Alle klagte teen Adrian Lackay teruggetrek

Argieffoto

Drie en ʼn half jaar nadat sy nagmerrie begin het, is al die aanklagte en dagvaardings wat die Suid-Afrikaanse Inligtingsdiens (SAID) ingestel het teen sy voormalige woordvoerder, Adrian Lackay, teruggetrek.

Die SAID en sy geskorste kommissaris, Tom Moyane, sal boonop al Lackay se regskoste betaal.

Lackay het in 2015 die leuenagtigheid van bewerings oor die bestaan van ʼn sogenaamde geheime eenheid (rogue unit) in die SAID aan die kaak gestel in ʼn voorlegging aan die parlement se gesamentlike staande komitee oor finansies.

Die ANC-beheerde komitee het net mooi niks gedoen om Lackay se openbaarmakings te ondersoek nie, maar het eerder diegene wat die lasterlike bewerings versprei het (dit is ook in die Sunday Times gepubliseer) beskerm.

Boonop het die SAID en Moyane vir Lackay gedagvaar vir R12 miljoen se skadevergoeding terwyl hulle die feite waarmee hy vorendag gekom het, ontken het.

Die feite wat Lackay geopenbaar het, was die leuenagtigheid van die SAID en die Sunday Times se disinformasieveldtog nadat Moyane in 2014 as die Inkomstediens se kommissaris aangestel is, veral die leuenagtigheid van die bewerings dat daar ʼn sogenaamde geheime eenheid in die Inkomstediens sou bestaan wat onwettig sou optree, insluitend dat hulle mense soos oudpres. Jacob Zuma onwettig sou afluister en ʼn bordeel sou bedryf.

Lackay het ook destyds uitgewys hoe van die suksesvolste SAID-personeel op grond van die bewerings uitgedryf is, met skadelike gevolge vir die land, soos ʼn tekort in die begrote belastinginkomste. Hy het die skrikbewind wat Moyane gevoer het aangetoon, tot groot eie en professionele skade.

Vanoggend het Lackay in ʼn verklaring uitgewys hoe die parlement sy plig versuim het, en hoe sy aanmeld van ongerymdhede tans korrek bewys word voor die Nugent-kommissie.

Lackay het sy familie, die regsfirma Webber Wentzel, adv. Max du Plessis, die aktivis Janet Love, die Regshulpbronnestentrum, Freedom Under Law, die Helen Suzman-stigting, die Ahmed Kathrada-stigting en ander Suid-Afrikaners wat hom bygestaan het, van harte bedank.

Hy het gevra dat die publiek dieselfde ondersteuning bied aan die voormalige senior SAID-werknemers Ivan Pillay en Johann van Loggerenberg, wat steeds aangekla word oor die teen hierdie tyd gediskrediteerde “boefeenheid”-bewerings.

Lackay is onlangs aangestel as woordvoerder van die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johan ·

So draai die wiel en kom die waarheid uit – partykeer neem dit net te lank.

Nou moe Pillay en van Loggerenberg ook skotvry daarvan afkom.

Wonder wat is Tom Moyane se reaksie? Kan MM hom dalk in die hande kry en uitvind?

AW ·

Rogue – The Inside Story of SARS’s Elite Crime-busting Unit (Johann Van Loggerenberg with Adrian Lackay)

AW ·

THE NAKED TRUTH
 
“According to a 19 century legend, the Truth and the Lie meet one day.
 
The Lie says to the Truth: “It’s a marvellous day to day”!
 
The Truth looks up to the skies and sighs, for the day was really beautiful.
 
They spend a lot of time together, ultimately arriving beside a well.
 
The Lie tells the Truth: “The water is very nice, let’s take a bath together!”
 
The Truth, once again suspicious, test the water and discovers that it indeed is very nice.
 
They undress and start bathing.
 
Suddenly, the Lie comes out of the water, puts on the clothes of the Truth and runs away.
 
The furious Truth comes out of the well and runs everywhere to find the Lie and to get her clothes back.
 
The World, seeing the Truth naked, turns its gaze away, with contempt and rage.
 
The poor Truth returns to the well and disappears forever, hiding therein, its shame.
 
Since then, the Lie travels around the world, dressed as the Truth, satisfying the needs of society, because, the World in any case, harbours no wish at all to meet the naked Truth.” 

Mrs H ·

Laat Tom Moyane nou R12 Mil opdok wat Tom ongeregtig en valslik wou bekom! Hel, maak dit R36 mil, R12 mil vir jou, Ivan en Johann.

AW ·

“Daily we witness the spectacle of people in high office escaping judicial scrutiny and retribution because they are able to manipulate the levers of office to deflect any scrutiny of their action. In South Africa, the ruling party under Jacob Zuma has routinely manipulated the National Prosecuting Authority to deflect the criminal trail of Zuma for fraud. The ruling party has saturated the bench with minions and political cronies often of mediocre talent in order to achieve its political will. (Page 170 : Justice Denied – The Role of Forensic Science in the Miscarriage of Justice by David Klatzow – 2014)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.