vorige verbod geplunder.

Ramaphosa het alkoholverwante trauma aangevoer as rede vir die hernieude verbod, maar die bedryf sê die regering het nog nooit besonderhede daaroor met hom gedeel nie.

“Ons glo ʼn meer sinvolle aanslag sou wees om problematiese drinkgewoontes te pak en langdurige verandering teweeg te bring. Die verbod het ʼn geweldig negatiewe ekonomiese uitwerking. Dit kon opgestel word om veel minder skade aan te rig en terselfdertyd verligting vir die gesondheidsorgstelsel te beteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

27 Kommentare

jongste oudste gewildste
Robert

Daai drank verwante goed is ‘n duimsuig sonder werklike feite… vat die minister hof to oor verliese nou!

Willem

Niemand word gewaarsku. Anders het ek nou shibeen bedryf

Pieter

Niks maak sin van die Anc nie. Hulle en Eff is so verwar dat hulle mekaar glo.

JohanR

Kan jy dink as jy ‘n houerlogistiek besigheid het en Maandag more moet die trokke optel en wegwat, of wegwat en weer optel by maatskappye en skeepe. En skielik die Sondag aand net soe moet alles net soe stop gesit word. Ja dit kan maar se dit sal ‘n logistike nagmerrie wees. Maar gee die ANC om? Nie ‘n duit nie! I’m alright jack!

Trotse Boervrou

Raak gewoond hieraan. Hierdie is net die begin. Gaan lees op oor die Nuwe Wêreldorde sowel as oor ‘n Kommunistiese Stelsel. Na my mening verklaar dit alles. Ons is nog te oningelig. Daar is ‘n baie groter prentjie as net dit waarin ons nou vaskyk. Kennis is mag.