Allister Coetzee kry die trekpas

Allister Coetzee. Foto: AP Photo/Natacha Pisarenko

Die Springbok-afrigter Allister Coetzee het die trekpas gekry.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het gesê daar is ʼn ooreenkoms met Coetzee bereik waarvolgens die partye met onmiddellike effek paadjies skei.
“Die rugby-afdeling van Saru sal die verantwoordelikhede van die Bok-afrigter bestuur tot die afrigting- en bestuursgroep vir 2018 later die maand bevestig word,” lui die verklaring.

Jurie Roux, uitvoerende hoof van Saru, het Coetzee bedank vir sy bydrae. “Ons moet die beste belang van die Springbokke eerste stel. Ons bedank Allister vir sy passie en toewyding tot die Springbokke en wens hom alle voorspoed toe in sy volgende rol.”

Coetzee het die Springbokke alles sukses toegewens. “Springbokrugby lê my nog altyd na aan die hart en daarom dink ek dit is nou die tyd om vir my en die span se paadjies om te skei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

82 Kommentare

Adam ·

Ek stem, maar dit bly jammer dat Jurie` Roux nie gevra is om ook sy tassies te pak nie.

Valerie ·

Adam, dieselfde ding wat ek my man ook gevra het. Was daar maar nie nog redelik onlangs ‘n baie donker geldelike wolkie oor die gladde Jurie se kop nie?

Wurmpie ·

Dit vat Saru ook lank om van iemand ontslae te raak. Hoop hy betaal terug vir al die verloor toetse wat gespeel is en hy salaris ontvang het

Willie ·

Hoera! dis omtrent tyd! Dink daar moet nog een of twee verkas!

Wragtig ne.. ·

Stewige handdruk uitbetaling vir iemand onbevoegd wat nooit daar moes gewees het nie!

Steps ·

“Tyd dat ons paaie skei” en sien julle by CCMA.
Hy gaan nie net gedwee wegloop nie. Groot geld gaan hande verwissel.

Jippieee ·

Uiteindelik, julle het ook ‘n dekade gevat om van hom ontslae te raak. Ook probeer om die BEE ratings reg te kry en al wat ‘n ding is totdat julle besef het hy is NIE die regte man vir die span nie. Hoop nie ons kry nog slegter nie.

Herman ·

Hoog tyd. Nou moet iemand anders die stukke optel. Gaan lank neem om weer op standaard te kom, maar eerder dit as nog met toetie aan boord. Dankie tog hy is weg.

Nettie ·

Ek wonder …………….hy wou eers nie loop nie…………………..seker n lekker]
pakket gekry …………………maar good riddens…………………hopeloos gewees

Wesley ·

Ek sal maar liewer my optimisme vir die situasie mooi bewaak, dalk kry ons weer bloedneus met al die “Rassie-flair” wat ons nie kan red nie.

Johann ·

Nee rerig? Het die Springbokke n afrigter gehad? Ek dog die ou is hulle bus bestuurder die wat hy op si baie fotos saam die Bokke is?

zoom zoom ·

Ek sal ook die bokke vir 2jaar afrig en daarna met ‘n goue handdruk wegstap. Maar dit is asof die toetsie nie gelukkig is met die besluit van SARU. Hy kan nou by ou snorre gaan aansluit

Chris Ws ·

Hy het die prestasie behaal as die Bok afrigter met die meeste verloor rekords nog agter sy naam.Nou gee SARU hom nog ‘n goue handdruk?Hy skuld hulle vir al die verloor wedstryde tydens sy termyn as Bok afrigter!Dankie tog hy is uiteindelik afgedank!Sy rekords sal nie maklik gebreek word nie!

Marius ·

Hy het nie voldoen aan sy kontrak se vereistes en hy kry n goue handdruk.

LouE ·

Maak nie saak wie die nuwe afrigter is nie, Springbok rugby is ‘n ‘has been’. Dit sal nooit weer regkom nie. Baie treurig, maar ons moet feite in die oe kyk.

Deloris ·

Hoogtyd. Dalk sal ek nou weer begin rugby kyk….
Nog net zumpie wat trekpas moet kry

DJKnapp ·

Mense, so ver wat my kennis trek maak een man nie n span nie. Of dit nou die afrigter is of een van die topspelers is, een man maak of breek nie n span nie. Die bokke is al lankal nie meer n span nie. Soos Heyneke Meyer n swak span geeerf het en SARU se swakbesluite, so het Allister ook maar diesefde pad geloop. As ons weer ooit n rugby span wil he moet ons die afrigter los om sy eie span te kies.

Marius ·

Een man maak nie n span nie maar een man kan verseker n span breek…

Marius ·

Een man maak nie n span nie maar een kan verseker n span breek…

chris ·

was dit dan nie ooglopend nie bantam, ek is seker ons bokke sal nou meer wedstryde kan wen in plaas van verloor

linda ·

Wonderlike nuus !!!! Toetie Coetzer se hart en siel was nooit in die game nie, maar in die geld !!!! Totsiens Toetie !!!!

Gerhard ·

Die goue handdruk maak alles weer reg, nê ou Toetie, gister nog het jy gesê jy sal nie sommer loop nie.

??? ·

Ek het die pot mis gesit. Met die dat die afrigters so baie verwissel, hou mens nie tred nie.
Ons hoop die volgende een sal beter vaar en die span na meer oorwinnings lei.

Snuffels ·

Nou kan ek weer dit oorweeg om n toets kaartjie te koop teen die Engelse…maar sal eers sien wat gaan volgende in die sirkus se show room of horrors gebeur

Johann ·

Daars n pos by ons Laerskool se Bulliekie Rugby. Hy sal BAIE goes doen. Wedstryde behels so min as moontlik strawwe kontakEN daar word nie gespeel om te wen OF verloor nie. Dan is daar ook n pos oop vir n VAKTOTUM?

Attie ·

Nee die arme laerskool kinders hy ken soveel van rugby soos Zuma van regeer… dink as hulle twee posisies kon ruil sou altwee beter gevaar het

Nee wat!? ·

Nie rugby God nie net common feite….sy afrigting was swak! Sy spankeuses was swak….Hy presteer nie so hoekom moet hy aanhou bly????Hoekom as mense hul punt stel en sien n probleem word opgelos met toetie se afdanking omdat hy nie presteer nie dan aanbid hul n rugby God??? Regtig verduidelik asb vir my….As ek nie my werk reg doen nie gee dit my die reg om aan te bly teen die onkostes van my baas??? Ja nee ok net in Suid Afrika is die tweede beste standaarde mentaliteit goed genoeg!

Herman Goosen ·

Ja dankie Alister,

Jy het Springbok rugby tot ‘n nuwe laagtepunt gelei. Hier is vir jou ‘n bonus vir swak bestuur!

Hanna ·

Komnou julle almal wat hom so slegse. Het ons vorige twee of drie afrigters beter gevaar. Nee ek dink nie so nie!!!!!

Johann ·

Ek hoor ons plaaslike Darts Klub soek n afrigter. Pay is in bier en ons speel net vir die fun, geen verwagtings nie. Min of meer soos Bok Rugby deesdae. Hy sal goed aanpas en inpas.

Nettie ·

Die beste Bok span was die 1995 span wat die Wêreldbeker die eerste
keer gewen het. Kyk gereeld nog na die wedstryd van daardie dag ………

Daardie ouens kon rugby speel ……………….

R ·

Laat die nuwe afrigter (wie ookal) maar nie te grootbek wees nie. Allister het wel nie so waffers gevaar met sy afrigting van die Bokspan nie, maar net so ook SOVELE HOOGGEAGTE MENERE VOOR HOM. Van al die kommentare hierbo is dit net DJKnapp wat objektief tereg se: (en ek stem saam) Los die Bok afrigter uit om sy eie span te kies sonder al die politieke inmenging en ons kan dalk net weer ‘n ramkat van ‘n Bokspan die veld op stuur. Gebruik ook asseblief eerder die jong uitstekende talent eerder as die ou menere!

DieGemaskerdeSopbeen ·

DJKnapp, jy kan nie meer verkeerd wees nie. ‘n Afrigter is die persoon wat (in ongeveer enige sport) die grootste impak op ‘n span maak. Wereldwyd sien mens dit keer op keer waar bo-baas afrigters ‘n klomp kluitkoppe in Wereld Kampioene verander of waar kwota afrigters ‘n wenspan ten gronde bring. Allister is ‘n goeie mens, maar so by my kool, hy’t homself bykans doodgesukkel om sy pad uit daardie span te werk.

Ore ·

Suid Afrika is seker die enigste land waar jy ruim vergoed word indien jy NIE jou werk doen nie…….weet nie hoekom ek so moet “suffer” nie!

Johann ·

Hoor hy gaan n VLUG BAL span in Kuruman afrig. Hy voldoen blykbaar aan die vlak van VLUG wat benodig word in die sport. Hulle soek nou net vir n nuwe sponsor vir die BAL. ESKOM kan nie meer die bal borg nie. Iets te doen met iemand wat sy pensioen geld nog nie terug betaal het nie?

Attie ·

dalk kan hy die sokker afrig daar is nie n manier dat hy nog swakker kan vaar nie en die standaard is klaar laag

Johann Marx ·

As ek vir my ‘n mnaam kies wat met ‘n dubbel medeklinker begin, kan ek ook aansoek doen vir die pos? Ek sal AL sy rekords verbeter….rerig!!

Frans C ·

11 uit 25 is 44% en met dit kan jy maklik ‘n matriekvak slaag,want:
Diploma pass requirements

Must obtain at least 40% for your Home Language.
Must obtain at least 40% for three other High Credit subjects (Four, including your home language.).
Must obtain at least 30% for two other subjects.

Bachelors Degree pass requirements

Must obtain at least 40% for your Home Language.
Must obtain at least 50% for four other High Credit subjects.
Must obtain at least 30% for two other subjects.

Le roux ·

En so sal hulle kom en gaan solank die politiek bly inmeng sal daar gereeld n nuwe afrigter wees , en as Rassie die volgende afrigter is , is hy geen uitsondering wees nie en jong talentvolle spelers gaan speel oorsee.

chris greyling ·

Ek is verbaas,van al die kommentare spreek net 3 die kern problem aan. Almal behoord te weet, dis nie Coetzee se skuld nie, maar die SA rugby bestuur “ANC” se skuld dat rugby al swakker en swaker sal word. Alles wat vir ons Volk dierbaar is moet tot nuut gemaak word. My Volkie maak oop julle oë.

Dereck Le Roux ·

Dit is dieselfde geval as om van Jacob Zuma ontslae te raak, dit help net mooi niks om van hom alleen ontslae te raak en die fat cats binne SARU bly waar hulle is nie, die volgende afrigter gaan ook maar net met dieselfde politieke inmenging en gemors sit as waarmee Alister Coetzee opgeskeep was.

jaco ·

Regstellende aksie speel seker ook ‘n rol. Ek weet van talle mense van Alliance Coetzee se ras vir wie al in die arbeidsmark gesê is “sorry but you are not black enough”.

Flip Pretorius ·

Nou kan n man darm weer begin rugby kyk. Alister moet nou nie huil oor die trekpas nie. Jy het mos lankal geweet dit kom. Om die waarheid te se jy was nooit opgewase vir die taak nie. n Afrigter moet darm ook respek kan afdwing by die wat jy afrig. Geluk Saru, een van julle beste besluite nog

willie ·

Almal is bly maar hy is net die punt van die ysberg. Indien SARU ook hulle goedjies gevat het dan sou die prentjie beter gelyk het. Ten laaste Rassie is die groot hoop, is daar een span wat hy geneem van die begin tot by ‘n trofee.

Realis ·

Die paar voor hom was nie veel beter nie. Moenie vergeet, onder Heyneke het ons teen Japan verloor!! Springbokspan het veel meer as net ‘n nuwe afrigter nodig….. As julle dink die Bokke gaan nou weer nr1 wees met ‘n nuwe afrigter droom julle….

Mike Kaapstad ·

ag nee hoekom altyd , die beste ………………..

lvh ·

Kry Toetie eintlik jammer! Hy is maar net die puppet van SARU en hulle, insluitende mnr Jurie, spring as die groot menere vd politiek sê spring. Tyd dat hulle van bo af begin skoon maak. As die top nie hul siening verander nie gaan n vlg afrigter ook nie die mas op kom nie. Ek moet eerlik sê dat die Bokke ook maar lekker aanjaag. Ons sal maar wag en sien

Jacques Venter ·

Die publiek het HM ook maar goed sleg gesê.
Die sprinbok afrigter sit met die probleem dat baie goeie spelers oorsee speel.

Anoniem ·

Asb Mnr die President verklaar dit n publieke vakansie dag want baie gaan nie maandag by die werk wees na al die fees dat Alister uiteindelik in die pad gesteek is. Bai baie ďankie SARugby

Hanlu ·

Ons wys gou vingers. Wat van Brendan Venter, Franco Smith & Matt Proudfoot? Hulle was ook deel vd afrigtingspan?

Jaco ·

Ek weet nie hoe mens jouself verlekker uit n ander se ongelluk nie. Terug na die rugby, Allister het nie self op veld op die veld uit gedraf nie, die jong manne moet ook antwoord op die bokke se swak wan-prestasie. As mens terug dink, Pieterse het n wen span oorgevat by Jake White, sy span het vir n ruk gewen totdat van die manne more aftree. En toe, was geen speakers gebrui nie. Allister het n swak span geerf, ons laaste regte bok bruier was Jake White. Al wat ek kan se, sterkte vir wie ook al die luisels neem.

Rianto ·

Kan Zuma nie asb vir Jurie Roux afdank voor hy afgedank word nie! Dan is ons van al 3 ontslae voor einde Feb..

humor ·

Nou wie nou verder, wie gaan oorneem. Gaan Rassie bereid wees om al die politieke inmenging te deurleef. Is daar nog puik manne wat regtig gemotifeerd is om in SA rugby te speel.

DR ·

Mense Coetzee het swak gedoen oor kwota teiken,,, op hom af gedwing. Dir gaan mos nie nou verander nie.. Kom ons kyk maar.

Niklaas ·

Dit het maar besonder lank geneem om tot hierdie stap uit te kom. Nou moet ons net hoop dit gaan lei tot ‘n verbetering van Bokrugby. Swakker kan ons eintlik nie vaar nie. Ons moet nou net hoop talle spelers oorsee voel lus om terug te keer met Coetzee uit die prentjie

Oom Kalahari ·

Mnr Allister Coetzee was maar ook net ‘n pion van Mnr Jurie Roux . Kom ons ky hoe sal Mnr Roux vorder as afrigter. Dit gaan nie net oordie afrigter nie, maar ook die spelers en hul spel patroon. Politiek is die groot probleem in alle sport en dit moet opsy geskuif word. Die Bestuur en aftigters moet kan identifiseer en ontwikkel waar hul sterk punte is omte beproef. Vroeer jare was dit ‘n trots vir land en eer, maar vandag gaan dit alles net oor geld. Dit is nie die afrigter wat speel nie, maar die spelers en as hul mekaar nie vind as span dan is die spel verlore. “Sterkte Bokkies” nog ‘n lang pad tot herstel van aansien.

Magda maritz ·

Halleluja good riddens dit moes al lankal gebeur het. Springbok rugby ons land se trots. Hoop 2018 gaan met n “bang” afskop vir ons rugby ” go bokke”

Alida ·

Sport is daar om geniet te word maar vandat politiek en kleur n rol begin speel het is dit groot gemors. Kies die BESTE afrigter en spelers ongeag sy kleur. Wat verstaan hulle nie.

Bittergal ·

Dit is soos wiskunde.
Wat aan die een kant gebeur, gebeur ook aan die anderkant. Bokrugby sal vanself reg kom as die Bulle weer eendag kan Rugby speel.. Dit le ver en diep in die donker toekoms.

Anton ·

Nee wat, Springbok 15 man rugby is soos staatsinstellings vandag. Eendag lank gelede was daar mense wat Eskom ensovoorts gebou het en reg kon bestuur… Springbok sewes is gesond want daar is nie n soustrein vir die idiote om op te ry nie. Sewes gaan NET oor meriete…sover.
Springbok 15 man rugby is vrek in ons land want daar is geen rugbymense oor in saru geledere nie, Rassie of wat ook al.

Nico ·

Eers Allister, dan Zuma en dan ‘n gawe goue handdruk vir elk om die “pyn” te stil !! Lekker !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.