‘Alle weë word oorweeg om NGV te beveg’

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

Solidariteit het vandag bekendgemaak dat hulle alle stappe oorweeg om die skadelike gevolge wat die inwerkingstelling van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal hê, te beveg.

Morné Malan, senior navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), het gesê die NGV in sy huidige formaat stuur af op ʼn onbetwisbare ramp. “Alle mediese praktisyns, belastingbetalers en Suid-Afrikaanse burgers sal geweldig negatief daardeur beïnvloed word. Derhalwe, onderneem ons om alle hulpbronne tot ons beskikking te gebruik om die impak daarvan te bekamp.”

Solidariteit sal insette lewer by enige openbaredeelname-proses om die wetsontwerp se tekortkominge bloot te lê, maar tref ook voorbereiding indien die wetsontwerp in sy huidige, verdoemende formaat aanvaar sal word.

“Ons ondersoek tans alle formele prosesse waardeur ons die voorgestelde wet kan beveg en het ook reeds ons regspan instruksie gegee om die grondwetlikheid van die huidige formaat in die hof te toets, sou dit nie na wense gewysig word nie. Die geskiedenis van die NGV word gekenmerk deur ʼn onbereidwilligheid van die departement om enigsins af te wyk van hul aanvanklike plan en daarom berei ons voor om daardie voorstel aan te pak, indien nodig, in die konstitusionele hof. Ons bestudeer en is nou al vir twee jaar betrokke by die NGV. Ons is goed ingegrawe en staan reg om, indien nodig, te baklei.”

Benewens deelname aan die formele regsprosesse wat gepaardgaan met die proses van die NGV bekragtiging, ondersoek Solidariteit ook alternatiewe stelsels wat kan funksioneer sou die NGV in sy huidige formaat die krag van wet bekom.

Hennie Bierman, hoof van Solidariteit se Beroepgilde vir Gesondheidspraktisyns, het bygevoeg terwyl die organisasie deelneem aan al die formele prosesse in ʼn poging om die drastiese gevolge van die wetsontwerp se inwerkingtreding te beveg, ondersoek hy ook internasionale alternatiewe om seker te maak dat selfs onder ʼn NGV-bestel sy lede steeds hul beroep kan beoefen met die vryheid, onafhanklikheid en passie waarop hulle geregtig is.

Volgens Malan het Solidariteit gevolglik ʼn allesomvattende prosedure in plek met verskeie gebeurlikheidsplanne. “Ons sal die wetsontwerp probeer beïnvloed en indien dit nie slaag nie, die inwerkingtreding probeer beveg. Indien dít nie slaag nie, sal ons sisteme in plek sit wat Suid-Afrikaanse burgers teen staatsinmenging in gesondheid sal inent. Ons sal veg vir Suid-Afrikaanse burgers se gesondheid, of die staat daarvan hou of nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Charles ·

Uitstekend, dankie.

Indien nie vir julle ouens nie was ons lankal verlore en in die vergetelheid gewees onder die juk van ‘n volstrek KOMMUNISTIESE ANC bewind.

Doe zo voort!

Bekommerd ·

Ek verstaan nie hoe dink die klomp onnoseles in die regering nie! Hulle kon nie eens die uitstekende staatshospitale wat hulle op ‘n goue skinkbord gekry het, onderhou het nie! Die plekke is hole en ‘death traps’, nou wil hulle als onder hulle beheer sit wat privaathospitale en mediese fondse gaan dooddruk! Tipies die gedagtegang van sosialistiese kommunistiese domaards! Baie dankie Solidariteit! Sonder julle is ons verlore!

Sirkus ·

Mooi so Solidariteit !!! Kan ons bo en behalwe ons lidmaatskap by Solidariteit bydra tot hierdie geveg. MM kan ons laat weet …

De Villiers ·

Dankie Solidariteit dat julle hierdie saak tot voordeel van almal behartig. Ten minste het julle integriteit en insig, iets wat ver te kort geskiet het met die opstel van die NGV.

Ander Koos ·

Kans dat Konstitusionele Hof teen regering uitspraak gee is baie skraal Sterkte Solidariteit hierdie gaan groot stryd wees.

Andrea ·

Dankie vir Solidariteit en Afriforum. Waar sou ons sonder julle gewees het? Dankie vir mense wat soveel murg in hul pype het.

Jackie ·

Baie dankie vir al julle onbaatsugtige werk. Mag julle geseënd wees in alles wat julle ondernemings…

Elize ·

Baie dankie Solidariteit. Sonder julle en Afriforum weet ek eerlik nie wie na ons belange sou omgesien het nie. Ek weet waarvoor jul staan, daarom gee ek met die grootste vrymoedigheid vir Helpende Hande. Staan sterk. Ons dra jul op in gebed.

Manie van Worcester ·

Dankie vir solidariteit en afriforum, hulle probeer nog sin in die gemors inkry

Ai. ·

Jinne maar die ANc is so skelm en sit duidelik en dink aan enige manier hoe hul hul hande op nog meer belasting geld kan kry om hulself te verryk..Ongelooflik en in die proses berokken hul die land se ekonomie en beeld soveel skade…Die korrupte vrot lot ken geen einde…

Petrus ·

Die tyd het aangebreek dat die werkende middelklas wat die meeste geraak gaan word die ekonomie tot stilstand bring, wit en swart. Ja, ons gaan salarisse verloor, dalk ons werk. Maar doen ons niks gaan ons in elk geval alles verloor, insluitend ons lewens as armlastiges in staatshospitale. Om net deel te neem aan openbare deelname prosesse is goed en wel, maar dit word net klasessies waar wittes van rasisme beskuldig word.

Jimmy ·

SA word nou ‘n sosialistiese goewernante staat. Dis die kort en lank van die saak. Die staat beheer alles. Dis tyd om militant te word. Indien ons passief bly gaan ons gereduseer word tot zombies.

Kobus ·

Hierdie NGV maak dat ek werklik bang word vir my oudag. Ek wil nie eendag in ‘n vuil staatshospitaal sterf nie.

KaterinaKat ·

Ek gee nie eers om oor wat van my word nie, dis my kinders en kleinkinders waaroor ek so bekommer. My kleinkinders us maar 2 jaar oud, my jongste kind 13. Wat de joos gaan van hulle word? Ons kan nie bekostig om die land te verlaat nie.

Deon ·

Hierdie is ‘n nasionale geveg. Solidariteit moet aan maniere dink om hul deure oop te maak en die gewone publiek uitnooi om deel te neem aan die stryd. Daar is baie kundigheid daarbuite wat kan help met oplossings. Solidariteit kan nie alleen veg nie.

CallieL ·

Vir al jul negatiewes in die land, nou is die tyd om saam te staan en Solidariteit te ondersteun. Ramaphosa is net n wolf in skaapsklere. Vernietiging van alles in die land is al waaroor dit gaan

Daan ·

Die beplande kernkragstasies van triljoene rand is gestop.Netso kan ons en Solidariteit die NGV stop. Dit sal ons land bankrot maak soos Zimbabwe. Nog ‘n bodemlose put soos Eskom en hoeveel ander instellings.

Johanna Botha ·

ALLES waaraan die anc sy hand sit is n gemors …hoekom sal die NGV nou n sukses wees. Kyk net in watse toestand is die staatshospitale. Hoekom nog gaan studeer of hard werk om jouself te onderskei as almal ewe sleg kry …..geen wonder mense verlaat die plek teen so n hoë tempo !

Gerda Malan ·

Baie dankie Dis vir ons n riem onder die hart dat julle daar is om onregte wat gepleeg word te beveg .

RIAAN ·

Dankie Solidariteit. Dis tyd dat elkeen van ons saam positief veg vir wat reg is! Hierdie is ons land en toekoms!!! On staan 100% agter julle .

Daan ·

Die ANC wil nou al hulle kredietkaarte max. Gelukkig is hulle gestop met die kernsentrales se triljoene. Sa! Vat hulle Gerrie en Solidariteit!

Jerry ·

As gebeurlikheidsplan A nie werk nie dan probeer Solidariteit plan B, as plan B nie werk nie, dan plan C, as plan C nie werk nie, dan plan D. Indien die enigste lewensvatbare en werkbare plan dus plan F blyk te wees, dan moet plan F wat onafhanklik van die NGV plan staan die plan wees en grondwetlik en tydig geimplimenteer word. Planne A tot E is “as” planne en “as” planne is verbrande hout, dit is net daar om die onvermydelike te vertraag, “which is fair, but not feasible”! Daar is n staatsplan vir die massas (nasionalisering) wat grondwetlik aanvaar sal word met n verandering of twee, “dis n gegewe” en dan is daar n plan vir die minderheid wat onafhanklik is van nasionalisering, maar ook slegs indien (dit is ook as) die onafhanklike plan grondwetlik is. Skakel die “as” uit. Van die begin af moet plan F, die onafhanklike plan, dus oortygend lewensvatbaar en grondwetlik wees en die teenvoeter wees. Om oor twee jaar eers te besef dat plan F, net soos n volkstaat wat vir gerieflikheidshalwe met selfbeskikking vervang was, nie gaan realiseer nie, gaan alle pogings wat nie van die begin af lewensvatbaar en grondwetlik is, die minderheid in erger ellende in dompel!

Andrea ·

Ekt ook só gedink. Maar soos ek Solidariteit se mense ken, is Plan F reeds mooi uitgewerk.

Frankie ·

Maak al die geslote malhuise weer oop vir lewenslange, verpligte verblyf van die hele ANC leierskap.

Marius ·

En as dit n flop is soos met Zimbabwe, dan gaan die soustrein na Singapore vir mediese behanding met ons belastinggeld.

Verplig die soustrein om slegs in ons eie staathospitale behandel te word. Mag by n se Mediclinic gestabiliseer word en dan moet die uwe oorgeplaas word

Domvraag ·

Miljoene buitelanders oorval ons hospitale en klinieke en kry verniet mediese behandeling en as belastingbetalers moet ons net betaal. Watter land se Nas. Gesondheidsorg laat dit toe?

Hanna Hoekom ·

En hierdie onwelkome gaste is reeds by die NGV ingesluit (wettige immigrante en asielsoekers) van dag een af. Nou gaan ons land absoluut oorstroom word met al wat pyn en lyding het. Ten koste van Suid-Afrikaners natuurlik.

Petrus ·

Die pret gaan begin wanneer almal wat staatstoelaes ontvang ook 3% daarvan aan die NGV moet oorbetaal. Dit is amper R9 miljard (3% van R295 miljard) in totaal. Dan gaan die werklike xenofobia begin.

Nog n Koos ·

Dit is reg as ons baklei, maar het jullle al gedink hoe die mediese fondse hulle lede melk. Kyk na jou mediese bydra vir die jaar en dan kyk jy wat jou medies jou gee vir die jaar, wan na ses maande is jou medie uitgeput en jy moet in elk geval die kostes dra so hoekom behoort ons dan aan n medies as die mediese fondse nie na hulle lede kyk nie. Weer eens is dit hulle word ryk deur hulle lede

Kallie ·

Miskien private fondse wat ‘n wins moet toon. Geslote maatskappy fondse wil net gelykbreek en is meer vrygewig.

Oujongvrou ·

Ek hoop almal van julle gee maandeliks n skenking aan solidariteit en afriforum.

Petrus ·

Indien jy dit kan bekostig. Die rekeninge en uitgawes word net meer en meer. Nou moet ons nog spaar vir gevorderde mediese sorg.

Carel ·

Die goedkoopste opsie is moontlik waar ‘n groep dokters direk deur solidariteit betaal word. Werk vinnig voor hulle(die dokters, verpleegsters en ander mediese personeel) land uit is. Kan ook daaraan dink om private hospitale te koop of te bou. Basta met die NGV soos daar voorgestel word.

Kobus ·

Alle dokters, tandartse en gesondheidsmense sal verplig word om by die NGV te registreer. Net die NGV mag hulle betaal. Privaat besoeke sal waarskynlik onwettig wees en daar kan arrestasies wees. Die staat wil die hele sektor net ‘n ystervuis beheer.

Johan du Bruyn ·

Sluit vandag nog aan by SOLIDARITEIT/AFRIFORUM, dis die regte ding om te doen

Carel ·

As die dokters in ‘n buurlande sit beteken hulle reels niks’!

Jerry ·

As is verbrande hout Andrea. So, “as” Solidariteit se Plan F soos jy hulle ken daar is, lewensvatbaar en grondwetlik en reg is, hoekom word dit nie op die tafel gesit nie, geimplementeer nie, hoekom wag? Implementeer nou en sorteer al die hindernisse nou uit voordat NGV geimplementeer word. Van uitstel gaan daar net nog meer hindernisse oor Solidariteit se pad gestrooi word. Wees openlik en eerlik en se vir julle lede wat die plan alles behels. Gaan Solidariteit se plan net vir die ryk witmense wees of gaan dit vir alle minderhede wees. Indien julle n plan F het, dan wil die mense nou weet wat die plan is en wie word ingesluit en wie word uitgesluit, net soos wat hulle nou weet wat die NGV plan is. Mense wil nie wag en weereens onaangenaam verras word met wat eintlik n plan Z is nie!

Carel ·

In die lewe is mens eintlik op jouself aangewese. Dit help nie om vir alles toestemming te probeer vra nie. Dit kos tyd en geld. Die mediese mense loop die land uit, so los eers die probleem op van die wat die land verlaat. As hulle regtig die mediese personeel met wette wil beperk, maak hospitale oop in van ons buurlande(nie Zim nie) , hulle sal dit ook waardeer. As jy operasie nodig het vliegtuig jy soontoe.

Kobus ·

Carel, dis waarskynlik wat sal gebeur. Mauritius beskik klaar oor private- en staatshospitale, met SA dokters wat daar werk. Gevorderde operasies kan daar gedoen word. Botswana en Namibië kan ook in daardie rigting beweeg.

Arnold ·

Baie dankie Soldaritet.! Dit gaan my verstand te bowe hoedat dit vir die sogenaamde Regering moontlik kan wees om eenvoudig die Mediese Fondse se reserwes te onteien. Baie lede,indien nie die meeste,is voorheen benadeeldes. Ek het 5 kinders en 6 kleinkinders. Wat gaan van hulle word? Hoe moet ek te werk gaan om ń finansieële bydrae tot Solidariteit te maak?

Sw ·

As die regering nie eens staatshospitale wat deur belastinggeld befonds word, effektief kan bestuur nie, hoe de hel gaan hul dit effektief bestuur en implementeer?
We must pray for GRACE for the government, because they operate with DISGRACE on every level.

Gert van Wierdapark ·

Kan Solidariteit nie reel dat ons almal inge-ent kan word teen staats-inmenging in die algemeen nie!!! Nota aan Charlie: Ons lewer opbouende bydraes in die kommentaar, dis die manne “in beheer van die land” wat die afbrekende bydraes maak!!!!

Hanna Hoekom ·

Die Regering kan nie eens n rioolplaas bestuur nie! Die cANCer vreet alles stuk vir stuk op.

Charlie ·

Elke wors het twee kante (n binnekant en n buitekant).
Vir elke saak kan twee soorte bydraes gelewer word (n opbouende of positiewe bydrae anndersinds n afbrekende of negatiewe bydrae )

Dit sou darem na aan n ideale wêreld wees as bydraes meer opbouend sou wees en minder negatiewe bydraes (meeste waarvan presies dieselfde gedagte oordra maar net in ander woorde – ek dink hier aan die pletora van meelewing boodskappe as iemand n geweldadige insident of oorleef of daaraan beswyk) ontvang en gepubliseer word nie.
In hierdie besondere geval glo ek dat ek n positiewe bydrae lewer deur my oproep vir meer opbouende en minder afbrekende bydraes

Heidi Munnik ·

Yes!! Dankie Solidariteit, julle doen uitstekende werk. Julle is die ligtoring in ‘n donker SA. Ek het op verskeie plaforme al my mening oor NHI gelig en kan enige regdenkende persoon sien dis ‘n ‘disaster in making’. Ek sluit vandag nog aan by Solidariteit om so ook my ondersteuning te gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.