Alle oë op Werkersdagvieringe in Bloemfontein

Pres. Jacob Zuma tydens die Vryheidsdagvieringe op 27 April 2017 in KwaZulu-Natal (Foto: GCIS)

Alle oë is Maandag op die Werkersdagvieringe in Bloemfontein, waar pres. Jacob Zuma na verwagting die vakbondfederasie Cosatu gaan toespreek.

Dit volg nadat sommige Cosatu-filiale gesê het Zuma is nie “geskik en bevoeg” om die land te lei nie, en indien hy by die Werkersdagvieringe sou praat, sal dit ʼn “verwarrende boodskap stuur”.

Zuma sal na

verwagting ook die podium deel met SAKP-leier Blade Nzimande, wat ook die president versoek het om te bedank.

Cosatu, SAKP en die ANC vorm die drieparty-alliansie, wat die afgelope ruk struwelinge beleef oor Zuma se voortgesette leierskap. Die stryery het gebeur nadat Zuma die kabinet geskommel het en minister van finansies, Pravin Gordhan, en sy adjunk Mcebisi Jonas, aan die einde van Maart afgedank het.

Die National Health Education & Allied Workers Union (Nehawu) en die Communications Workers Union (CWU) het dit baie duidelik gemaak dat hulle nie wil hê Zuma moet die skare toespreek nie.

Cosatu en die ANC hou egter vol Zuma sal die skare by die hooffunksie van die Werkersdagvieringe in Bloemfontein toespreek. Cosatu het gesê Zuma sal die werkers toespreek in sy kapasiteit as leier van die ANC.

Dis nog nie duidelik hoe Nehawu en CWU sal reageer nie.

Cosatu het Sondag in ʼn verklaring gewaarsku: “Ons moet hard werk om ons verskille op ʼn volwasse manier te hanteer en nie in ʼn maalkolk van politieke stamgebondenheid ingesuig word nie. Ons moet versigtig wees om nie ʼn hele party of alliansie weg te gooi of af te maak as verrot weens een komponent waarvan ons nie hou nie.”

Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, het gesê: “Op hierdie Werkersdag en hierna, moet en sal die revolusionêre alliansie voortgaan en alles in sy vermoë doen om die uitdagings binne die alliansie aan te spreek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

FARLOOK ·

Dit kan hy goed doen om daai “farlook in sy oë te kry ?? he he

Johannes van Staden ·

Eienaardig dat die man wat SA junk status toe geneem het en die mense wat die swaarste gaan kry wil toespreek …hoe dom is die mense nie om dit toetelaat nie …sien hulle nie wat gebeur nie …almal kan tog sekerlik nie verkeerd wees oor die anc en die man nie ….niemand wil in n land wat rommel status het bele nie so waar gaan die werk vandaan kom wonder mens net ….

Hendrik ·

die onderseuners is bang dat hulle daardie maatskaplike toelaag gaan verloor indien hulle teen zuma of die anc sou draai. dis waarom die anc sorg vir werkloosheid want dis sy redding.

zahn ·

Dit sal dalk net goed wees as hy gaan. Om die skare toe te spreek. Ek glo hulle sal die boodskap baie duidelik aan hom oordra. Ek hoop en vertrou so. Viva zuma, kry vir jou.

Marina ·

Dagse Maroela media, ek wil graag he dat julle asb ondersoek sal instel waar daar goed op facebook gestuur word oor die gerugte dat Zuma van alle witstaatswerkers gaan ontslae raak deur hulle te “Retrench” SONDER n vergoedings pakket en dat hy dit vandag gaan aankondig. Sal julle asb dit ondersoek en vir ons se of daar enige waarheid is in dit asb?

Ou Arm Werkesel Bosvark ·

Normaalweg moet werknemers op 65 jarige ouderdom aftree. Waarom moet politici en die staat se presidente en ministers nie ook aftree op 65 jarige ouderdom nie? Is dit nie dikriminasie nie? Vra maar net.

Heleen ·

Nee, wat dit is regtig iets om oor treurig te voel maar ‘n mens moet ook die positiewe kant daaran sien en dit is
Dat ons steeds ‘n God het wat ons kan lei en indien dit nie vir ons Vader in die Hemel is nie sal hy nie in die pos wees nie en ons moet meer ernstig vir ons regering en sy mense bid en net God kan vir ons die situasie in Suid-Afrika omkeer
Ek doen nou ‘n versoek tot ons almal om elke dag ‘n gebed te doen vir die omkeer van Suid-Afrika aangesien slegs God ons kan red uit hierdie gemors waarin ons, onsself bevind

Marina ·

Die gerigte van Zuma wat alle wit mense wat werk vir die staat uit hulle poste gaan dwing deur te “Retrench” sonder n vergoedings pakket is toe die waarheid!!! Rsg het dit Donderdag en Vrydag uitgesaai (volgens mense met wie ek gepraat het) kom ons kyk wat gaan die unies doen! Seker niks soos gewoonlik.

Scalla ·

Ace en zuma is oppervlakkige geskoolde lae vlak Soustrein reiers wat hulself verryk by hul private wonings, soort soek soort, mag die minderbevoorregtes julle uitsorteer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.