‘Almal in SA se erfenis moet gerespekteer word’

Dr. Pieter Groenewald. (Foto: VF Plus)

Suid-Afrika is in ʼn unieke posisie wat erfenis betref, juis vanweë sy groot verskeidenheid mense, kulture en tale. Dit word goed uitgebeeld deur die feit dat die land 11 amptelike tale het.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, meen saam met hierdie ryke erfenis kom ook groot uitdagings aan die gemeenskappe van die land om mekaar se verskille, en veral hul kultuurverskille, te respekteer, asook vir die regering om hieraan erkenning te gee.

“In ʼn diverse samelewing soos in Suid-Afrika is dit belangrik dat mense van die onderskeie kultuurgroepe erkenning gee aan ander se nalatenskap en gebruike. Een groep moenie probeer om sy eie gebruike en standpunte op ʼn ander af te dwing nie.”

Die doel en betekenis van Erfenisdag is juis om die klem te laat val op hierdie verskeidenheid kulture en erkenning te gee aan elkeen om sodoende nasiebou te bevorder, meen Groenewald.

“Onder ʼn ANC-regering gebeur dit ongelukkig nie. Daar is ʼn groot aanslag teen Afrikaans wat nie net die taal van die Afrikaner is nie, maar ook van die meerderheid bruin mense en sowat 800 000 swart mense.

“Taal is ʼn belangrike aspek van erfenis en definieer ʼn volk tot groot mate. Dit is ʼn samebindende faktor vir mense wat in hul eie moedertaal bid, werk en sosiaal verkeer. Moedertaal is die gom wat ʼn gemeenskap aan mekaar bind.”

Volgens Groenewald lewer die ANC-regering net ʼn lippediens aangaande respek vir die onderskeie kulture en oor die belangrikheid van Erfenisdag aangesien dit in die praktyk nie nagekom word nie.

“Die Afrikaner het deur die geskiedenis heen bewys hy het altyd ʼn groot bydrae gelewer in die opbou van die land en is steeds bereid om hierdie erfenis voort te sit.

“Die regering moet nogtans daarvan kennis neem dat die Afrikaner sal opstaan vir sy regte soos die handhawing van sy taal by onder meer universiteite waar Afrikaanssprekers die volste reg het om universiteite van hul taal te hê.

“Hierdie aanspraak moet erken word, want dit is geldig. Dit sal ʼn groot bydrae lewer tot nasiebou in Suid-Afrika.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Mans ·

Wie Pieter hier is is baie waar. Die anc is alewig besig om dit wat nie jou eie is op jou af te dwing. Soos bv engels. Dit is van die groot leuns wat versprei word dat engels jou n toekoms gee. Baie eerste wêreld lande se mense kan bitter min of geen engels praat en hulle is ons ver vooruit. Vermoed dié afdwing het iets te doen met die anc se sosialistiese uitkyk.

Kallie ·

Engels gee die siele wel ‘n voorsprong in Trumpland en Brexit Engeland. En daar is hulle ook nie juis welkom nie.

ANdrew ·

Ek kan nie met jou saam stem nie. Ek sit as SA’ner in Frankryk en hoor hoe ‘n Fraansman en Duitser met mekaar praat in Engels. Ek sit in Japan, dan hoor ek hoe ‘n Japanees en Chinees ook met mekaar moet praat in Engels want hulle verstaan nie mekaar se tale nie. Kom ek in Rio aan, dan praat ek as SA’ner, met ‘n Brasilianer en Spanjaard….in Engels.

Engels is nou maar die gemene taal, of jy dit wil glo of nie. Afrikaans help my lettelik net in SA en Namibie…orals anders praat ons maar Engels

Petrus ·

2,000 jaar gelede het beskaafde mense in Europa Latyn gepraat. Toe vou die Ryk. In die 18e eeu was die hoftaal van die Russiese paleis Frans.Toe word die Franse koning se kop afgekap. Tye verander en ander tale word belangriker. Japanese, Chinese en Europiërs begin nou verskeie tale bemeester, insluitend Engels. Spaans raak belangriker in die VSA. Net ‘n kwessie van tyd dan gaan die meerderheid Yanks Spaans praat. Dit sal oorspoel na die res van die wêreld, saam met Mandaryn. Na Brexit is Engels net die amptelike taal in twee EU lande, naamlik Ierland en Malta. Ander tale gaan belangriker word. Teen die einde van hierdie eeu sal Engels skaars in Engeland gepraat word. Vir nou byt ons maar vas met Engels. Terloops, ek het al in ‘n vergadering gesit waar Russe, Italianers en Duitsers in Frans gekommunikeer het. Gelukkig het ek ‘n tolk gehad.

JohanL ·

Mans en Andrew – beide skryf die waarheid maar julle praat dalk bymekaar verby? Ek stem saam met Andrew dat Engels tans ‘n GEMENE taal is vir mense oor die wereld. Geen twyfel nie.

Maar ek stem saam met Mans dat Engels as enigste taal (ek voeg die woord enigste by) nie nodig is vir vordering nie. Miljoene (indien nie biljoene nie) Japanese kan skaars Engels praat, maar kyk waar is Japan as voorbeeld. Baie Franse kan skaars Engels praat (en wil dit nie praat nie) maar hul opvoedingstselsel produseer ‘n persoon wat uiters bevoeg is om ‘n bydrae te maak tot hul land.

Ek dink SA is in die bevoorregte posisie dat ons weens ons geskiedenis, Engels as tweede taal kan “afdwing”. Dit vind eintlik reeds meerendeels plaas. Maar opvoeding moet kan plaasvind in jou moedertaal, wat tans nie die geval is nie. Meeste inheemse tale laat slegs opvoeding toe tot en met Graad 3. Daar is plek om daardie tale te ontwikkel, wat nog nie die afgelope 25 jaar gebeur het nie. En ek glo dit is agv ‘n politieke wil wat ontbreek en nou word Afrikaans geteiken, sodat “almal in Engels moet leer”. En dit is verkeerd. Ek stem saam met Dr Groenewald dat ek dink (dis)respek vir ander se taal dalk net die kern van die probleem is.

Martin ·

Petrus, as wat jy se waar is, dan is Afrikaans dood oor 100 jaar. Ek bedoel, as die 2de grootste taal gaan sterf teen die einde van die eeu, moet ons maar Afrikaans geniet terwyl ons kan. As Engels dit nie gaan oorleef nie, het Afrikaans GEEN kans nie.

Maar ek stem nie met jou saam nie. Amerika gaan nie Spaans word nie. Die wereld praat nie Engels want die UK was ‘n lid van die EU nie (nou dat hulle uit trek sterf die taal?).

Petrus ·

Martin, volgens US Census het 41 miljoen Amerikaners Spaans as eerste taal gepraat in 2015, en ‘n verder 12 miljoen as tweede taal, dus 53 miljoen in totaal. Dit het intussen opgeskuif na 59 miljoen en kan op 140 miljoen staan teen 2050. Reeds meer as die helfte van die inwoners van Miami is Spaanssprekend. Amper die helfte van die skoolkinders in verskeie suidelike en westelike state praat Spaans by die huis. Die bevolkingsgroei daar is ook groter as in die noordelike state waar minder Spaans gepraat word. Die demografiese samestelling van die VSA is dus besig om te verander en teen 2099 gaan die land anders lyk, insluitend taalgebruik. Dit sal taalgebruik in die res van die wêreld ook raak. Teen 2099 gaan Europa se taalgebruik ook anders lyk. China gaan die wêreld oorheers teen 2099 wat taalsake nog verder sal omkrap. Indien ek Lefusi was sou ek nou al begin om Spaans en Mandaryns in skole in te voer. Ek en jy gebruik Engels omdat ons moet, maar ek is nie lief vir die taal nie en sal dit ook nie uitbou en beskerm nie. Ek glo ander nie-Engelse voel ook so.

sweis ·

Ek stem saam en glo as julle die regering druk hulle diskriminerende wette sal moet skrap wat hulle gebruik om wit mense te onderdruk gebaseer net op velkleur of alternatief ons n onafhanklike staat te gee vir selfbeskikking gebaseer op die europese unie.

jaco ·

in 1980 het die AWB en n klein regse organisasie Aksie Eie Toekoms begin praat van n wit volkstaat. hulle was bang dat die destydse Nasionale Party regering se toegewings aan kleurlinge en Indiers uiteindelik so lei tot swart meerderheidsregering. hulle volkstaatvoorstelle is orals afgeskiet:
1. Die Nasionale Party het gesê dit kan nie werk nie want dis rassisties
2. die regse Herstigte Nasionale Party het gesê dit kan nie werk nie want dis onprakties. Meer mense moes eerder vir die HNP stem sodat die HNP n verkiesing kon wen en volle apartheid terugbring
3. Die regse Konserwatiewe Party wat in 1982 gestig is, het baie dieselfde as die HNP gesê, maar NOOIT met die HNP saamgewerk in n verkiesing nie
So, met verskonings van “dit kan nie werk nie”, “dis onprakties” en “ons gaan eendag n verkiesing wen”, is daar toe NIKS met n volkstaat gevorder nie
in 1991, NADAT die ANC reeds gewettig was, het NET 60 mense blykbaar gevrees vir wat eendag kan gebeur en toe Orania gestig. Daar bly vandag, na 28 jaar, maar net 1200 mense, verdeel in AG (8) kerke!
1 miljoen mense stem nee in 1992, maar net 425 000 stem Vryheidsfront in 1994. daardie 424 000 het met ELKE verkiesing daarna, behalwe in 2019, minder geword.
SO, ons eie mense help oor die jare maar ook lekker om ons eie swaarkry en uiteindelike ondergang te bewerkstellig.

Therese van Schalkwyk ·

Heeltemal reg, Jaco.
Afrikaanssprekendes het ook aktief meegewerk om Afrikaanse universiteite te verengels, en doen dit steeds. Verstommend om dop te hou.

Andre ·

Een 100% korrek. Ongelukkig is sekere woorde onbekend regdeur die reenboognasie soos : Respek, Integriteit, Empatie, Aanspreeklikheid ens….

Drikus Kotze ·

Erfenisdag – wat presies het Afrikaans sprekendes ge-erf? Ons het ander nasies mede-erfgename in 1994 gemaak van ‘n pragtige land waarvoor hulle feitlik niks bygedra het nie. Erfgoed is swerfgoed. Nou het almal niks!

Kolskoot ·

Pieter jy praat baie kan die VF + dit stop NEE
wys jou staal en stop die NGV dan het jy my stem

schaun ·

Neels ,ek stem dan stem ek weer VF+ die tyd vir selfregering moet nou gebeur.

Sue ·

Dr Pieter – al wat almal in hierdie land geërf het, is een groot gawe gemors – korrupsie, staatsinstellings wat almal maar kan toemaak, ekonomie wat daagliks agteruitgaan, misdaad, hoog op die lys die aantal moorde daagliks en landsburgers wat vertrap word deur ‘n ANC regering

JR ·

Miskien moet die LUR van Onderwys “Lesufi ” sy naam verander dan sal ons kutuur meer sin maak want dit klink nie eg Afrika nie

Stiks ·

My taal , geskiedenis en vlag is my erfenis. Basta en klaar!

m.d.r. ·

Wanneer die Hoof Regter van SA se hoogste hof doodeenvoudig die geskiedenis van ‘n Universiteit soos Ukovs ignoreer, en sy eie weergawe probeer skep—-dan het ons as Afrikaners niks geerf nie maar alles verloor.
Ek verwys hier na Regter Mogoeng Mogoeng se motivering vir sy uitspraak oorAfrikaans op Ukovs—“this is a scarce COMMODITY and cannot be reserved for one language…..”
a “COMMODITY” is iets wat deur die natuur voortgebring word——Nie ‘n klomp mensgemaakte geboue. biblioteke, laboratoriums ens. wat deur ‘n groep mense met ‘n gemeenskaplike taal begin en onderhou is sedert 1904………en Mogoeng Mogoeng verneder ons erfenis met so ‘n uitspraak. Ek kan vir hom vertel dat regverdige regspleging elke dag meer ‘n “scarce commodity” word…..

.

Gert ·

En toe gaan hy voort en reserveer die universiteit net vir een taal: engels.

Hans ·

Dan klim die minister van Hoër Onderwys ook op die wa om die afrikaans sprekendes te na te kom.

Ig ·

Gaan die VF vir Lesufi vasvat want hulle vat nie vir Malema vas nie? Go VF!!!!! Vat hulle pappie!!!

schaun ·

Ek sien nie n nodigheid daarvoor nie vergeet die leë koppe met die groot monde en kyk na die mense wat vir jou stem onderhandel vir n onafhanklike landjie waar ons kan floreer.

JohanP ·

Ek wens net iemand Wil Vir die anders kleuriges en die EFF die geskiedenis van ons land Leer. Hulle Wil erfenisdag toewy om te herdenk waar hulle Vanda an Kom. Waar Kom ons Afrikaners vandaan ? Ons vlag, volkslied en taal is Mos ons erfenis. Alles moet verander omdat hulle dit Wil verander en afpers op ons. Name moet verander en beelde moet plek maak vir Ander om ons verder te onderdruk. Tot waar gaan ons dit aanvaar of gaan ons een dag saam staan en standpunt knneem en Vir die meerderheid in hierdie land wys Genoeg is Genoeg.

Dolf ·

Swart mense stel nie belang in jou kultuur en afkoms nie. Dis onwaarskynlik dat witmense belangstel in swart mense se kultuur en afkoms. Vir witmense het SA se geskiedenis in 1652 begin.

JohanL ·

Stem saam. Ongelukkig sal die swart onderwyser in die swart skool altyd die rassistiese sy van die geskiedenis uitlig aan die kleine swart kindertjies.

Daarom het ons blanke ondwerwysers ‘n plig om die regte ware geskiedenis in die blanke skole aan die kinders te leer. My kind gee onderwys en “buig die gegewe kurrikulum” om deur verryking (ekstra inligting) die ware feite aan die kinders te gee. Die bestaande handboeke praat mos baie snert. Nogal snaaks hoe van die swart kinders wat in die klas is, reageer as hulle hoor hul voorouers het die Khoi en die San uitvermoor. Maar JohanP jy is reg – dit moet gedoen word, maar ongelukkig sal dit nie in swart skole gebeur nie (en skole is die “voedingsbuis” van ons samelewing).

Ruiter in Swart ·

Dis alles waar. Maar dit is ongelukkig waar dit stop! Ons respekteer hulle erfenis, maar die Boere en Stedelinge se basiese reg/erfenis op ‘n veilige omgewing, word GLAD NIE gerespekteer nie! Ons moet daagliks in ‘n gangster staat probeer oorleef en ons self probeer veilig hou! Ons is in konstante trauma en vrees oor al die aanvalle op ons. Dit is net NIE normaal om so te leef nie!! As jy braai en kamp of jou woning verlaat, moet die wapen altyd byderhand wees. Blaf die honde snags is almal in die huis vrees bevange………

Theresa ·

Sê ek ook mos!! Maar dit werk nie vir diè spul nie. Ons maak nie saak nie, nie eers ons lewens nie. Alles is net hulle.

Vlakvark ·

Kul jou hier, kul jou daar, en siedaar, die Suid-Afrikaanse nasie is nie volwasse genoeg vir die beoefening van ‘n demokratiese stelsel nie, wat die begrip “demokrasie” ookal beteken. Die begrip “demokrasie” is ‘n drogbeeld, vatbaar vir oneindig vele interpretasies. Meeste mense praat mekaar net klakkeloos na.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.