‘Alle moontlikhede ondersoek’ ná moord op argitek

Die toneel. Foto: Verskaf.

Die argitek wat Donderdagoggend dood langs sy motor aangetref is, is intussen as Francois Roodt (54) geïdentifiseer.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê Roodt se liggaam is omstreeks 09:10 aangetref nadat iemand wat verby die toneel op die R710 tussen Bultfontein en Wesselsbron gery het die polisie daarvan in kennis gestel het.

Thakeng het bevestig dat Roodt se liggaam langs sy motor aangetref is. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Thakeng wou nie berigte bevestig dat die polisie ondersoek of die voorval ʼn sluipmoord was nie. “Die motief vir die moord word nog ondersoek,” het hy gesê.

Thakeng het gesê daar is talle patroondoppies op die toneel aangetref. Die vensters van die wit Honda Ballade waarmee Roodt gereis het, was ook stukkend geskiet.

ʼn Familielid van Roodt het bevestig dat hy ʼn onafhanklike argitek was wat op ʼn kontrakbasis werk vir die regering gedoen het. Volgens dié familielid was hy op pad na ʼn perseelvergadering.

Thakeng sê hy kan met sekerheid sê Roodt was op pad na ʼn bouperseel in Wesselsbron ten tyde van sy moord.

ʼn Ander familielid van Roodt het aan Maroela Media gesê Roodt was nie getroud nie en word oorleef deur sy broer, Deon, en ma, Val.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

toy ·

Hoekom moet daar so iets wreed gebeur om mense iets te gee om oor te praat. Ek dink dit was nou ongevoelig gewees. Ons soek reeds vrede in die land.

Siek en sat ·

Presies. Daardie kommentaar is nou heeltemal uit plek uit. Bid liewer vir sy familie om krag te kry om aan te gaan. Ons sit nou OP HIERDIE OOMBLIK en wag vir nuus van n familielid wat n paar ure gelede gekaap is. Ons weet nie of hy nog lewe nie. Ons bid. Sy geld is al getrek. Ons wag.

IK ·

Dalk het hy op ‘n ongerymdheid afgekom of dalk was hy nie te vinde om omgekoop te word?

Siek en sat ·

Opgespoor. Lewendig gelos nadat hy brutaal aangerand is. Hoop hy gaan hierdeur kom. By robot oorval.

Dankbaar ·

Siek en Sat. Baie dankbaar dat hy lewend gevind is. Sterkte vir sy herstel. Is dit hy wat die wit Chev Utility gery het op R55 wat gekaap is?

Cornelius du Rand ·

Soos gewoonlik sal daar niks van die ondersoek kom nie. Die argieffoto sê alles. Ons polisie is nie meer bevoeg en fiks genoeg om die werk te doen nie.

John Doe ·

Just look for the link between the murder of Louis Siemens and this one. Louis was killed in May because he refused to pay a bribe for adding theatres to Citimed hospital in Bloemfontein. It was a hit – 4 shots in the head at Preller at 15h00. Hopefully SAPS wake up. There’s a medical mafia running everything, especially in the Free State. Condolences to the family of mr Roodt.

Lekker lente ·

@John Doe – “a medical mafia running EVERYTHING”!!
Really John?

Boela ·

Hierdie argitek het langs die pad gestop om n persoon in nood te help.
Die moontlikheid dat hy die persoon geken het is baie groot.
Dis nie n korupsie moord nie – dis n verhouding wat skeef geloop het – moord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.