Ministers en grootkoppe van die openbare uitsaaier het Maandag vergader nadat die SAUK nie daarin kon slaag om ʼn lisensie te kry om die Wêreldbeker-rugbytoernooi uit te saai nie.
Supersport het Saterdag in ʼn verklaring bevestig dat hy nie ʼn ooreenkoms met die SAUK vir die sublisensiëring van uitsaairegte vir vanjaar se Wêreldbeker kon bereik nie, berig News24.
Dit volg ná maande lange onderhandelings tussen die twee partye en beteken dat miljoene Suid-Afrikaners, wat nie toegang tot DSTV het nie, nie die rugby sal kan kyk nie.
“Supersport het die gesprekke met die SAUK te goeder trou benader, wat sy opregte toewyding aan die nasie se rugbygeesdriftiges weerspieël. Hy het sy beste pogings aangewend om ʼn billike en kommersieel lewensvatbare ooreenkoms te sluit. Ongelukkig is alle voorstelle wat deur Supersport gemaak is deur die SAUK van die hand gewys,” lui die verklaring.
Zizi Kodwa, minister van sport, kuns en kultuur, het gevolglik Maandagoggend met Mondli Gungubele, die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Nada Wotshela, waarnemende uitvoerende hoof van die SAUK, Ian Plaatjes, die SAUK se bestuurshoof, en Keletso Totlhanyo, SAUK se hoof van sport, vergader om oplossings vir die kwessie te bespreek.
Die minister het die SAUK aangemoedig om ʼn oplossing te vind, “sodat die openbare uitsaaier sy mandaat kan vervul om sport van nasionale belang te dek”.
“Ek is bekommerd oor hoe miljoene Suid-Afrikaners dalk nie na die Wêreldbeker-rugbytoernooi sal kan kyk as die SAUK geen wedstryde in die toernooi uitsaai nie,” sê Kodwa.
“My verbintenis is om Suid-Afrikaners toegang tot alle sportkodes te gee.”
Kodwa sê hy is hoopvol dat ʼn ooreenkoms tussen die SAUK en Supersport bereik sal word.
“Rugby speel ʼn kritieke rol in nasiebou. Dit is belangrik dat miljoene Suid-Afrikaners kan kyk hoe die Springbokke aanhou om ons land se naam by die Wêreldbeker-rugbytoernooi hoog te hou.”
Dis hoogtyd dat hierdie nonsens stop dat net die heel rykes sport kan kyk.
DSTV intekenare betaal daarvoor Annie. Ek is nie ‘n DSTV intekenaar nie.
D.w.s. DSTV Super Sport kykers is ryk. En Manie jy kan dit sekerlik nie bekostig nie.
Laat ek iets in jou oor fluister. Dit waarin ek belangstel om te kyk, regverdig nie DSTV se premie nie. Buiten direkte sportuitsendings, word die res bloot herhaal.
Wie dink jy betaal die regte om uit te saai?
Of dat net hulle met Ferraris en Porsches mag ry. Almal moet dit kan doen, mos.
Hul betaal nie eens hul sabc lisensies nie, Dstv moet vasskop en laat hul betaal.
Jaag DSTV en SABC. Wereld Rugby het so pas die app/webwerf Rugbypass.tv beskikbaar gestel sodat mense die WB kan kyk. Hoekom is dit nog enigsins nodig om DSTV of SABC te gebruik?
Wel, as jy ‘n goeie internet-verbinding het, sal dit op verskeie plekke in elk geval gestroom word. Net weet waar om te kyk/soek. Jy hoef nie eers een of ander app af te laai nie.
en met die oorlaaide netwerke staak die uitsending en die wielietjie rol tot vervelens toe. Punt is, SAUK het nie geld nie, nog ‘n Staatsinstelling wat planke toe bestuur is. Nou neem almal mense kwalik wat DSTV het.
Stem saam, maar kyk ook net n bietjie hoe verander DSTV (ook Kyknet) se advertensies en programme na sekere volks groepe toe. Een van die dae is ons daar ook uitgewerk, betaal of nie.
Presies Piet. Supersport en SABC dink hulle hou worstels voor almal se neuse. Soek net bietjie rond en jyt hulle nie nodig nie
See what i mean.
Laat die wat wil kyk hulle lisensies betaal
Ek betaal my TV lisensie sedert 1975 & nog nie 1 jaar gemis nie. Ek kry nie afslag nie & het ook net n Openview. So dan is ek mos geregtig om rugby te kyk dan nie?
Vra maar net…
Nee, Susan. Toe nie.
Dis nie iets om op trots te wees nie.
Good for you
Vat daai lisensie geld en gaan kyk eerder by dros of iets soort gelyk.
Bestaan dros nog? Ek glo nie.
SPUR dan man.
met die beurtkrag is dit nie moontlik nie. hoe kyk mens rugby tydens beurtkrag?
En die Franse sal nou nie eintlik begrip hê vir SA se beurtkrag nie, want by hulle is daar nie so iets nie. Daarom sal ons seker maar die “replays” moet kyk!
Stop die nonsens laat ons ook ons rugby kan kyk op tv want alles word uit gesaai behalwe wereld beker en ander sports maar sokker alles mag gewys word maar nie ons goed nie pluk by
“Ons goed”? Dis almal s’n hoor
Dalk moet die miljoene hul tv lisensies gaan betaal, sabc sy bestuur 75% minder selarisse en bonusse betaal, dalk sal hulle dan genoeg geld hê om n uitsaai lisensie te kan bekostig.
Betaal die R38 000000 en dan kan almal saam kyk, so maklik soos dit!
Daar was R70 000000 sodat Suid Afrika die 66ste gekeurde Bafana kan kyk maar daar is nie geld om die huidige kampioene wat tans 2de gekeur is te kyk nie…
Hoeveel miljoene het SABC betaal in bonusse in 2022? Ver minder as die R28mil vir uitsaai regte.
Daar was geld vir die vroue sokker, wst GEEN kompitisie wen nie, maar geen geld om WÊRELDBEKERWENNERS te kyk nie!!! Prioriteite, asseblief!!!
Die rugby is op ongelee tye . Deesdae kan mens dit nie met jou kinders uitwaag na fanparks ens om te gaan kyk nie. Ook neie by vriende aanklop 9 uur in die aand nie . Ek dink ook dat DSTV te veel van n monopolie het . Hul kon gerus vir die wereldbeker ten minste weer toegelaat het dat DSTV intekenare hul kode mag deel .
Hond-se-dinges … gaan jy vir my die helfte van my premium pakket se geld gee vir die “deel” van my kode? Nee.Jy.Gaan.Nie.So.Ek,Gaan.Nie.My.Kode.Deel.Nie.
Kyk na die SABC se bestuur. Net 2 verdwaalde wit gesigte. Wat het ons verwag ?
Dstv, maak reg vir regeringsdruk. Julle gaan geboelie word, soos in die verlede, om die regte vir die massas beskikbaar te stel. Weereens gaan 5% van die bevolking betaal sodat 95% die rugby kan kyk. Die SABC weet baie goed dat die regering sal inmeng so daarom wys hulle alle aanbiedinge wat geld kos, van die hand.
Jy is so reg Koos 100.
Hulle kyk reeds die sokker vir slegs R29. Ons moet R982 betaal vir die rugby.
Gaan die staat vir “almal” wat so moet kyk ook TV lisensies betaal?
ai julle moet nou nie so lelik raak nie, as mens dan nie hoef/kan huur krag en water te betaal nie kan mens sekwr nou verniet sport ok kyk hoe werk julle harte nou. ;)
Die meer korrekte vraag is hoekom die rugby net beskikbaar is op DSTV se Premium (duurste) paket.
Baie goeie vraag. Waarom?
Want dis mense soos ek wat daarvoor BETAAL. Agthonderd Nege-en-Dertig Rand per maand, om presies te wees, elke enkele maand, al kyk ek net 11 van die hoeveel honderd kanale wat daar is.
Die feit dat jy vir die premium kanaal betaal is die oorsaak dat dit slegs daar gewys word. As niemand vir die premium kanaal betaal nie sal dstv verplig wees om dit goedkoper aan te bied.
Dit bly jou eie keuse. Niemand forseer jou om DSTV te he nie so verstaan nie eintlik hoekom jy kla daaroor nie
So by so gaan miljoene Suid-Afrikaners die Wereldbeker wedstryde nie kan kyk as die wedstrýde tydens beurtkrag uitgesaai word nie.
Daarvoor is daar “replays”.
Of leer net hoe om verniet te kyk…alles is online (gratis)
Een miljoen kykers kan elk net R70 skenk en almal kan rugby kyk. Goedkoper as DStv of stroom.
Betaal jou dSTV premium pakket en jy kan lekker saam kyk!
Is daar dan nog miljoene sonder DSTV? Waarvoor dan die derduisende skottels in al die informele nedersettings… daar is byna nie n sinkhut sonder n skottel nie. Ek is onder die indruk dit word geborg deur Multichoice..
Daai skottels is nêrens gekoppel nie.
Ek sou se die meerderheid mense wat deesdae skottels het, het nie MultiChoice nie, hulle kyk verniet TV (gratis kanale).
Openview, Johan, Openview.
Myns insiens het die saak twee kante:
1. ʼn Geldgierige DSTv, en aan die anderkant
2. ʼn Bankrot SABC wat alles “mahala” wil hê.
Hoe bring mens sulke klipkoppe bymekaar?
Nie eers al betaal julle my nie.