Alldays-dryfjag ‘wettig en verantwoordelik’

Een van die houtplatforms. Foto: Facebook

Een van die houtplatforms. Foto: Facebook

Die departement van toerisme en omgewingsake in Limpopo het Woensdag gesê die omstrede dryfjag wat vandeesweek in  Alldays plaasvind, is wettig en word op ʼn “verantwoordelike wyse” uitgevoer.

Inspekteurs van die provinsiale en nasionale departemente is deurentyd op die plaas waar die jag plaasvind om te verseker dat alles volgens wet verloop, het die departement in ʼn verklaring gesê. Dit sluit in dat geregistreerde professionele jagters te alle tye die buitelandse jagters vergesel, dat slegs ʼn spesifieke aantal skote in een rigting afgevuur mag word, slegs spesifieke soorte vuurwapens gebruik mag word en dat die diere georganiseerd en onder toesig aangejaag word.

Die dryfjag, wat deur die nasionale Dierebeskermingsvereniging (DBV) as die Alldays-slagting gedoop is, het wyd opslae gemaak nadat dit aan die lig gekom het dat tientalle diere tydens die jag doodgeskiet word deur hulle verby die jagters te jaag. Dié vorm van jag behels platforms wat langs ʼn strook grond van ongeveer twee kilometer opgerig word, met digte bosse weerskante. Jagters sit op die platforms terwyl ʼn groot verskeidenheid wild in die strook af gejaag word sodat die jagters hulle kan skiet.

Foto: DBV/Facebook

Foto: DBV/Facebook

Volgens die DBV is 18 diere Maandag doodgeskiet en nog 21 diere Dinsdag,  waaronder gemsbokke, elande, wildebeeste, rooibokke, duikers en vlakvarke.

Die departement van omgewingsake het egter beklemtoon dat ʼn jagpermitte aan die drie plase wat by die dryfjag betrokke is, uitgereik is en dat geen diere wat buite die permitte val, geskiet is nie.

“Die departement is tevrede dat die jag aan al die wetlike voorwaardes voldoen het ten tyde van die uitreiking van hierdie verklaring. Daar was nie ʼn voldoende wetlike basis om die jag stop te sit soos deur die dierebeskermingsgemeenskap versoek is nie. Ons inspekteurs sal op die toneel bly en voortgaan om die jag te monitor totdat dit afgehandel is.”

Die departement het gesê dryfjagte word nie gereeld in Suid-Afrika gehou nie en dat die owerheid dus hierdie metode van jag sal ondersoek om te verseker dat dit aan alle wetlike regulasies voldoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Ben ·

Shooting fish in a barrel is and can never be moral or “verantwoordelik”! An absolute poor-show indeed.

Justa ·

“Wettig en verantwoordelik” maak die jag nog nie eties en menslik nie. Hoe lank gaan die malligheid nog voortduur?

jakes ·

Walglik absoluut walglik en dit is nou wat die boere noem natuurbewaring. Te sleg om soos n jagter van ouds te loop en soek en jag. Julle is n spul slapgat geldwolwe julle plase behoort weggevat te word , massamoord,Vieslik.

Jan maak n Plan ·

Die Ou mense het daarvan gepraat as “LUIGATJAG”. Die jagters is blykbaar te lui om hulle diere te bekruip. Soos Ben gese het -shooting fish in a barrel. wat is nou so “nice” daaraan?

J.Z ·

Die jag is binne die wet afgesien van wat n mens persoonlik daaroor voel.maar graag wil ek verneem waar is die DBV as dit kom by diere(honde en katte) wat mense in dorpe aanhou.Honde wat dagliks in straate rondloop,honde wat in erwe gehou word en nooit oefening kry nie,uit ferstrasie dag en nag blaf om die buure te vergal.Katte wat as jy n venster oop los jou huis binne kom vreet wat hulle in die hande kan kry.DBV is hier stemloos.

Dawie ·

En ek neen aan almal wat dink dit is verkeerd koop hul vleis by n supermark. Julle glo die jag is verkeerd, maar dit is reg dat duisende beeste in n gang gedruk word en met n pen dood geskiet word, hoenders geskok word net om hul bewusyn te verloor en onderstebo gehang word keel af om dood te bloei. Julle is belaglik en was seker nog nooit op n jag plaas nie. As daar oorvloed van wild op n plaas is moet dit uit gedun word! And for Ben, its like catching a goldfish in a olimpic swimming pool. Not so easy. Skiet die oortillige wild uit manne, ek hoop jul maak genoeg geld om jul deur die maar jare te druk!

Tshivhula ·

Dawie, kom so ‘n paar stappies terug. Die issue hier is nie jag nie. Dis oneties wat gedoen word en ek as toegewyde jagter kan nie hierdie aksie deur ‘n groep swart plaasboere goedpraat nie.

Waar die aanwas te vining/ te veel is, word diere wel ge-oes. Toegegee. Maar dan word die diere in die nag met skietlampe ge-oes. In die geval is die gewere gedemp en slegs kopskote word geskiet, Ook word die diere nie aangejaag nie, want dit be-invloed die vleis gehalte.

Ek moet egter met jou saamstem dat diere wat eties gejag word, minder stress as beeste wat vir vleis geslag word.

Henry ·

Tshivula
Daar is talle wildplaas eienaars wat hul ‘kliënte’ snags op ‘n bakkie laai met ligte wat die bokke verblind en die ‘jagters’ toelaat om met hul gewere sonder knaldempers, die wild op kortafstand te ‘oes’, soos jy dit stel.
Skandelik soos dit is, is hierdie ‘jag’ metode by sovele wildplase in vrye gebruik dat dit lankal reeds as aanvaarde praktyk beskou word. Soveel so dat die mense nie eers bodder om knaldempers te gebruik nie.
O ja. Dit het heeltemal niks met sogenaamde uitdunning, oftewel ‘oes’ te make nie. Trouens met die goeie pryse wat die afgelope tyd vir lewende wild verkry word, smous my pelle veel eerder hul oortollige wild ipv om dit te ‘oes”.
Die ‘nagjagtery’ word wyd en syd as hulpmiddel aan mense gebied om te verseker dat hulle nie met leë hande of gekweste wild die plaas verlaat nie.
Meer onetiese jag as hierdie gebruik, kan mens nêrens vind nie!!!

Tshivuhla ·

Tragies, maar jy is reg Henry.
Die lewendige mark is effens beperk… Maar jou punt is geldig. Daar is baie ‘skieters’ wat etiese jagters in ‘n swak lig stel.

Marius du Preez ·

Dis barbaars en gaan net oor die doodmaak van diere en kan geensins as “verantwoordelik” beskryf word. Dis nie jag, dis skiet. Dit verg geen kuns om dit so te doen. Daar moet op die proffesionelle jag orginisasies beroep gedoen word om hul lede wat deel is van dit te skors.

Akram ·

Genugtig. dit is erg. Die diere word aangejaag, amper soos om n lam na die slagpale te lei. Die feit dat daar mense van die owerhede is en dat n PH te alletye die jagters moet vergesel, maak dit wettig. Ek ken nie feite alles nie, maar is dit slegs trofee jag of sommer net vir vleis jag? So die diere word in n rigting gejaag met n masiewe lawaai agter hulle. Die diere verstrap mekaar en kry seer. maar dit ge organiseerd. luigatjag is die beste opsomming. Wat van die diere wat gekwes word? nou wat is die verskil tussen die jag en hondewedlope? Is die hondewedlope al gewettig? Ek gun jagters die kaans om te jag, maar is hierdie maar net n ander naam vir canned hunting nie? in die veld het die dier darm n kaans. hier storm die trop verby n jagter op n stelasie. mog n troffe? Elke jagter het n kwota skote wat hy kan skiet. nou wonder ek net, as n gekwesde eland verby strompel, gaan hy verlos word, of gaan die jagter eerder sy eie ene probeer skiet?

Madelein ·

Het geen probleem met jag vir die pot nie, maar hierdie gaan meer oor adrenalien gelaaide massa moord en ja, wat v d diere wat net gekwes word? Verantwoordelik? No ways! Immoreel en onbybels. En om dit te wil vergelyk met die vleis industrie maak nie een verkeerd met ‘n ander verkeerd reg nie mense.

Yvonne ·

Dis vir my ongelooflik hoeveel mense hulle uiters oningeligte menings sommer so voetstoots gee. Dis mooi dat hulle omgee maar dis nodig dat hulle hul kennis verbreed voordat hulle gal braak.

stephan terblanche ·

Aangesien julle sulke groot jagters is wat weet van alles en soo aangan oor kwes ..ek wil jou graag ontmoet en vir jou n trofee gee ondat jy nie kwes nie .dit is geensins barbaars nie dit is n metode van jag…of skiet soos jy se Maruis .elke dier word geskied of jy hom op die voet jag of hoe ookal…kom net by mense ..jag soos jy wil en laat ander mense jag soos hulle wil

Francois le Cochon ·

Mag dalk wettig wees, maar beslis nie eties nie. Etiek gaan aan daar waar die wet ophou.
WorldCom word wereldwyd as voorbeeld gebruik van wat van ‘n suksesvolle maatskappy kan gebeur wat nie eties optree nie.

Knersus D ·

Tshivhula is ‘n swart bemagtigings groep. As dit blanke boere was wat dit gereel het, het die staat lank reeds ingegryp. Dit bly oneties…

Wille Brits ·

Knersus
Ook nounet dit gesien in Media24. Skreiend dat dit deur geforseer word onder swart bemagtiging. Nou is die ‘boere’ up in arms omdat SPCA rassiste is!!

Wildjagter ·

Ek stem saam met Dawie…mense is maklik om jag sleg te praat en aan te gaan hoe verkeerd dit is. Maar tog is dit so maklik vir hulle om verby belangriker sake te kyk. Het julle gesien wat als werklik aangaan in die land en hierdie is die saak waarop julle wil fokus, wel goed dan. Vanoggend het ek verby n groot trok gery wat varke vervoer – en nee ek is seker hulle is nie net vir n uitstappie gevat vir vars lug nie. Skrik wakker mense die vleis wat julle by supermarket koop word verseker NIE eties verskaf nie. Nog n vraag – wanneer laas was julle in die bosveld? Mmmm? soos Dawie OOK bevestig het uitdunning is nodig, VERAL met die droogte in die veld die winter.(Wat ek glo elke jagter wat hierdie jaar die geleentheid gehad het sal kan bevesig, daar is nie genoeg kos in die veld nie, die hoeveelheid bokke wat al gevrek het van hongerte is kommerwekkend) Moet verkieslik nie n perd opsaal waarvan julle nie veel weet nie. Dalk moet julle maar eerder julle fokus na die skape, beeste en hoeders verskuif. En die wilds vleis, biltong en droeewors vermy.

Takkie Takuuza ·

Eties? Almal wil hulle bekke uitspoel oor etiese jag. Almal wil reels maak want hulle wil van jag ‘n sport maak. Skyfskiet is sport. Sport het ‘n begin en eindfluitjie en ‘n telling, ‘n wenner en ‘n verloorder. Waar iets doodgemaak word, kan nie ‘n sport genoem word nie. Mag nie by ‘n watergat skiet nie, maar met ‘n boog is dit toelaatbaar, mag nie in ‘n “hide” sit nie, behalwe met ‘n boog, mag nie van ‘n bakkie af skiet nie, maar in die Vrystaat mag jy en bla bla bla. Daar is net een reel, maak die dier so vinnig moontlik dood, of jy hom nou in pad, terwyl hy vreet of drink skiet, wat maak dit saak? Hy het nie ‘n keuse nie en as jy hom ‘n kans wil gee om weg te kom, wat is dan die punt? As jy regtig “eties” wil wees, moet dan nie die plaas toespan nie want jy hok hulle in, kom ons begin sommer daar. Puriste pfff….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.