Altesaam 23 beseer in KZN-taxiongelukke

Die tweede voorval waarin tien mense beseer is. Foto: Verskaf.

Altesaam 23 mense is die afgelope naweek in KwaZulu-Natal in twee onverwante voorvalle waarin taxi’s en een motor betrokke was, beseer.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê 13 mense is beseer toe ʼn taxi en ʼn motor omstreeks 11:30 op Himalayasweg onder die M4-brug in Merepark gebots het.

“Toe paramedici by die toneel aankom, was die twee voertuie in die pad. Verskeie mense is beseer en daar is onmiddellik nog ambulanse ontbied. Altesaam 13 mense het verskeie beserings opgedoen. Hulle is gestabiliseer en na verskeie hospitale in Durban vervoer vir verdere mediese behandeling,” het Jamieson gesê.

In dié stadium is die omstandighede waarin die voorval plaasgevind het onbekend.

In die tweede onverwante voorval is 10 mense beseer toe een taxi teen die agterkant van ʼn ander taxi in die vinnige baan op die N3 op pad na Pietermaritzburg gebots het. Die ongeluk het Sondag omstreeks 15:00 plaasgevind.

Rescue Care is na die toneel ontbied deur ʼn omstander.

Volgens Jamieson is verskeie ambulanse ontplooi om die 10 mense, van gering tot matig beseer, te behandel en stabiliseer voor hulle na verskeie hospitale in Durban vervoer is vir behandeling.

Die oorsaak van dié ongeluk is ook nog onbekend.

Die eerste voorval waarin daar 13 mense beseer is. Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

IK ·

Ek het Saterdag gesien hoe taxis in Kliprivierweg by ‘n kruising (Brackendowns) in die linksdraaibaan net doodeenvoudig teen die rooilig reguit deurfoeter ten aanskoue van metropolisie!! Dieselfde het gebeur Sondag in Johannesburg. Dis ‘n algemene siekte maar wie worrie daaroor??

Snowball ·

Dis waar, metro polisie voel ‘n veer. Ek voel jammer vir mense wat nie alternatiewe vervoer het nie; as hulle iets vir die taxi bestuurder durf sê, word hulle intimideer, so hulle is uitgelewer aan dié situasies, en boet soms met hulle lewens daarvoor.

madelein ·

Ag daar gaan al die padongelukke eise se geld alweer en ons gaan net meer en meer Petrol verhogings kry om dit te dek lekker in Suid Afrika, hulle mag mos ry en maak soos hulle wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.