Alle aanklagte teen oud-Valke-baas teruggetrek

Genl.maj. Johan Booysen, voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal Foto: witness.co.za

Genl.maj. Johan Booysen, voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal Foto: witness.co.za

Alle klagtes teen genl.maj. Johan Booysen, voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, is Maandag in die Durbanse hooggeregshof teruggetrek.

Dit volg na ʼn uitspraak deur regter Trevor Gorven in Februarie waar hy ʼn besluit deur die voormalige nasionale direkteur van openbare vervolging, Nomgcobo Jiba, veroordeel het waartydens Jiba besluit het om Booysen te vervolg. Gorven het gesê die klagtes het nie eers aan die minimumvereistes voldoen nie.

Die hofverrigtinge in Durban was glo bloot ʼn formaliteit, aangesien Gorven beslis het dat die aanklagte ter syde gestel moet word.

Sello Maema het aan regter Kate Pillay gesê die staat wil die aanklagte onttrek. “Alle aanklagte is onttrek. Jy is vry om te gaan,” het Pillay aan Booysen gesê.

Booysen was die hoof van die ernstige en gewelddadige misdaadeenheid in Cato Manor. Dié eenheid is intussen ontbind. Booysen, en lede van sy voormalige eenheid, is daarvan beskuldig dat hulle ʼn kriminele onderneming bedryf het. Lede van die eenheid sou later vanjaar tereg gestaan het op ʼn reeks aanklagte, insluitend 28 aanklagte van moord. Hulle is daarvan beskuldig dat hulle betaling aanvaar het om sekere persone in die minibustaxi-oorloë in KwaZulu-Natal dood te maak.

Booysen is in Augustus 2012 daarvan beskuldig dat hy ʼn onderneming bestuur het en aan die aktiwiteite deelgeneem het deur middel van afpersing en swendelary. Booysen het ook tereg gestaan op twee aanklagte van moord, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie, en dwarsboming van die gereg.

Nomgcobo Jiba, die waarnemende nasionale direkteur van openbare vervolging in daardie stadium, het tydens haar uitspraak gesê die eenheid het soos ʼn georganiseerdemisdaad-eenheid opgetree.

Booysen het egter aansoek gedoen om die aanklagte ter syde te stel en sy saak is op 7 Februarie in die Durbanse hooggeregshof aangehoor. Hy het aangevoer dat Jiba gelieg het oor sekere verklarings wat sy voor haar het, toe sy besluit het om hom te vervolg. Sy kon dus nie dié verklarings gebruik het om haar besluit daarop te baseer nie.

Gorven het op 26 Februarie sy uitspraak gelewer en besluit om alle aanklagte teen Booysen te laat vaar.

Booysen het Maandag ná die uitspraak gesê hy is verlig. Hy wil egter graag terugkeer werk toe en sal die volgende stappe met sy prokureur, Carl van der Merwe, bespreek. Van der Merwe het ook die ander lede verteenwoordig. Hy wou nie ʼn aanduiding gee of die onttrekking van aanklagte teen Booysen die ander beskuldigdes sal raak nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Slim Daan ·

Ditsem Genl.
n Gevoelige gedeelte vd NVG se anatomie is nou in die skroefbank. Draai vas…..nou dat u hulle daar beet het. n Her-aanstelling in u rang, en indien moontlik n siviele eis in u privaat hoedanigheid vir kwaadwillige vervolging – wink op n suksesvolle uitslag.
Byt vas soos n bulhond. n Bietjie rondskud sal ook nie kwaad doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.