Alkoholverbod lei tot werksverliese, sê Uasa

Argieffoto (Foto: Free-Photos/Pixabay)

Die verbod op alkoholverkope in Suid-Afrika het daartoe gelei dat die Nederlandse biermaatskappy Heineken 7% van sy werkers in die land moes aflê en PetroSA is ook van voornemens om meer as ʼn derde van sy werkmag af te lê, sê die vakbond Uasa.

“Die negatiewe impak van die alkoholverbod het nou realiseer met Heineken wat die eerste alkohol-verwante maatskappy is wat afleggings aangekondig het,” het Stanford Mazhindu, woordvoerder van Uasa, gesê.

Heineken het ʼn R6 miljard se uitbreidingsprojek in Augustus verlede jaar opgeskort weens die impak van die pandemie op sy bedrywighede. “SA Brouerye het onlangs ook die rooi lig gegee vir kapitale beleggings van R5 miljard sedert die eerste alkoholverbod in Maart verlede jaar ingestel is. Die besteding wat verbeur is, het ʼn groot impak op werksekerheid in die bedryf.”

Mazhindu sê die vakbond begryp dat die regering die behoefte gehad het om ʼn verdere alkoholverbod in te stel om die verspreiding van die tweede Covid-19-golf te beperk, kan die land nie verdere werksverliese bekostig nie.

“Suid-Afrika se werkloosheidsyfers is heeltemal te hoog en sal in die komende maande en selfs jare bly styg, terwyl daar skynbaar geen ingryping is van die regering nie. As die regering die geld gehad het, sou ons gemaan het dat verligtingsfondse vrygestel word om alkohol-verwante bedrywe by te staan. Intussen maan ons die regering om die situasie te heroorweeg en alkohol-verwante bedrywe toe te laat om weer hul deure oop te maak.”

Mazhindu voeg by die regering moet met vakbonde en ondernemings in gesprek tree om beperkings toe te pas wat voldoen aan die vereiste om druk op die gesondheidsorginfrastruktuur te verlig terwyl poste ook beskerm word en ondernemings oop kan bly.

“PetroSA is maar een van verskeie staatsondernemings wat afleggings oorweeg om verliese teen te staan. Die maatskappy is in ʼn finansiële verknorsing ná onsuksesvolle gasontginningsprojekte en ʼn verminderde gasvoorraad. Afleggingskennisgewings is in Desember uitgestuur, maar indien die afleggings voortgaan, sal dit ʼn verwoestende impak hê op die families en afhanklikes van die werkers wat afgelê is.”

Volgens Uasa se Suid-Afrikaanse indiensnemingsverslag van 2020 sal meer mense waarskynlik sterf weens die werkloosheidskrisis eerder as die Covid-19-pandemie.

“Uasa het die regering al herhaaldelik versoek om te reageer op die werkloosheidskrisis, selfs nog voor die wêreld in afsondering gedwing is weens Covid-19, maar ons het tot dusver nog nie enige reaksie gehad uit die verskeie werksberade wat plaasgevind het nie. Uasa moedig Suid-Afrikaners aan om steeds plaaslike produkte en dienste te koop en te gebruik om ons ekonomie op ʼn herstelpad te lei en werksverliese te stabiliseer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pieter ·

Dit is die siek ANC regering vir wie julle gestem het en nog steeds stem. Die ANC kommuniste lag vir julle.

Anel ·

Net jammer dat baie plaaslike produkte van swakker gehalte en duurder is as ingevoerde produkte. Maar nou ja. Jy kan maar doodgaan van die honger, solank jy net nie die virus het nie!!

Peetjie ·

Maar steeds haak kopdoek-le vas oor die voorbod… Hulle het nie n saak met hoeveel mense hulle lewe verloor nie…

Andries ·

Praat eerder met ‘n deurkosyn. Hulle is slimmer en het meer begrip as al die ministers saam.

Friedrich ·

Dit gaan oor kickbacks, die ANC kry nie kickbacks uit drank nie, so hulle probeer wys watter mag hulle het. Dis siek.

Johan ·

Werkloosheids vs pandemie krisis…hahaha..dis n regulasiekriesis wat deur die parlement goedgekeur word. Dis wat gebeur as politikuste iets probeer doen om te help.

Genis ·

Ek kan julle wed, die ministers se kelders is gestock …. duuste wyne, whiskeys, sjampanje, en en ….

jzjz05 ·

Die is net die begin, Covid 19 sal al geskiedenis wees dan gaan die ANC regering se dade nog met ons wees.Werkverliese,hongersnood, armoede, verpleterend ekonomie en famielies wat hulle werke verloor het,sakeonderneemings wat toe gemaak het of bankrot is as gevolg hiervan en nog baie meer ,en die ANC wat die skuld sal onken en ander die skuld gaan gee soos gewoonlik,

Maritha ·

Alkohol verbod is pure onnoselheid. Beperkte aankope en ure sal beter werk maar ons sal sien met die ANC se herdenkings partytjie hoe vloei die drank

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.