Alldays-‘leeustroper’ in hof

Argieffoto: popista.com

Argieffoto: popista.com

Die 31-jarige verdagte wat in hegtenis geneem is nadat die geskende karkas van ʼn witleeuwyfie Dinsdag op ʼn wildsplaas in die Alldays-omgewing in Limpopo gevind is, het Donderdag vlugtig in die hof verskyn.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê Tebogo Bale het in die Bochum-landdroshof in Senwabarwana voorgekom.

Die saak is tot 9 Februarie uitgestel wanneer Bale na verwagting om borgtog gaan aansoek doen. Die soektog na sy drie vermeende medepligtiges duur voort.

Maroela Media het Woensdag berig die leeu, waarvan die pote en kop verwyder is, is saam met twee ander leeus vergiftig voordat sy doodgemaak is. Iets moes die verdagtes in hul werk gesteur het, want hulle het begin om die vel te verwyder, maar was nie suksesvol nie en die ander twee leeus is nie gestroop nie. Die ander twee leeus kon weens die gif nie loop nie en moes behandeling van ʼn veearts ontvang.

Verlede week is nog drie leeus op ʼn plaas suid van Polokwane in Limpopo doodgemaak en hul koppe en pote is verwyder. Dit is soortgelyk aan sake wat vroeër ook in Tzaneen, Mara en Hoedspruit aangemeld is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

vermeende ·

Die media is darem baie inoverend as dit kom by misdaat opblaas of af water.
Kan die media nie maar ook plaas mordenaars boerestropers nou aangesien sekere wildspesies meer dekking kry as plaasmoorde nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.