Alle politieke fokus op Bonteheuwel

Inwoners van Bonteheuwel tydens ‘n protesoptog teen bendegeweld in Augustus 2018. Foto: Henk Kruger/ANA

Die land se politieke fokus verskuif vandag na die Kaapse woonbuurt Bonteheuwel waar ʼn belangrike tussenverkiesing in wyk 31 ʼn sterk aanduiding sal gee van hoe die politieke wind vanjaar kan waai vir die bruin stedelike stem op die Kaapse Vlakte.

Daar is ook twee ander tussenverkiesings in die Wes-Kaap vandag. Die een vind plaas in Kaapstad wyk 101, wat die plakkerskampe Wallacedene en Bloekombos buite Kraaifontein insluit en stewige ANC-wêreld is. Die ander een is in ʼn kleiner, plattelandse wyk, naamlik Bergrivier, wyk 5, wat die dorpies Eendekuil en Redelinghuys in die Sandveld en verskeie plase insluit, en ʼn groot stryd tussen die ANC en die DA gaan afgee, maar te klein is om ʼn belangrike aanduiding van die politieke klimaat in die provinsie te gee.

Die fokus is dus op wyk 31, met sewe stemlokale: Hoërskool Modderdam in Bonteheuwel; Laerskool Klipfontein reg langs die N2 by die Robert Sobukwe-afrit net voor die lughawe as jy van die stad se kant af kom; Incy Wincy College in Kalksteenfontein; Laerskool Montevideo in Montana; Laerskool Nooitgedacht in Bishop Lavis; The People’s Church in Valhallapark en die NG Kerk in Valhallapark.

Die wyk het 15 132 kiesers, van wie 61,2% in 2016 gestem het. Die stempersentasie sal na verwagting vandag laer wees.

Sowat 75% van die kiesers se huistaal in Afrikaans, 17% praat Engels en 5% Xhosa. In 2016 het die DA 81% van die stemme gekry, die ANC 10%, die EFF 3% en die ACDP 1 %. Al vier partye is weer in die wedloop, met die verwagting dat die ANC se steun sal groei ten koste van dié van die DA.

Sowat 87% van die wyk se kiesers is bruin.

Die gemiddelde huishoudelike inkomste is R30 000 per jaar (of R2 500 per maand) per gesin, wat omtrent presies die Wes-Kaapse gemiddeld verteenwoordig.

Wat onderwysvlakke betref het 62% van die inwoners gr. 9 voltooi en 27% het matriek. Een derde van huishoudings het toegang tot die internet.

Kiesers stem vandag van 07:00 tot 19:00 en die uitslag word laatnag verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ANA ·

Aaaijajaaai…groot deernis vir mense wat regtig ‘suffer’…? kan biki meer vrede en veiligheid,ook húl deel wees

En aan die anderkant,die sleutelbord briggade wat mekaar afstof,hier op die kommentare ?

Thinus Erasmus ·

Lyk vir my daar is weer ‘n groot “skaapslagting” onder die kommentare vanoggend!

jaco ·

Waar is Patricia de Lille se party? Sy het dan so baie te sê gehad oor hoe haar nuwe party dinge gaan verander en verbeter…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.