Alle politici is korrup sê vrou aan Zille

DA logo , logo, Democratic alliance , new DA , logoʼn Vrou geklee in ʼn T-hemp met president Jacob Zuma se gesig op het aan Helen Zille, leier van die DA, gesê sy gaan vir die ANC stem aangesien hulle korrup is.

Zille het Saterdag talle buurte in Durban, KwaZulu-Natal besoek as deel van die DA se verkiesingsveldtog. Dit was in Wentworth waar Zille vir Barbara Martinus ontmoet het. Zille het aangebied om vir haar ʼn blou T-hemp te gee maar Martinus het geweier en gesê alle politici is korrup.

“Ek het aan haar gesê sy is welkom om vir die ANC te stem indien sy korrupsie soek. Sy het gesê wel as mens hulle nie kan wen nie, sluit by hulle aan. En ek sê toe jy sluit dus by die ANC aan sodat jy by korrupsie kan baat waarop sy ja geantwoord het,” het Zille na die ontmoeting met Martinus gesê. Zille het aan haar gesê dat sy nie by korrupsie gaan baat nie aangesien dit slegs diegene in hoë posisies is wat daarby baat.

Zille wou nie kommentaar lewer op ʼn vraag oor hoe sy dink die DA in die verkiesing op 7 Mei gaan vaar nie. “Ek gaan nie die uitslag voorspel nie. Dit sal meer wees as die vorige keer. Ek gaan nie ʼn getal daaraan koppel nie. Daar is baie dinge wat tydens ʼn verkiesingsveldtog gebeur maar ek dink mense is moeg daarvoor dat hulle geld gesteel word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mike ·

Barbara Martinus is heeltemal reg wys my ‘n eerlikke politikus, party-politiek veral is ‘n onding wat ons as afrikaners ons vryheid gekos het. Dit het veroorsaak dat baie gesterf het, baie in plakkerskampe krepeer vandag en baie oorsee gevlug het en so kan ons aangaan. Dit is waarom ek ook die volksraad ondersteun want party politiek het ons verdeel en is steeds besig om ons te verdeel, daarom dat ons nooit weer maklik sal bereik wat ons as afrikaners bereik het nie, dis jammer maar dis die werklikheid.

Praetor ·

Wil ook iets anders en volhoubaar steun……maar wie of waste ding is die “volksraad”? Waar’s hulle gesetel en hoe lyk hulle ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.