Allergie-dokter is nuwe baas van Eskom

Prof.. Malegapuru William Makgoba (Foto: Unisa)

Die man wat pas aangewys is as Eskom se tussentydse voorsitter is ʼn mediese dokter wat spesialiseer in die diagnose van allergieë.

Daarom, sê die DA, is prof. Malegapuru William Makgoba nie geskik om dié belangrike pos te vul nie.

Makgoba is aangestel ná die onverwagse bedanking van Jabu Mabuza. Die departement van openbare werke het Woensdag in ʼn verklaring gesê sy nuwe aanstelling, Makgoba, is ʼn toonaangewende wetenskaplike en akademikus wat hom in 2018 by die direksie van Eskom aangesluit het as nie-uitvoerende direkteur.

Volgens Eskom se webwerf is Makgoba die voormalige visekanselier van die Universiteit van KwaZulu-Natal en het ʼn doktorsgraad in menslike immunogenetika. Dié veld het te doen met probleme met die immuunstelsel, soos allergieë of outo-immuunsiektes. Hy het ook vantevore as ombudsman vir gesondheid opgetree.

Die DA meen hoewel sy mediese kwalifikasies indrukwekkend is, sal dit van geen hulp wees om die krisis in die kragopwekkingsbedryf te hanteer nie. “Sy aanstelling is nie logies nie en die gehalte van sy leierskap by universiteite word bevraagteken,” sê Ghaleb Cachalia, DA-skaduminister van openbare werke.

“Daar is ander internasionale energiekenners wat ondervinding het in herstrukturering, bestuur en finansiële aspekte van die energiesektor wat hierdie rol baie beter sal vervul.” Volgens Cachalia het van hierdie kundiges al vantevore werk vir Eskom gedoen en is dus vertroud met Eskom se finansiële en bedryfsprobleme.

“Die aanstelling van prof. Makgoba, mediese prestasies en al, doen min om sakevertroue in die entiteit te bevorder,” sê Cachalia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Willie ·

Wat de hel, neem hulle nie die krisus erenstig op nie? Nou plaas hulle onbevoegde mense in sulke kritiese posisies??? Dit lyk vir my of dit n speletjie is..

Daan Erasmus ·

Die hele land is allergies vir Eskom en hulle probleme. Dalk kan hy dit diagnoseer

Ryan ·

Ja né.. Dis so ‘n anc ding- stel altyd mense aan wat geen kennis dra van hul poste nie, kyk maar na die ministers.

Magda Oosthuizen ·

As Eskom se “allergie” toestand verlig/ gedokter word gaan Eskom defnitief meer energie beskikbaar hê … dit is hoekom n spesialis op allergievlak aangestel is!!

Canine ·

Net as jy dink dit kan nie erger gaan nie. Weet nie of ons moet lag of hul nie.

Juffrou ·

Hierdie ANC maak ń bespotting van ons intelligensie! Kon net sowel die ou wat agter die vullislorrie aan hardloop, aangestel het. Albei weet ewe min van Eskom!

KOEDOE ·

Nog ‘n kader wat ‘n pos kort om sy deel van die buit te kan eis…..

Koos B ·

Jy vat die woorde uit my mond uit.Net ‘n paar maande van nou af gaan jy nie die “smile”van sy gesig af kry agv ‘n goue handruk nie.

Hannetjie ·

Ai mense..kyk so daarna..hy kan nou sommer siek werknemers van Eskom daar by sy kantoor regsien met diagnose en medikasie.Ek meen te se..dan hoef hulle nie afgeboek te word nie…want dr is mos daar.

Infanteris ·

En so hou die wereld aan om te lag vir ons, onkunde en nogmaals onkunde .

Tante ·

wees positief mense hy gaan dalk n wonder middel ontdek teen allergie teen lugbesoedeling agv syeenkool rook

Christo ·

Dr Ruyter is hoof uitvoerende beampte. Makgoba is tussentydse voorsitter van die raad.

Basson ·

Mens vra altyd die vraag? Hoe dink hulle? Antwoord is. Hulle dink nie. Reegeer op die instink van die oomblik.

Andre ·

Hoe lui die spreekwoord…………………skoenmaker depaal jou by jou lees….of so iets ??

Clem Steenkamp ·

Nou ja toe, dit wil gedoen word, ek het ook ‘n allergie en ek hoop regtig hy kan my allergie aanspreek, ek is allergies vir die hoop aanstellings in die land wat gebaseer is op wie jy ken en nie wat jy ken nie….. Boetie vir bandjies!! En dan natuurlik is ek erg allergies vir “loadshedding” – hoop hy het ‘n oplossing vir dit ook…….

K P ·

Kan hy help want ek’s allergies vir die anc en kaders wat hulle aanstel wat clueless is.

Stephanus ·

Hy gaan ‘n paar maande in die pos sit en dan ook, nadat hy genoeg geskep het, bedank.

Abel ·

Kry maar julle solars reg gaan dit binnekort gebruik permanent

Eddie ·

Dalk is hy ‘n goeie keuse , want die hele land is lankal allergies vir Escom se onvermoë en swak prestasie !!!

Nita ·

Ek slaan my hande saam in uiterste ongeloof. Hierdie regering is heeltemal van die wa af.

Anoniem ·

Dalk kan hy sy dienste aanbied vir Zuma, wat allergies vir die waarheid blyk te wees.

Hans ·

Stem saam stel n persoon met die korrekte
/toepaslike ingenieur kwalifikasie en ten minste 10 jaar praktiese ondervinding plus n MBA .

George in Bloem ·

Maar net nog ‘n hopeloos onbevoegde ANC kader wat ‘n rukkie gaan aanbly en dan loop met ‘n sak vol geld net om plek te maak vir die volgende onbeholpe vent wat in die ry staan. En ek en jy BETAAL……..

Leon ·

Net nog ‘n ANC kader aanstelling. Hy benodig seker geld, en nou stel sy pêlle hom aan sodat hy kan skep.

Nee genade?? ·

Is daar dan geen einde aan die Eskom sirkus nie?? Asseblief tog kry net end en ruk julle reg.

Johan Pretorius ·

Dit is baie duidelik dat die wat in beheer is in SA n bespotting van alles maak . Die onbevoegdheid kom nou baie duidelik na vore. Hulle is so onbevoeg dat hulle dit nie agterkom dat hulle uiters swak besluite neem nie.

James ·

Nou kan werkers voorskrifte by werk kry. Dis soos om n tandaarts aan te stel by BMW of Toyota.

Fanie ·

Nog n bewys van ons onbevoegde goverment!
Julle het dit almal verkeerd,sulke mense word in sulke posisies geplaas omdat hulle maar net pupets is

Petrus ·

Nee wat, hulle is nie ernstig om reg te kom. Nie een Departement in Land funksioneer in elk geval nie!

Foxi ·

Hy het die regte spuitnaald vir n nuwe begin by Eskom……..wees positief man.

Sarel P ·

ESKOM se probleem is nie n alergie nie maar wel slegtig en onbevoegde en skelm geit.

Chris ·

Nog ‘n politieke aanstelling. Geen wonder Eskom het onder gegaan nie!

Johan ·

Ek dink hulle doel is om die land ten gronde te laat gaan…

A Mac ·

Daar stel hulle nou weer nie teleur nie. Sal goed wees om te sien hoe hy die situasie gaan hanteer. Of dalk gaan hy genoeg skep voor dinge hom oorweldig? Duidelik is dit wie jy ken en wat jy ken is eintlik bysaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.