Suid-Afrikaners laat skynbaar nie die geleentheid verbygaan om ʼn huisie in Dubai te besit nie.
Seeff se kantoor in Dubai het tydens ʼn onlangse besoek aan Durban verskeie transaksies gesluit en aansienlike belangstelling van Suid-Afrikaanse kopers gelok.
Nombasa Mawela, lisensiehouer van Seeff in Durban, sê sy was verbaas oor die mate van belangstelling wat Suid-Afrikaners in eiendom in Dubai getoon het. Kopers was meestal entrepreneurs uit verskeie sektore, sowel as opkomende eiendomsbeleggers.
Die meerderheid van eiendomme wat verkoop is, is luukse woonstelle ter waarde van meer as R10 miljoen. Volgens Mawela is dié eiendomme veral aanloklik weens die rentevrye afbetalingsplanne wat ontwikkelaars oor vyf tot sewe jaar bied, eerder as dat voornemende kopers ʼn huislening moet uitneem, wat rente sal trek.
Die eiendomme is oorwegend vir beleggingsdoeleindes aangekoop en sal in die meeste gevalle uitverhuur word. Syfers dui boonop op ʼn massiewe groei in eiendomspryse van omtrent 50% sedert 2022.
“Berigte in die media dui daarop dat eiendomswaarde en aanvraag aanhou toeneem en van die rykste individue in die wêreld beskou Dubai as ʼn finansiële toevlugsoord. Die feit dat huiseienaars ʼn 10-jaar-visum vir Dubai kry, is ook ʼn groot aantrekkingskrag, sowel as die moontlikheid vir kopers om ʼn oorsese bankrekening te kan oopmaak.”
Volgens Mawela sluit kopers jong entrepreneurs, sowel as nuwe én gevestigde eiendomsbeleggers in. “Ons verwag dat dié wat op die uitkyk is na ekonomiese geleenthede in Dubai, ook in hierdie eiendomme sal belangstel.”
Dis. N lieg die… Ek Ken Baie mense in Dubai wat verlies Lei met eiendom wat hul daar gekoop het.. Ons het self in Dubai gewoon mirdif.. Huise mure kraak, sak in die sand.. Die see vat die eilande wat mens gegooi het weer terug… Die is nou net. N publisiteit stunt om mense te bs
Sjoe ou Truthful…stadig oor die klippe. Nerens hier noem hulle dat jy enige waarborg het nie. n Eiendom daar het, soos enige ander plek, sy risikos en meeste gesoute beleggers sal wel bewus wees van dit.
Ek vat ook geen advies van iemand wat voordeel daaruit sal trek nie.
Ek stem saam.
Ek stem saam Truthful dis ‘n groot lieg!
As n ervare in die veld sal ek baie beslis nie in daardie geweste koop nie.
Ek het nie eens 10 miljoen nie, nevermaaind om daar te koop of nie ????
Seeff kan ek daai woonstel in Dubai kry wat julle een keer ‘n jaar vry weg gee?