“Selfs al lê jy in jou graf kry jy steeds ʼn rekening.”
Só het Quentin Meyer vandeesweek geskerts nadat die Tshwane-metroraad ʼn diensterekening vir net meer as R68 000 aan twee inwoners van die stad gestuur het. Jan Booysen is egter al 140 jaar gelede dood en sy vrou, Christina, 125 jaar gelede.
Die rekening is vir dienste gelewer aan die perseel by Van der Hoffweg 985 in Booysens, in die weste van Pretoria, waar die egpaar se grafte tans is. Die rekening is in die name van die egpaar.
Meyer, ʼn groot geskiedenisliefhebber, sê die rekening is by die huis langs die klein begraafplaas afgelewer. Volgens inskrywings op die grafte was die Booysens Voortrekkers gewees. Meyer het al verskeie kere self die kerkhof gaan skoonmaak waar die Booysens-egpaar begrawe is en sê die buurt is na dié familie genoem.
“Om ná 100 jaar ʼn rekening vir erfbelasting uit te stuur, is lagwekkend,” het Meyer gesê.
Hy het die rekening en die foto’s van die kerkhof op Facebook gedeel. Talle mense was stomgeslaan en ander kon net lag.
Etlike inwoners van die Tshwane-metrogebied was die afgelope ruk egter glad nie dik van die lag nie oor foutiewe diensterekeninge. Maroela Media het vroeër vandeesmaand berig oor verskeie inwoners se klagtes dat hulle buitensporige rekeninge van die metro ontvang het.
Maroela Media het ʼn navraag aan die metroraad oor die spesifieke rekening gerig en wag nog op terugvoer.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
31 Kommentare
Regtig. Ek dink van al die stories wat ek gelees het. Vat die een die koek. Nou het ons die laagste punte nog beruik.
Die een wat daai rekening uitgereik het is seker nou ook dood
Dinge lyk regtig beroerd by Tshwane se rekeninge afdeling. Maak mens diep bekommerd veral die van ons wat eiendom daar besit
Ja wel volgende is n rekening vir Jan va Riebeeck in Kaapstad se have va syh skippies se dowking thardjiz…. Die gremse vir die absurdhede word net verder en verder geskuif.
So bv verneem ek daars 7000 “onbevestigde” werkers op die Tswane payroll? Van die 25 000 in totaal? Sg “spook” werkers? So NIKS is deeadae onmoontlik nie.
Soos Maroela navraag aan die Metro gerig het en wag vir terugvoering. So wag baie van ons, en sal ons seker nooit iets hoor nie. Net ‘n bewys van dat baie van die amptenare dink as jy ‘n probleem los, dit vanself regkom.