Alle krane in Noordwes-nedersetting gesteel

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Al die straatkrane in die Seshibitswe-nedersetting in Noordwes se Moses Kotane-munisipaliteit is gesteel.

Die munisipaliteit het in ʼn verklaring gesê hulle het met kommer verneem dat elke liewe kraan in dié nedersetting Maandagaand gesteel is. “Lede van die gemeenskap moet waaksaam wees en enige klagtes by die munisipaliteit aanmeld. Kyk ook mooi na julle infrastruktuur,” het Beauty Makganya, woordvoerder vir die munisipaliteit, gesê.

Daar is nagenoeg 50 krane gesteel. Water in die gemeenskap is voorsien ingevolge die regeringsgedrewe behuisingsprojekte- (RDP-) standaard. Dit beteken dat enige lid van die gemeenskap nie meer as 200 m ver hoef te loop om toegang tot lopende water te hê nie.

Die krane is intussen vervang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann Marx ·

Plastiek krane is baie minder werd by die skrootwerf as koper krane….Probeer dit gerus!!

Veritas ·

Johann die probleem met plastiekkrane is dat dit smelt tydens die geliefkoosde tydverdryf.

Armoede ·

Die agtergeblewenes het seker maar plan gemaak om ‘n kossie op die tafel te sit, dit wil sê as daar nog ‘n tafel oor is ??

snoefie ·

met n fraksie van daardie R256miljoen wat aan nkandla bestee was, kon die hele nedersetting water in hulle huise gehad het. wil China nie n skenking maak nie?

Scalla ·

Solank as wat daar n afset (scrap kopers) is vir dit sal die stelery nie ophou nie, tree teen hulle ook op.

Irma ·

Vervang alles met plastiek waar dit moontlik is.
Alles sal vinniger vervang moet word, maar koper nog vinniger. Julle het nie meer n keuse nie.
Dinge lyk nie rooskleurig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.