Almal gaande oor nuwe foto’s van Pippie

Pippie Kruger en Bobby van Jaarsveld (Foto: Anice Barnard Kruger, Facebook)

Pippie Kruger en Bobby van Jaarsveld (Foto: Anice Barnard Kruger, Facebook)

Facebook gons oor foto’s van Pippie Kruger, wat op Oujaarsaand 2011 derdegraadse brandwonde oor 80% van haar lyf opgedoen het nadat ʼn bottel vuuraansteekjel ontplof het.

Pippie was twee jaar oud toe die voorval gebeur het, en sy moes erge veloorplantings ondergaan. Sy het in Junie 2012 baanbrekerchirurgie ontvang waar haar eie gekloonde vel, wat in ʼn laboratorium in Boston gekweek is, op haar wonde oorgeplant is. Nou staan almal verstom oor die merkwaardige vordering wat sy gemaak het en komplimente stroom in.

Anice Barnard Kruger, Pippie se ma, het die foto’s op Facebook gelaai waar Pippie onder andere saam met die sanger Bobby van Jaarsveld afgeeem is. Pippie het in Junie haar sesde verjaarsdag gevier.

Pippie het op Oujaarsaand 2011 derdegraadse brandwonde oor 80% van haar lyfie toe ’n vuuraansteekmiddel tydens ʼn braai ontplof het. Pippie was twee jaar oud ten tyde van die voorval. Pippie het in Junie 2012 baanbrekerchirurgie ontvang waar haar eie gekloonde vel, wat in ʼn laboratorium in Boston gekweek is, op haar wonde oorgeplant is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Tammy ·

Baie dankie vir die berg oor Pippie. Ons is dankbaar vir haar vordering.

SNEL ·

Sy lyk pragtig. Glad nie so erg as wat n brand slagoffer gewoonlik lyk nie. Dit is wonderlik dat sy daardie gekloonde vel kon kry. So bly vir hulle en dat sy so pragtig herstel het. Sy lyk na n regte sonstraaltjie. Baie dankie vir die berig en dat ons op hoogte gehou word oor haar vordering.

Salomi Walters ·

Lekker, verfrissend , om sulke goeie nuus te lees. Ongelooflike wonderwerk om so te kon herstel. Alles wat mooi is vir die toekoms vir die dapper meisietjie.

Elisabeth ·

Pippi[e] jy is meisie duisend. Hoe bring jy en Maroela vandag ‘n glimlag in my lewe met die berig. Ek is so bly jy het so mooi gevorder dit spreek boekdele. Genade.

Debs ·

Dankie vir die “update” ek het net Vrydag aan Pippie gedink en gewonder hoe sy vorder.
Pippie jy bly pragtig, sy laat my baie dink aan my eie kleinkind …. Hou so aan poplap…

Marianda Otto ·

So awesome om te sien pippie lyk so mooi…tegnologie is amazing

Elize ·

Dit is ‘n wonderwerk. Sy lyk pragtig. Nog net haar handjies dan is sy ‘n volkome engel. Pragtig nooi.

zahn ·

Pragtige kind, jou ou doring Pippie! Wie is die lelike oom saam met jou op die foto? Sterkte bokkie, en dankie maroela dat julle ons op hoogte hou. Toemaar Bobby fans, ek spot net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.